Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 167

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Lasarus word eienaar van `n oliebron

167 Toe die aandete egter verby was en die een leerling na die ander deur slaap oorval word, sê Ek: 'Maar kan julle dan nie eers wag met slaap nie?'

[2] Petrus sê: 'Ek weet egter self nie waarom ons vandag - en wel nou na die maaltyd - deur so `n erge slaap oorval word nie, terwyl ons tog byna die hele dag meer gerus as gewerk het!'

[3] Ek sê: 'Wees daarom steeds in My Naam besig, dan sal julle baie minder slaperig wees!'

[4] Terwyl Ek nog praat, klink daar `n harde knal asof `n bliksemstraal daar vlakby ingeslaan het. Die mure tril en die deur van die kamer gaan oop en slinger heen en weer. Toe is die leerlinge dadelik gladnie meer slaperig nie, en almal wil na buite om ondersoek in te stel wat daar gebeur het.

[5] Maar Ek hou hulle teë en sê vir hulle: 'Dit is nie veilig om nou na buite te gaan nie! Hier vlakby is daar `n belangrike naftaleenbron, maar tog nog taamlik diep onder die grond. Bo die bron is daar `n groot, na alle kante toe stewige geslote ruimte. In die onderste deel is hy, vanweë `n vuuraar wat hom in die omgewing bevind, byna gloeiend en daarom heers daar in hierdie ruimte voortdurend `n buitengewone groot hitte, wat maak dat die naftaleen van die bron wat in hierdie ruimte uitmond, dadelik verdamp en sodoende die hele ruimte met naftaleendamp vul. Wanneer die verdamping nie so sterk is nie, word die damp deur die steenmassas opgesuig, wat die hol ruimte omring. As die bepaalde steenwand nou en dan egter meer gloeiend word, veroorsaak dit ook `n groot verdamping van die naftaleen. Die klipwande kan so `n groot toevoer dan nie volledig opneem nie en dan hoop die spanning van die naftaleendamp in die groot hol ruimte steeds meer op, wat dan op die gloeiend hete rotswande te veel druk uitoefen en wrywing veroorsaak en daardeur maklik ontbrand.

[6] En kyk, juis nou het daar so `n onderaardse aktiwiteit van die natuurgeeste plaasgevind. Dit was egter baie gunstig, want deur hierdie ontbranding van die naftaleendamp is die steenkors van twintig manshoogte dikte oopgebars en jy, Lasarus, kry daardeur `n baie rojale naftaleenoog. Die oopspring van die grot het so goed verloop, dat jy baie maklik by die eintlike naftaleenbron kan kom en met geringe moeite daagliks ongeveer honderd pond kan wen.

[7] Hoe algemeen bekend en gesog naftaleenolie is, weet jy goed, en so het jy nou `n nuwe bron van inkomste gekry, wat jou met baie geringe inspanning, talle duisende ponde goud en silwer sal inbring. Want sulke weldoeners soos jy moet ook op aarde geld soos water besit, om waaragtige versorgers van die armes en swakkes te kan wees. Ek sal jou môre alles laat sien, - maar vannag sou dit nie raadsaam wees om in die omgewing van die digte damp te kom nie, en dit sou niemand se liggaamlike gesondheid goeddoen nie. Maar môremiddag sal ons die plek sonder enige beswaar kan nader.'

[8] Lasarus sê: 'Heer, dit het U almag weer teweeggebring! Want geeneen van my voorouers, nóg ekself het ooit iets van `n naftaleenbron opgemerk nie. Slegs so nou en dan het mense op baie warm dae snags buite `n baie ligte naftaleengeur waargeneem, waarvan mens altyd gedink het dat dit deur die wind meegevoer was uit Jerusalem; want in Jerusalem was baie aardolie versteek, wat merendeels uit Persië en Arabië deur handelaars hiernatoe gebring was, maar wat altyd baie duur was. Maar dat daar so `n seldsame bron op my grond kon wees, dit sou niemand ooit gedink het nie! Ja, ek kan, o Heer, niks anders doen as om my dank teenoor U uit te spreek, namens my en alle arm mense wat nou goed versorg sal word daardeur nie!'

[9] Ek sê: 'Laat dit maar staan! Dat jy jou aardse skatte gebruik volgens die wil van God, soos wat ook jou aardse vader dit gedoen het, weet Ek; maar na jou en na jou susters, omdat julle geen nakomelinge het nie, sal die kinders van die broer van jou vader hierdie goedere van jou in besit kry. Druk daarom jou erfgenaam op die hart dat hy verder in jou voetspre moet gaan; want as hy sy eie, wêreldse weg wil gaan, dan sal die besitting van hom afgeneem word en sal hyself tot die bedelstaf verval; die besitting sal dan in die hande van die heidene kom. Maak hom dit dus duidelik, sodat hy goed weet wat hom te doen staan! - Maar nou het die tyd aangebreek om te rus, laat ons daarom ons ledemate ietwat rus gun!'

[10] Daarop begeef elkeen hom ter ruste.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205