Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 185

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die leermetode van die engel

185 Nou kom Josoë na my toe. Hy sien daar al baie forser uit en sê: "Heer, en lewe van al wat lewe, ek is heeltemal gesond, en die eet en drink smaak nog steeds vir my baie goed. Maar met die engel, wat my vanuit Sigar elke drie dae vir enkele oomblikke besoek, is ek nie so gelukkig mee nie, omdat hy oor alles wat ek teenoor hom sê, steeds teenwerpsels maak! Ek laat my graag onderrig oor alles wat maar goed, waar en nuttig is, maar as iemand my vandag sê: 'Één peer plus één peer is tesame twee pere!' en dit dan by die volgende geleentheid nie van my aanneem dat ek hom aan sy eie uitspraak herinner nie, dan vererg ek my altyd so en maak byna altyd rusie met my geestelike leraar en opvoeder! Want by `n volgende keer wil hy my wysmaak dat één peer en één peer ook wel drie, vier, vyf, ja, selfs uiteindelik `n oneindige aantal pere sou kon wees, en dat op die keper beskou één en één nie maar net twee nie, maar, geestelik gesien, elke denkbare getal sou kon voorstel! Want by hom is dit wat hy my by `n voorafgaande besoek as `n vaste waarheid vertel het, by die volgende besoek nie meer `n waarheid wat op homself vasstaan nie. Kortom, hy kom dikwels met sake waarby al my hare dadelik orent gaan staan van ongeloof! Daarom wou ek U, o Heer oor alle hemele en wêrelde, graag vra om die geestelike leraar te vra dat hy verstandiger met my moet omgaan - of my in die toekoms sy besoek maar moet bespaar!"

[2] Ek sê: "Ag, liewe Josoë, verdra hom tog maar! Hy lei jou tot die ware wysheid van die hemele, want die geestelike berekeninge sien baie anders daaruit as die van hierdie wêreld! As Ek op hemelse manier met jou sou praat, dan sou jy egter niks verstaan nie. Ek praat egter, omdat Ek nou Self `n mens van vlees en bloed is, slegs maar menslik, op `n aardse wyse met die mense oor sake van die gees. En sien, die mense vererg hulleself omdat hulle My nie verstaan nie - en baie ook omdat hulle My nie wíl verstaan nie! Jou geestelike, met tussenpose optredende, leraar gee jou wel goed les, maar jy sal sy lesse op hierdie aarde eers begin verstaan as jy oud is. Maar heeltemal verstaan sal jy dit eers eenmaal aan die ander kant, waar geen vertroebeling van die vlees en bloed hom in jou suiwere siel sal voordoen nie: - Verstaan jy My?"

[3] Josoë sê: "O ja, Heer van die oneindigheid, U verstaan ek makliker as my geestelike leraar! Maar as hy my sê dat toorn en liefde eintlik een is, dan kom by my die boonste onder en die onderste bo, en ook as hy sê dat ook die hemel en hel eintlik een is! Laat wie dit wil dit maar verstaan, maar vir my verstand is dit `n baie groot teenstrydigheid!"

[4] Ek sê: "Ook daarmee het die engel dit by die regte end; dit is so! Daarvan sal Ek jou `n klein voorbeeld gee, dan sal jy die probleem beslis ietwat duideliker sien. Luister dus na My!

[5] Let gou op die son! Hoeseer verkwik haar ligstrale jou nie as sy in die winter op sommige dae so lekker aangenaam en met milde warmte skyn nie. Maar as haar gloeiend hete strale in die sandwoestyne van Afrika selfs die wit sand begin te smelt en jy sou in die ligstrale van die son moet loop, dan sou so `n straal `n hel vir jou word! - Verstaan jy dit?"

[6] Josoë sê: "O ja!"

[7] Ek vervolg: "Goed, luister dan verder! Die nag is na `n hete dag beslis `n goeie vriendin en weldoenster van die vermoeide mensdom. Maar laat ons hierdie weldoenster byvoorbeeld dertig dae lank voortduur, dan sal alle mense begin om haar te verwens en te vervloek! Want so `n aanhoudende lang nag sou op die aarde so `n alles verstarrende koue teweegbring, dat daar uiteindelik geen organiese lewe meer op haar sou kon bestaan nie! Kyk, so sou die groot weldoenster van die mense al weer in die ergste hel verander!

