Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die beskeie Zinka

29 Zinka kom daarby staan en sê: "Verhewe meester en gebieder! Onder hierdie omstandighede, wat ek vantevore nie in die minste kon voorsien nie, kom die sake gewis baie anders te staan. Hulle is nou nie meer koopmansdogters uit Kapernaum nie, maar hulle is dogters uit die Romeinse keiserlike huis. Aan dié boom groei vir ons soort geen appels nie! Want vir sulke kinders moet daar ook weer kinders wees wat van koninklike ouers afstam. Ek is slegs `n gewone seun van `n Judeër. Ek stam wel van Juda af, maar wat is dit nou vergeleke met u, `n broer van die groot keiser Augustus, wat dus behoort tot die stam van die oudste adelstand?! Bowendien is u onmeetlik ryk en ek het slegs my karig afgemete beloning vir baie, baie werk.

[2] Ook al sou Gamiëla my oneindig gelukkig gemaak het as ek haar nou as `n hemelse wonder tot vrou sou gekry het, tog kan en mag ek haar nooit tot vrou neem nie noudat sy as u dogter so hoog bo my onbeduidendheid staan! Verhewe meester, vandag in u suiwer geestelike gestemdheid sou u haar wel aan my kan gee, maar môre sou dit u baie kon berou! En sou ek dit u kon belet as u haar weer van my sou afneem? Wat `n woede en droefheid sou ek dan nie ondervind nie! Maar as ek haar tot vrou kan neem onder die volledige versekering dat sy myne sal bly, dan neem ek haar ook beslis en sal ek die gelukkigste mens wees. Maar eis sal ek haar nooit, want ek ken my plek en ook die uwe.

[3] Besorg my egter op Romeinse gebied die een of ander klein stukkie grond, dan sal ek dit deur die vlyt van my hande bewerk en saam met my medewerkers daarvan lewe! Laat my egter nie weer na Jerusalem gaan nie en nie meer in die Judese land bly nie! Want met Herodus en met die tempel wil ek niks meer te doene hê nie!"

[4] Cyrenius sê: "Moenie meer daaroor praat nie! Ek kan my Gamiëla immers nie meer van jou afneem nie, want die Heer het haar in `n sekere sin eerder aan jou as aan my geskenk - en Sy woord en uitsprake is vir my gewyd - meer as gewyd! Die minste wat die Heer ook maar wens, moet ons doen, as ons soos Sy heilige engele wil lyk! Hier op hierdie wêreld beteken ek nou wel iets solank Hy my laat lewe, maar aan die oorkant, in die groot hiernamaals, is ons almal gelyk en ons huidige skatte bly op die dooie aardkors agter en word voedsel vir die alles verslindende tyd.

[5] Laat my hoë afkoms jou daarom nie hinder nie, want dit het ek net vir die welsyn van die mensdom, vir sover dit in my vermoë lê. En sou jy, wat deur die Heer van die oneindigheid, van lewe en van dood spesiaal aan my toevertrou is, daarvan uitgesluit wees? Nee, nee en nooit! Jy is en bly my seun!"

[6] Toe Zinka hierdie woorde hoor, sê hy: "Ja, waarlik, so kan slegs `n hart praat wat JaHWeH God bo alles liefhet! Wat die Heer wil, dit wil ook ek baie verseker, want Hy wat beide opgewek het, is die Majesteit Self, daarvan is ek nou volledig van oortuig. En al sou miljarde daarteen gaan, dan sal Zinka se geloof nooit wankel nie! Aan Hom alleen sy van nou af aan al my liefde en al my ware aanbidding! Aan Hom sy alle eer van ewigheid tot ewigheid!"

[7] Met hierdie woorde val Zinka voor My neer en sê: "O Heer, vergeef my al my sondes, sodat ek as `n gereinigde mens tot U kan bid!"

[8] Ek sê: "Staan op, My broer! Jou sondes is reeds lankal deur My ongedaan gemaak, want jou hart ken Ek lankal en Ek laat haar ten slotte ook nog na My toe kom. Jy was weliswaar uitgestuur om My gevange te neem en Ek het My deur jou gevange laat neem - maar slegs vir jou hart en tot jou heil! Staan nou op en wees in My Naam vol goeie moed en word vir My `n goeie, bruikbare werktuig!"

[9] Zinka staan op en begin toe eers goed na te dink oor die grootte en die betekenis van hierdie gebeurtenis. Eers nadat hy langs My sal plaasneem, sal ons hom weer hoor praat. Want na Mathael is hy gewis die grootste gees in ons geselskap.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205