Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 208

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Aankoms by die Griekse herbergier

208 (Die Heer): “Nou gaan Ons dan ook onmiddellik op pad na die herberg, waar die lasdiere van die Griek op ons wag.

[2] Ons het daar nouliks aangekom of daar was al `n hele boel nuuskieriges wat Ons lastig geval het met vrae, en die eienaar van die herberg, `n goeie bekende van Josef, sê aan hom: “Vriend, ek sou vandag nie op reis gegaan het nie; want daar was `n sonsverduistering gewees en so `n dag geld al by die oues as `n ongeluksdag!”

[3] Ek sê: “Hoe wys is julle mense tog nie! Aan sulke sinnelose fabels, wat geen enkele waarheid bevat nie, heg julle waarde; maar alles wat suiwer en waar is, behandel julle as vuil en wil julle nie hoor nie. Hou Ons daarom nie op met sulke sinnelose dinge nie!”

[4] Die herbergier sê: “Maar, beste makker, die ou mense was ook verstandige liede; daarom moet jong mense goed rekening hou met hulle ervarings, anders sal hulle baie ongemak moet verduur!”

[5] Ek sê: “Hou jy jou maar aan dit wat Moses en die profete geleer het; daaraan sal jy meer hê as wanneer jy rekening hou met nuwemaan en geluks- en ongeluksdae! Wie hom aan God se gebooie hou en God bo alles liefhet en sy naaste soos homself, die het geen ongeluksdae te vrees nie; maar vir hom wat dit nie doen nie, is elke dag `n ongeluksdag!”

[6] Die herbergier sê: “Ja, dit weet ek ook goed; maar daarom kan Jy tog nog wel waarde heg aan die verhale van die oues!”

[7] Daarop groet hy Josef nogmaals en wens hom baie geluk op sy reis en met sy werk. Ons bestyg die lasdiere, en Ons reis gaan vinnig voorwaarts oor berge en dale in `n westelike rigting op pad na Tirus.

[8] Toe Ons halfpad was en by `n herberg kom, wat ook van `n Griek was, sê Ons Griek: “Vriende, hier sal Ons iets versterkend neem en die lasdiere laat voer!”

[9] Met die voorstel was Josef dit heeltemal eens, ofskoon hy dadelik vra of mens hier wel spyse kon kry wat ook vir die Judeërs toegestaan was.

[10] Die herbergier sê: “Ja vriend, dit sal `n bietjie moeilik word! Varkvleis, gerook, het ek wel voldoende, en ook gesuurde brood, sout en wyn; maar iets anders sal daar nou nie in voorraad wees nie.”

[11] Josef sê: “Dit lyk nie so mooi vir ons nie; want varkvleis mag ons Judeërs nie eet nie en in hierdie tyd ook geen gesuurde brood nie, omdat die tyd van die ongesuurde brode by ons begin het. Het jy dan geen vis, of hoenders en eiers nie?”

[12] Die herbergier sê: “Kyk, hierdie herberg staan hoog op `n berg! Waar sou mens dan vis vandaan moet kry? En ook is dit hier moeilik om hoenders aan te hou; want ten eerste gedy hulle hier byna nie wens gebrek aan die noodsaaklike voer en ten tweede is daar te veel roofvoëls van allerlei soorte hier, wat nie net die aanhou van hoenders nagenoeg onmoontlik maak nie, maar ook die teel van skape baie bemoeilik, omdat die lammers egter vir hierdie diere uit die lug nie één oomblik veilig is nie. Daarom het ek slegs ietwat bokke, netsoos stiere, osse en koeie en natuurlik ook `n paar kalwers en ook nog varke, wat hier baie goed doen; maar die wyn moet ek self in Tirus koop. So staan die sake hier; maar wat daar is, sal ek rojaal en voordelig aan julle gee.”

[13] Ek sê: “Bring maar wat jy het, dan eet Ons dit!”

[14] Josef sê: “Maar Seun, wat sal die wet van Moses dan daarvan sê?”

[15] Ek sê: “Het jy nou alweer vergeet wie Ek is? Hy wat in My is, het die wette aan Moses gegee en Hierdie sê nou aan jou: Eet, wat voor jou op tafel gesit word as dit nie anders kan nie; want vir iemand wat suiwer is, is alles suiwer!

[16] Moses het die Judeërs die vleis van hierdie onrein diere maar net verbied om te voorkom dat hulle self nog onsuiwerder sou word as wat hulle al vanaf hulle geboorte was; maar in geval van nood mag ook die Judeërs die vleis van die as onrein bestempelde diere eet. Maar onsself was nooit onrein nie en sal ook nooit onrein word nie, en so kan ook geen enkele spys wat goed toeberei is, ons verontreinig nie.”

[17] Met hierdie toeligting was Josef en ook Jakobus tevrede en die herbergier bring ons dadelik goed gerookte en toebereide varkvleis, brood, sout en `n goeie wyn, wat ons alles met `n geruste gemoed eet. Ons Griek wil natuurlik die rekening betaal en dit doen hom egte vreugde dat Ons Ons so geheel en al tevrede gestel het met sy maaltyd.

