Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die reiniging van die sonde

19 Toe sê `n BURGER: “O Heer, dit sou alles goed en wel wees, indien ons in ons hele lewe maar nooit gesondig het nie! Maar nou brand die sondes in ons harte voor U, wat ons harte en niere deursien en deur en deur gewyd is, en ons is juis die teendeel! Daarom is dit vir ons moeilik om nou so opgeruimd en vrolik te wees!” 

[2] EK sê: “Glo julle dan, dat Ek dit nie alles geweet het toe Ek julle aangeneem het nie?! Ek het julle julle sondes egter volkome kwytgeskeld, omdat julle julleself van alle sonde afgewend het en verder nooit meer wil sondig en ook beslis nie sal sondig nie en daarom is julle geen sondaars meer nie, maar nou volkome vry van alle sonde en daarom vind Ek dat julle des te meer rede moet hê om van ganser harte vrolik te wees!”

[3] Toe sê EEN van die burgers: “Heer, hoe staan dit dan met die sondevlekke van ander siele? Want ons het gehoor, dat as iemand eenmaal gesondig het en homself, as hy hom verbeter deur boete te doen, die sonde ook kwytgeskeld word, maar dat daar nog altyd `n swarte vlek aan sy siel bly kleef, waardeur hy sodanig gebrandmerk is dat elke suiwere siel hom dan in die ander lewe vermy en niks met hom te doen wil hê nie en dat so `n bevlekte siel vir God nie mag sien alvorens hy nie die vlek heeltemal in die erge vuur van die onderwêreld (Sheol) verloor het nie.” 

[4] EK sê: “Ja, ja, die vlek bly net so lank aan die siel kleef totdat die mens volledig afsien van die sonde! Maar wie volkome ernstig van die sonde afsien omdat dit sleg is en omdat dit die mense ten gronde rig en van God en al die goeie en ware vervreem, het ook geen vlek meer in sy siel nie en hoef gladnie meer bang te wees vir die erge vuur van die onderwêreld nie. As julle egter so `n ontsag het vir die sondevlekke op julle siele, hoe kon julle My dan aankyk, terwyl julle nou tog ook weet wie agter My en eintlik in My is?! Sien dus hoe swak en dom julle nog is!

[5] Ek sê vir julle: As julle my studente wil wees, moet julle julle ou mens heeltemal as ou klere uittrek en `n totaal nuwe mens aantrek; want Ek en die uitermate verslete, verroeste hedendaagse leerstellinge van die tempel pas absoluut nie meer bymekaar nie. Let daarop en wees verstandig, edel, opgeruimd en vol goeie moed!”

[6] Hierdie troosvolle onderrigting het `n goeie uitwerking op ons burgers gehad en hulle het nou flink na die wyn gereik, het weldra werklik opgeruimd geword en het ook al gou begin om `n aantal vrolike verhale te vertel en die Grieke het begin om hulle te sekondeer en so het die tyd tot sonsondergang verbygegaan.

[7] LASARUS het by hierdie geleentheid ook heelwat te hoor gekry, wat hom behoorlik geskok het, sodat hy alle agting vir die tempel verloor het en heimlik aan My sê: “Heer, nou is ek tog wel heeltemal genees en my besoeke aan die tempel sal steeds seldsamer word!”

[8] EK sê: “Daaraan sal jy goed doen, maar doen dit meer in jou hart as na buite toe, sodat die jakkalse jou nie begin wantrou nie, want tot op hede staan jy nog hoog in aansien by die tempel! As jy jou plotseling terugtrek, sou dit nòg jou, nòg My saak van enige voordeel wees en Ek kyk immers maar net na die innerlike mens; want die uiterlike is van geen nut nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205