[8] As jy op `n hete dag `n wandeling maak en die dors jou begin te kwel en jy kom by `n suiwere en ryke waterbron, hoe gee `n sluk uit die suiwere bron dan `n hemelse verkwikking! Maar diep benede in die dal versamel dieselfde water haar in `n groot en diep bekken tot `n meer. As jy daarin val, vind jy daarin die onafwendbare dood! Kyk alweer: Dieselfde water wat jou op die hoogliggende bergpad so hemels verkwik het, sal jou benede in die diepe meer dood en sodoende `n tydelike hel vir jou word!

[9] So drink jy ook graag `n klein beker goeie wyn; drink jy egter in één keer `n hele volle sak leeg, dan sal die wyn jou dood en so ook weer `n hel vir jou word!

[10] Jy beklim graag `n hoë berg, en die uitsig in die verre verte verkwik jou hart. Maar gestel dat daardie berg op jou val, dan sal dit jou dood en jou so ook weer tot hel word!

[11] Hoe verkwik die wind jou hele hart as hy op `n hete dag saggies verkoelend langs jou voorhoof stryk! As hy egter `n storm word, die bome begin te ontwortel, sal hy jou dan nog verkwik? Beslis nie! Want dan sal jy op die vlug slaan en `n plek opsoek waar die storm nie kan kom nie. En so word dieselfde wind, wat jou voorheen verkwik het, as hy al sy krag gebruik, `n hel vir jou!

[12] Daarom is aan elke mens vir alle dinge `n bepaalde maat gegee, na gelang van sy krag, natuur en geaardheid. As hy hom by die maat hou, bevind hy hom in die regte orde waarin God hom gestel het, en alles waaroor hy omgee, is vir hom 'hemel'. Maar wanneer hy, in wat dan ook, hierdie orde oorskry en `n wêreld op sy swakke skouers lê, dan sal hierdie wêreld hom vermorsel en tot 'hel' word!

[13] En so is die regte maat in alle dinge, sowel vir die mens as vir die geeste `n 'hemel'; `n oormaat van dieselfde dinge is egter daarom vir mense en geeste `n pure 'hel'! - Verstaan jy dit nou?"

[14] Josoë sê: "Ja nou verstaan ek dit natuurlik goed en daaroor is ek baie bly! - Maar waarom lê die geestelike leraar sy lesse nie so vir my uit dat ek hulle netsoos nou kan verstaan nie?!"

[15] Ek sê: "Ook dit het weer `n wyse rede! As jou geestelike leraar jou alles sonhelder sou uitlê, dan sou jy nooit self begin om te dink en om te beslis nie. Maar so dwing hy jou tot nadenke en self te beslis en te kyk, dit is dan al die korrekte hemelse manier van les gee! As dit nodig sal wees en jy die regte rypheid bereik het, sal die geestelike leraar jou ook by elke les duidelike voorbeelde saamgee. Maar voorlopig moet jyself eers geestelik aktief word, want anders sou jy onmoontlik diepere waarhede van die hemelse wysheid kon verstaan! - Verstaan jy dit nou heeltemal goed?"

[16] Josoë sê: "Ja, Heer, nou verstaan ek heeltemal wat ek aan my geestelike leraar uit Sigar het, en ek begin nou ook `n groot liefde vir hom te voel!"

[17] Ek sê: "En die liefde sal jou die voorbeelde verskaf! - Maar nou kom daar iets vir die liggaam. Die vrou, die seuns en die dogters van Markus kom al aan met `n hele lading spys en drank! Eet na behoefte en word sterk sodat julle geen honger of dors sal hê nie, want in My nabyheid moet niemand ooit honger of dors nie, maar elkeen moet geheel en al versadig word, liggaamlik en geestelik!"

[18] Cyrenius en Josoë het beide `n flinke honger en dors, en pak daarom goed weg. Ook die mense uit die gevolg laat hulle nie smeek nie, maar volg die voorbeeld van Cyrenius gedug.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205