Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die sonde toon die mens dat hy mens is

28 Ek sê: "Vriend, jou wil is goed, maar die vlees is swak! Jou goeie voornemens sal wel binne `n eeu uitgevoer word, en daarvoor sal jy nog baie goeie en voorbereidende werk tot stand bring - maar wees in die geestelike lewensake nêrens so versigtig mee as met die Romeinse 'moet' nie; want dit skaad die mens altyd meer as wat dit hom kan baat! Want elke 'moet' is `n oordeel en duld geen vryheid nie, terwyl die vryheid by die suiwer goddelike lewensake tog die enigste goeie bemeste veld is waarop die saad van die lewe kan ontkiem, opgroei en uiteindelik tot `n geseënde en rype lewensvrug uitgroei!

[2] As jy `n jong voël, wat pas uit die eier gekruip het, voer om hom sterk te maak vir sy vlug, maar jy hom naas die goeie voer kortwiek om te vlieg, sê dan eers of die beste voer iets vir die voël kan doen? Die voël sal wel aan die lewe bly, maar solank jy hom kortwiek, kom daar van sy vrye vlieg niks tereg nie!

[3] Soos wat die voël nie kan vlieg sonder vlerkvere nie, so kan die gees van die mens ook nooit vry optree as sy vlerke van die vrye kennis gekortwiek word deur die dwang van `n ‘moet’ nie. `n Gees wat nie vry kan optree nie, is alreeds dood, omdat hy dit nie het wat die basis vorm vir sy lewe en wat sy lewe is nie.

[4] Jy kan die mens `n duisend voorskrifte gee hoe om te maak met sy aardse lewensfeer en hulle dwingend voorskryf; daarmee sal jy die gees van die mens baie minder skaad as wanneer jy hom één enkele gebod van God dwingend hier op aarde voorskryf.

[5] Die geestelike moet vry wees en moet self in vryheid die strafmaatreël bepaal, sowel die daarby behorende oordeel; en dan in en uit homself die kroon op sy lewe stel.

[6] Die vrye insig in die goeie en ware is die lewenslig van die gees; daarmee bepaal hy vir homself aan watter voorskrifte hy wil voldoen. Hy het dan vrye wette voor hom, en dit pas by die ewige vryheid van die lewe. Die geestelike wil, wat deur die insig ontstaan, is die vrye geestelike wet, en dit is ewig noodsaaklik om volgens die vrye wil te handel en dit is die ewige strafmaatreël, deur te maak dat geen gees anders kan handel, as hy ten minste vry wil handel nie.

[7] Kyk, dit is nou die ewige, selfregulerende orde van God, waar geen wetgewer egter bo Hom staan nie.

[8] God se vrye wil bepaal, volgens die ewig volmaakte Kennis en Wysheid van Insig in Homself die wet, en bekragtig dit deur die eie nog altyd vrye noodsaaklikheid daarvan. Dit is die fondament van alle geskape, aardse dinge en hul voortbestaan vir sover dit noodsaaklik is vir die innerlike ontwikkeling, stabilisering en uiteindelike selfstandigmaking van die gees.

[9] Die menslike gees moet egter net so deur en deur volmaak word soos die Gees van God deur en deur volmaak is, want anders is die gees geen gees nie, maar `n doodsoordeel.

[10] Om dit te kan word, moet hulle die geleentheid gebied word om hulle in die tydelike net so te kan ontwikkel soos wat die goddelike Gees deur die eeue heen Hom in God Self en deur God Self ontwikkel het!

[11] Kyk, Ek sou eeuelank genoeg mag gehad het om alle mense met onweerstaanbare innerlike geweld te dwing om presies `n bepaalde gegewe wet te volg, dat hulle daar geen haarbreedte vanaf sou kon afwyk nie; maar dan sou die mens ophou om mens te wees, en sou dan aan `n dier gelyk wees soos ander diere uit die groot diereryk. Hy sou sy werk dan natuurlik heel presies uitgevoer het, maar aan die werk self sou jy net so min verskille ontdek as aan die selbouende werk van die bye en van die tallose ander groot en kleiner diere.

[12] Sou jy dan egter met jou vrye kennis sulke diermense tot iets hoër wil oplei, dan sou jy met hulle net so min kon aanvang as wanneer jy die bye in `n skool sou wou leer hoe hulle nou eindelik hul selle op `n beter en doelmatiger manier sou moet gaan bou.

[13] Daarom moet jy die gawe van die mense om te kan sondig, nie so laag en ook nie as te misdadig aanslaan nie; want sonder die gawe om teen die gegewe wette te kon handel, sou die mens `n dier wees en geen mens nie!

[14] En Ek sê vir jou: Die sonde bepaal dat die mens `n mens is; sonder die sonde sou hy `n dier wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205