Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 111

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Oor die voedingsvoorskrifte van Moses

111 Cyrenius voeg daaraan toe: "Dit verwonder my al dat U leerlinge dit nie sou verstaan nie, terwyl ek en beslis alle ander dit baie goed verstaan het! Maar, o Heer, omdat U nou tog in die stemming is om sake duidelik te maak wat vóór U nog nooit deur iemand uitgelê is nie, sou ek graag van U wou hoor wat dan by die Judeërs die betekenis is van die verbod om onrein kos te gebruik, en om sekere dinge wat as onrein verklaar is, aan te raak! Ons heidene eet alles en word tog volgens ons leer nie onrein nie! Die ou Egiptenare het ook alles geëet wat met die verloop van tyd en deur ondervinding maar eetbaar geblyk het en van verontreiniging is aan my niks bekend nie – inteendeel, ek weet uit die geskiedenis dat Egipte baie rein en waarlik groot geeste voortgebring het; ook by ons Romeine kom dit in alle tye voor. Waarom moes die Judeërs nou juis allerlei onrein voedsel ontbeer?"

[2] Ek sê: "Omdat hul geslag, afstammend van Adam, van bo was, en tot op die huidige tyd vir die grootste deel nog is, en daartoe bestem was dat Ek in hulle midde in die wêreld, en in hierdie materie kon kom tot verlossing van alle skepsele. Jy het tog gehoor hoe die materie nou in sy geheel deur My geseën en gewy word, omdat ook Ek Myself in die materie gehul het?! In jou hart stem jy daarmee saam! Kyk, vóór My koms na hierdie aarde toe lê, soos wat jy nou weet, was in `n meerdere of mindere mate die vloek daarop - nie omdat God haar sou vervloek het nie, maar omdat sy deur eieliefde, selfsug, hoogmoed en heerssug as `n saamgeklonte, geestelike geheel haarself tot vloek geword het!

[3] Daar was en is in die materie egter nogtans verskillende grade en trapsgewyse verskille tussen baie, meer, minder en byna geen hardheid nie. Hoe harder `n bepaalde materie egter is, des te wilder en op sigself onreiner is dit ook, omdat die geeste wat daarin saamgeklont is, verhoudingsgewys ook des te meer uit die bekende onkruid bestaan.

[4] Die diere wat hulle dadelik, toe hierdie aarde bevolk word, by die mense gevoeg het - soos die bees, die skaap, die bok, en van die voëls die hoender en die duif - is beslis van suiwerder aard en het `n sagter karakter en hul vleis is die verdraaglikste vir die mens wat van bo kom, sekerlik weens die reiner bewaring van die siel; selfs hierdie diere moes volkome gesond wees en mag hulle ook nie in die bronstyd geslag word nie, omdat in dié tyd ook die andersins rein dier onreiner is.

[5] Daar het egter naderhand ook nog ander diere hulle by die mens gevoeg- soos die perd, die donkie, die kameel, die vark, die hond en die kat - maar reeds van die begin af tog meer by die kinders van die wêreld, terwyl slegs met die uitsondering van die esel en later ook die kameel voorheen genoemde diere nie naasteby op vriendskaplike voet met die Judeërs gestaan het nie, en dit is teenswoordig nog so.

[6] Nog steeds het `n egte Judeër `n bepaalde angs vir `n perd en `n hond, is geen vriend van `n kat nie, en vertrou `n kameel ook nie so baie nie. Die mak watervoëls staan hom teë en die kalkoen en die pêrelhoender kan hy vir geen geld in die wêreld verdra nie, en dit sal nog lank duur voordat hy `n vriend van hierdie diere sal wees. Hulle staan die Judeërs ontsettend teë, terwyl die Grieke en ook julle Romeine dit lankal as lekker braaivleis beskou.

[7] Van nou af aan staan sake sekerlik algeheel anders, en hulle sal nog baie anders staan as Ek eenmaal na My huis vertrek het! As teken van dit alles, sal Ek nadat Ek teruggekeer het, in die groot tuin van broer Cornelius aan een van My leerlinge, wat nog `n ortodokse Judeër van die ou stempel is, aandui welke kosse in die vervolg sonder enige beswaar geëet kan word.

[8] Nou het Ek jou ook die agtergrond van die Mosaïese eetvoorskrif vir die Judeërs aangedui, en jy en julle almal sal dit nou wel goed verstaan! Daarom is dit nou tyd om oor te gaan na dít waarvoor ons onsself eintlik en hoofsaaklik op hierdie berg begeef het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205