[18] Na die maaltyd sê Ek aan die herbergier van die herberg: “Hierdie herberg het nou `n groot heil ten deel geval! Vanaf vandag kan jy hoenders en skape hou soveel jy maar wil en kan; want Ek wil dat die gebied deur geen enkele roofdier meer lastig geval word nie, nóg op die grond nóg in die lug, solank jy en jou nakomelinge hierdie herberg en die gebied sal besit. Maar as daar later ooit ander en slegter herbergiers in besit sal kom van hierdie herberg en die gebied, sal hulle ook weer deur die ou plaag geteister word!”

[19] Die herbergier sê: “Jong Vriend, hoe kan Jy my daarvan oortuig dat dit ook so sal gebeur soos wat Jy my nou so ernstig belowe het, asof Jy nie in die minste daaraan twyfel nie?”

[20] Ek sê: “Dit sal netso seker gebeur as wat dit seker is dat jy in jou huis `n skat besit, wat nóg jy nóg een van jou familielede en ook jou voorouers geken het ! Neem `n graaf en grawe daarmee, presies op die plek waar jy nou staan, `n kuil van slegs drie bandbreedtes diep in die grond wat uit leem bestaan, en jy sal op die skat stamp, waarmee jy dan na eie goeddunke kan doen wat jy wil.”

[21] Die herbergier bring onmiddellik `n graaf en grawe met behulp van sy knegte dadelik `n kuil in die grond so diep as aangegee en vind tot sy groot verbasing enkele swaar goue bakke, wat saam `n gewig van meer as tweehonderd pond gehad het. Nou vra hy natuurlik dadelik hoe en wanneer hierdie waardevolle dinge daar beland het.

[22] Ek sê: “Jy is nou al die sewende besitter van hierdie ou herberg sedert die tyd dat hierdie dinge, wat `n Oosterse toentertyd karavaan afgekwansel het, hier in hierdie grond begrawe is, uit vrees dat hulle ontdek sou word. Meer hoef jy nie te weet nie. Maar diegene wat die skat hier begrawe het, was geen mense van jou stam nie en jy is geen nakomeling van hulle nie - want jy kom uit Athene; - maar die besitters kom uit Cyprus en was diewe en nog net geen roofmoordenaars nie.”

[23] Die herbergier sê wederom: “Maar hoe kan Jy dit alles so presies weet? Wie het Jou dit laat weet?”

[24] Ek sê: “So goed as wat elke van jou mees geheime gedagtes aan My bekend is, in en uit Myself, so is ook dit aan My bekend in en uit Myself! En om jou te laat sien dat ook jou gedagtes presies aan My bekend is, sê Ek jou wat jy vanmore baie bewus by jouself gedink het. Jy dag die volgende: My herberg is af en toe weliswaar goed beset en is wel winsgewend, maar as daar `n koper te vinde sou wees, wat hom van my sou koop vir `n prys waarvoor ek in Tirus `n beter herberg sou kan opslaan, dan is dit wel wat ek eerder sou wil doen!”

[25] Sien, dit was veral wat jy gedink het! En daarna dink jy daaroor na of jy die gedagte ook aan jou vrou sou meedeel; maar jy vind baie gou dat dit nog te vroeg daarvoor was, omdat jou vrou dan ongeduldig sou kan word en dan met alle geweld daarop sou aandring om die gedagte dan ook maar onmiddellik uit te voer. - Sê My, of Ek wel presies geweet het wat jy gedink het of nie!”

[26] Die herbergier was buite homself van verbasing en sê: “Nee maar, ek het baie gesien, gehoor en ervaar, maar so-iets het ek nog nooit meegemaak nie! Ja, nou glo ek ook sonder enige twyfel dat die gebied volledig gesuiwer sal word van roofdiere. Jy het my nou buitengewoon baie goed bewys, - hoe sal ek in staat wees om Jou na behore daarvoor te beloon? Wat wil Jy dat ek vir Jou daarvoor moet doen?”

[27] Ek sê: “Luister, jy is weliswaar ook `n heiden, maar jy glo nie aan jou vele gode nie en jy het jou daarom vertroud gemaak met Ons leer, waaraan jy baie goed gedoen het! Maar Ek sê vir jou: glo maar vas aan die enige ware een God van die Judeërs, wees vir Hom bo alles lief en ook jou medemens netsoos jouself, doen vir hulle dit waarvan jy redelikerwys wil hê dat hulle dit ook vir jou sal doen, dan doen jy daarmee vir My voldoende in ruil vir alles wat Ek nou vir jou gedoen het; maar `n materiële loon het Ek waarlik nie nodig nie!”

[28] Alweer was die herbergier verbaas oor My totale belangeloosheid en wil van Ons Griek geen betaling aanneem vir dit wat ons by hom genuttig het nie.

[29] Maar ons Griek wil dit nie en betaal alles met die woorde “Verdeel wat jyself nie nodig het nie onder die armes, dan sal jy die enige ware God van die Judeërs en eintlik van alle mense behaag!”

[30] Die herbergier beloof plegtig om dit alles te doen en sy hele huis te bekeer tot die geloof van die Judeërs.

[31] Toe staan Ons op, bestyg nogmaals Ons lasdiere en trek verder. Die weg wat Ons nog moes aflê was baie mooi en so bereik Ons nog `n uur voor sonsondergang die plek van Ons bestemming.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205