Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Armoede en rykdom

37 (Die Heer): “Dat die goedere van hierdie aarde baie ongelyk verdeel is en dat daar rykes en armes is, is dus wel die wyse wil van God, en Hy laat ook so `n verhouding onder die mense bestaan, omdat die mense anders moeilik of heeltemal nie sou kan bestaan nie.

[2] Want stel jou eers voor dat elke mens op aarde al vanaf sy geboorte so van alles voorsien sou wees, dat hy nie die minste van `n ander sou nodig hê nie, dan sou hy maar al te gou net so gelewe het soos die diere in die bos en die voëls in die lug. Hulle bou geen huise, bewerk geen akkers en wingerd en hoef nie vir hulle kleding te sorg nie. En as hulle in hulle gate en neste ook nog genoeg voedsel sou gehad het, dan sou hulle dit ook nooit verlaat het nie, en maar netsoos poliepe op die bodem van die see gerus en gevreet het as hulle sou honger word. Maar omdat die diere eers hulle voedsel moet soek, is hulle baie beweeglik en rus eers wanneer hulle hulle honger gestil het.

[3] En kyk, so het God dit spesiaal by die mense baie wys gereël, dat Hy die aardse goedere baie ongelyk verdeel en hulle ook baie verskillende talente en bekwaamhede gegee het! Daardeur is die een mens onmisbaar vir die ander. Die ryke is gewoonlik nie baie geneig om die swaarder en tog noodsaaklike werk self aan te pak nie, maar hy het plesier daarin om alles volgens sy kennis en sy opgedane ervarings te reël en sy knegte en diensmaagde op te dra wat hulle moet doen. Hulle steek dan die hande uit die moue en werk en dien die ryke gewillig vir hulle ooreengekome loon. En sodat hulle hulleself uiteindelik uit lus tot eie rykdom en `n luuksueuse lewe nie aan `n ryk werkgewer sal vergryp nie, word hy sowel deur die wêreldse as deur die goddelike wette beskerm, weliswaar slegs tot `n bepaalde vlak, waarbo ook vir die rykes baie streng en wyse wette gegee is.

[4] So het die ryk besitter ook allerlei ambagslui nodig. Hy het `n smid nodig, `n timmerman, `n messelaar, `n meubelmaker, `n pottebakker, `n wewer, `n kleremaker en nog baie ander, en so leef die een van die ander omdat die een die ander dien. En alleen op hierdie wyse kan die menslike geslag op aarde in stand gehou word en hulle sou `n baie goeie bestaan kan hê, as sovele hulle nie op `n te oormatige hebsug en heerssug gestort het nie. Maar sulke mense word altyd streng deur God gestraf en reeds op hierdie wêreld getugtig, en hulle onregverdige vinnig vergaarde rykdom duur hoogstens tot in die derde nageslag.

[5] Daaruit sien jy dat daar armes en rykes in die wêreld moet wees, en so kan jy ook insien dat Moses die laaste gebod nie onvolledig nie, maar so volledig as wat maar denkbaar is, aan die Israeliete en deur hulle aan alle mense gegee het, en dat juis aan die gebod eers die ware innerlike voltooiing van die suiwer naasteliefde en die gees van die barmhartigheid in die hart van die mens ten grondslag gelê word.

[6] As dit egter onteenseglik die geval is, beteken dit ook dat elkeen, vir die ware reiniging van sy siel, juis die laaste gebod baie ter harte moet neem en ook baie goed en volkome moet naleef. Want solank `n mens nie volledig meester oor sy gedagtes geword het nie, word hy ook nie meester oor sy hartstogte en die daaruit voortkomende gewelddadigheid nie. Wie egter in en oor homself geen meester en meester is nie, bevind hom nog ver van God se ryk en is en bly hy `n kneg van die sonde wat uit sy wanordelike gedagtes en die daaruit voortkomende begeertes gebore word en die hele mens verontreinig. Het jy dit nou goed begryp? Nou is dit weer jou beurt om te praat.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205