Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 217

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

God se bedoeling met die mense

217 (Die Heer): “Toe sê Ek: “Vriend, jy is `n bietjie opgewonde, omdat Ek julle almal so pas die waarheid oor die bestemming van die mense voorgelê het; maar dit is heeltemal nie erg nie! Ek het die tekens van twyfel in jou gesien en wou dat jy dit openlik prysgee; daarom moes Josef ook met so `n onderwerp kom, wat jou tong op die regte plek losgemaak het. Jy het ook baie goed gespreek en jou twyfel en kritiek ten aansien van die menslike natuur goed na vore gebring. Maar nou is Ek aan die beurt en Ek kan jou daaroor iets baie anders sê as wat jy oor die onderwerp dink, wat julle nou onder mekaar bespreek het.

[2] Sien, as God die mense slegs vir hierdie aarde geskape het, sou dit wel `n vreemde liefhebbery van Sy kant wees om aan één stuk deur te skep en die geskapene dan weer te vernietig; maar omdat Hy die mense vir `n hoër en ewige lewe geskape het en hulle slegs so lank op hierdie aarde laat bestaan tot hulle die streng noodsaaklike beproewing van hulle vrye wil, of op sy minste die bestaan in die vlees deurgemaak het, is die een ware en lewende liefhebbery van God ten opsigte van Sy mense, dat Hy hulle op hierdie jammerlike wêreld slegs so lank in die vlees laat lewe as wat vir die een of ander mens hoogs nodig is! Wanneer die eintlike mens hierdie aarde verlaat, sal hy aan die anderkant wel na skole gestuur word wat geskik is om hom tot die hoër en geheel ware lewensvervolmaking te bring. Daar sal hy dan ook wel `n ware voorligting kry oor die genesis van die eerste mense van die aarde.

[3] Maar menigeen sal, ook al terwille van sy medemens, op hierdie aarde gelyk aan My vervolmaak word, maar slegs langs die enigste moontlike weg van die ware verering van God, wat Ek julle so pas uiteengesit het, toe julle oorweeg het om My goddelike eer te bewys.

[4] Maar sodat jy voortaan nie meer sal twyfel aan die lewe van die siel na die dood van die liggaam nie, sal Ek die oë van jou siel `n tydjie open en dan kan jy ons meedeel wat jy alles gesien het. Maar dit wil Ek ook maar net doen as jy dit wil.”

[5] Die raadsheer sê: “Ja, dit sou ek graag wil! Doen U dit vir my!”

[6] Nou roep Ons Josef My na hom toe en sê saggies aan My: “Luister, my liewe Seun van die Allerhoogste, maak dit nie te bont met die hooggeplaasde Romeine nie; want ek het steeds die indruk dat hulle Jou al `n tydjie verkeerd begryp! Die hoë raadsheer het dit so juis min of meer te verstane gegee, ofskoon hy aanvanklik daarvóór was om Jou goddelike eer te bewys.”

[7] Ek sê: “Jy hoef jou geen sorg te maak nie! Wat Ek hom nou gaan laat sien, sal hom op baie ander gedagtes bring!”

[8] Josef sê: “Doen dan maar wat Jy goeddink!”

[9] Hierop open Ek slegs deur My innerlike en nie hardop uitgesproke wil vir die raadsheer die sogenaamde tweede gesig, en hy word onmiddellik omring en omgeef deur sy vele oorlede familielede, vriende en bekendes en ten slotte kom selfs Julius Caesar ook nog te voorskyn, waaroor die raadsheer hom buitengewoon verbaas, sodat hy My haastig vra: “Is dit alles waarheid of sinsbegogeling?”

[10] Ek sê: “Praat met hulle, hulle sal jou dit sê; want `n drogbeeld kan nie praat nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205