Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 204

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die opvoeding van die mensdom in die kennis van God

204 Ek sê: 'Vriend, wat jy wens, sal ook gebeur! Maar so maklik soos wat jy dit vir jou voorstel, sal dit egter nie gaan nie. Want die ou priesterdom is al te diep gewortel en dit hef jy nie van vandag tot môre op nie! Daarvoor het jy eeue nodig. En selfs dan sal dit dikwels nog `n vraagstuk wees; en binne `n paar duisend jaar sal hierdie aarde nog lank nie bevry wees van alle priesterdomme en nog minder van alle heidendomme nie.

[2] Die wêreldse mense skep behae in die wêreld, en daarom moet `n godsdiens ook heel wêrelds daar uitsien, as dit by die mense wil weerklank vind.

[3] Die waarheid sal steeds net bedek aan die mense van hierdie aarde gegee moet word; want onbedek sou die mense haar net so min kan verdra as wat jy die lig van die middagson met oop oë kan verdra. Die mense moet leer dink, vervolgens gaan soek en self vind. En as `n mens die innerlike lig van die lewe nie self gevind het nie, help duisend leraars hom nie en maak dit vir hom uiteindelik niks saak of hy die lig as duisternis of die duisternis as lig beskou nie.

[4] Daarom moet `n mens wel `n drang kry om die waarheid te gaan soek, maar moet nie die waarheid ten volle kry nie, want as dit opeens heeltemal duidelik vir hom sou word, sou geen mens dit kan verdra sonder om sy aardse lewe te verloor nie. En dus sal ons by die mense van hierdie aarde ook nog vir `n lang tyd nie met die hele, volle waarheid so vinnig vorendag kan kom nie. Jy is `n suiwer verstandelik gevormde Romein, en Ek kan daarom met jou ook nie anders as baie natuurlik praat nie. Maar oordeel nou eers self of Ek nie heeltemal gelyk het nie!'

[5] Die Romein sê: 'Sekerlik; maar ek verstaan tog nie die Wysheid van God nie, en Sy almag nog baie minder! Het Hy dan nie die hele aarde, insluitend die mensdom geskape nie, en hang al die bestaande nie van Hom af nie?'

[6] Ek sê: 'Beslis, maar veral ook die ware, innerlike lewensvorming en veral die moontlike, volledige selfstandigheid en eie krag van die geskape lewe van elke mens! En dit kan God slegs langsaam maar sekerlik teweegbring deur Hom so veel moontlik op die agtergrond te hou en slegs baie sag in te werk op die gemoed van die mense.

[7] Daarom moet `n mens aanvanklik maar net deur allerlei verskynsels in die stoflike wêreld, en vervolgens selfs deur drome en deur klein innerlike dorinkies, sover gebring word dat hy oor alle verskynsels en waarnemings begin nadink, - en dit geld nie dadelik vir elke mens nie, maar slegs vir hulle wat heel in die geheim deur God daarvoor bestem is. Die ander sal dit eers later hoor van so `n gewekte mens, hulle let ook daarna op en dink ook daaroor na.

[8] Eers as besondere gewekte mense baie daaroor begin nadink, word dit toegelaat dat hy vanself op die spoor kom dat daar `n God moet wees, wat alles tot aanskyn geroep het en alles orden en lei. Op hierdie wyse ontwikkel daar langs `n baie natuurlike weg by hom die erkenning van `n almagtige, goeie en alwyse Goddelike Wese.

[9] Eers as die mensdom eenmaal in breë kringe tot hierdie erkenning gekom het, word daar groot openbaringe en meer akkurate vasstellings toegelaat, waaruit die mense al duideliker en met groter vertroue die goddelike wese leer ken, maar waarby hy tog nog `n groot, vrye speelruimte het om alles wat aan hom geopenbaar is, as waarheid aan te neem en daarvolgens te handel, of ook nie aan te neem en nie daarvolgens te handel nie.

[10] Wie die openbaring as waar aanneem en daarvolgens sal handel, sal dan ook baie gou tot `n steeds duideliker besef en tot die ware, selfstandige, vrye lewe kom. Wie dit egter nie sal aanneem nie, maar slegs op sy verstand en sy ervaringe vertrou en daarvolgens sal handel, begaan geen sonde nie, maar hy bly tog agter, en hy sal dit vir `n baie langer tyd moet oordoen, voordat hy tot `n suiwer kennis van God en tot vervolmaking van sy innerlike, ware lewe sal kom.

[11] Wie egter die volle waarheid van `n openbaring aanneem en dit met sy verstand duidelik insien, maar eiesinnig daarteen ingaan, sondig, en bederf daardeur ook dikwels sy lewe in die hiernamaals vir `n onvoorspelbare lang tyd; want hy besit heeltemal geen innerlike lig nie, omdat hy nóg aan sy absolute verstand, nóg aan die goedverstaanbare openbaring gewilliglik gehoor gegee het.

[12] Wanneer `n siel egter op hierdie wyse deur haar eie skuld in die dikste lewensduisternis beland, kan God haar met al Sy almag ook nie help nie, maar moet Hy haar solank in haar eie toestand laat totdat sy, wat altyd nog moontlik is, tog nog iets gaan besef. Is dit die geval, dan het God se liefde en wysheid `n eindelose hoeveelheid passende middele om so `n siel baie ongemerk in orde te bring. En kyk, so staan die verhouding tussen God en alle mense op hierdie aarde, wat daar is om die kinders van God te dra.

[13] Hoe die verhouding van die mense van ander aardes tot God daar uitsien, gaan die mense van hierdie aarde heeltemal niks aan nie; eers wanneer hulle, as kinders van God, volmaak sal wees, sal hulle die volste reg van God, hulle Vader, kry om hulle ook daaroor te bekommer.

[14] Maar nou laat God vir die mense van hierdie aarde wel die grootste openbaring plaasvind; want meer as Ek Self in `n menslike liggaam, kan ewiglik nooit na die mense van hierdie aarde kom nie. Dit gaan met hom goed wat in My glo, wat hom nie oor My vererg nie en vervolgens so leef en handel soos wat Ek hier duidelik leer! Want wie hom by My woorde sal hou en heeltemal daarvolgens sal leef en handel, sal weldra besef dat hierdie woorde wat Ek vir julle sê en gesê het, geen mense woorde nie, maar goddelike woorde, wat op sigself lewe, lig en ewige waarheid is.

[15] Daarom laat ons hulle daar benede hulle gang gaan, ook al wil hulle nie in My glo nie; want daarnaas is daar immers al baie wat in My glo en daardeur die ware, ewige lewe reeds nou volledig in hulle het; want helaas, daar is reeds wat die dood nie sal voel en smaak nie! Ek is `n egte bruidegom, en wie in My glo en My liefhet is waaragtig My bruid! En die bruid sal die ewige lewe net so in haar hê as wat Ek dit in Myself het en wat dit ook kan gee aan wie Ek dit wil. - Verstaan julle dit?'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205