Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 140

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die bestemming van die mens. Die doel van die menswording van die Heer

140 (Die Heer): “Julle moet julle dit egter nie so voorstel, asof dit baie moeilik te bereik is nie, maar dit is juis omgekeerd, - baie maklik; want My juk, wat Ek julle deur My gebooie op julle skouers lê, is sag, en die las is maklik te dra. Maar in die dae van hierdie duister tyd moet God se ryk geweld aangedoen word, en diegene wat dit wil besit, moet dit ook met geweld na hulle toe trek, wat beteken, dat dit nou moeilik is om hulle los te maak van alle ou en vasgeroeste gewoontes, wat deur die prikkels en verlokkings van die wêreld in die mens wortel geskiet het, dus die ou mens heeltemal af te lê soos `n ou, verskeurde gewaad en deur My leer `n hele nuwe mens aan te trek.

[2] Wanneer die kinders egter in later tye reeds goed in My leer opgevoed sal word, sal hulle as manne vol goeie en sterke wil `n ligte juk te dra hê aan My leer.

[3] My leer is baie kort en maklik te vervat; want sy verlang van die mens slegs dat hy in één ware God glo en Hom as die goeie Vader en Skepper bo alles liefhet en sy naaste soos homself, dit wil sê, hom so behandel soos wat hy redelikerwys kan wens dat sy naaste hom ook sal behandel. Wel, soveel eieliefde het elke mens tog sekerlik, dat hy nie sal wens dat sy naaste hom iets kwaads sal aandoen nie, - en daarom moet hy dit ook self nie aan sy naaste doen nie!

[4] Vergeld nooit kwaad met kwaad, maar behandel selfs jou vyande goed, dan sal jy in die gelykword aan God, wat ook Sy son op gelyke wyse oor goeie en kwade laat opgaan en skyn, `n groot vooruitgang geboek hê! Toorn en wraak moet uit jou hart verdwyn; in die plek daarvan moet erbarming, goedheid en sagmoedigheid kom. Waar dit die geval is, is die volledig aan God gelyk wees ook nie meer ver weg nie, en dit is die enigste doel waarna julle almal moet strewe.

[5] Maar netsoos reeds gesê, juis nou in hierdie tyd is dit alles nie so maklik soos mens sou dink nie. Dit sal vir elkeen `n bepaalde en onvermydelike inspanning kos! Maar wie moedig stry, sal ook seker wees van die oorwinning en die loon van die oorwinnaar sal egter nie agterweë bly nie; wie hom egter as `n moedelose lafaard sal laat ken, sal ook die loon van `n lafaard ontvang. Dan sal daar ook geld: As jy gestry het, sou jy ook oorwin het; omdat jy die stryd egter vermy het, kan jy ook geen aanspraak maak op die loon van `n oorwinnaar nie en het jy dit aan jouself te wyte dat jy as `n lafaard sonder loon die lewensveld moet verlaat.

[6] Ek vind egter dat niemand die stryd moet vermy nie, wanneer die beloning van die oorwinning so groot is.

[7] Ek Is Hy wat dit aan julle sê, en vir julle is Ek van mening dat julle geen beter bewys nodig het as dat julle in julleself glo dat Ek die Ene is vir Wie julle My beskou.”

[8] Beide Romeine sê: “Heer, daar sal beslis lafaards wees, en ons ken selfs verskeie; maar ons, wat al so gereeld die dood in die oë gekyk het, het alle vrees daarvoor verloor! Wie die oorlog ingaan en die dood vrees, is `n slegte soldaat; wie egter die dood en die bybehorende pyn verag, is `n ware held en sal meestal oorwin, en sy loon sal hom nie ontgaan nie. O Majesteit en Heer van ewigheid, het ons in U Gees korrek gespreek of nie?”

[9] Ek sê: “Volkome korrek; maar daar is vele in die wêreld wat die liggaamlike dood baie vrees en daarom liewer aan die leuen en die bedrog van die wêreld bly hang, sodat dit maar met hulle liggaam goed sal gaan! Hulle is bang vir diegene wat hulle liggaam kan dood, maar daarna aan hulle siel niks meer verder kan aandoen nie; maar hulle vrees nie die Ene wat ook hulle siel in die hel of in die ware, ewige dood kan stort nie.

[10] Maar laat ons nie daaroor praat nie; want Ek het nie in hierdie wêreld gekom om te oordeel nie, maar om elkeen salig en lewend te maak wat in My glo en volgens My leer leef. Maar eendag sal daar tog vele wees, wat “Heer, Heer!” tot My sal roep; maar Ek sal in hulle harte aan hulle sê: “Vreemdelinge, wat roep julle tog? Ek ken julle nie! As julle geweet het dat Ek die Heer is, en My wil geken het- waarom het julle dan nie daarvolgens gehandel nie?”

[11] Daarom sê Ek nou aan julle: Dit is nie voldoende dat mens My herken en glo dat Ek die Heer is nie, maar mens moet ook doen wat Ek leer; eers deur die daad sal die mens volkome aan God gelyk word.

[12] Om te handel volgens My leer sal seker nie moeilik wees vir diegene wat My herken het en My meer liefhet as alles in die wêreld nie; wie My so liefhet, dra my geestelik ook al in sy hart en daardeur ook die bekroning van die lewe, dus die volledige gelykheid aan God en die ewige lewe in alle saligheid.

[13] Sien, nou het Ek julle baie kortliks laat sien waarom dit gaan by My en by julle mense! Wie daarvolgens sal handel sal die ewige lewe in hom hê! - Maar nou voor die middagmaal praat Ons nie meer verder nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205