Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 129

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die skeidingsproses van die siel van die liggaam

129 Ek sê: "Dit sal julle dadelik kry; luister dus! Die waarneembare newelige uiterlike - wat egter altyd nog `n menslike vorm* het - is die gevolg van die groot benoudheid van die siel tydens die oomblik van skeiding, waarby sy van pure vrees en ontsetting `n paar oomblikke lank heeltemal haar bewussyn verloor.

[2] Dit is `n buitengewone kraginspanning van die skeidende siel om haarself te handhaaf in haar bewuste bestaan. Al haar dele word daardeur in `n buitengewoon heftige trilling gebring, wat maak dat ook die geoefendste oog, wat in staat is om geeste te sien, geen bepaalde vorm kan raaksien nie.

[3] `n Natuurkundige voorbeeld hiervan sou die bassnaar van `n harp kon wees. As jy dit hard geslaan het, sal dit `n tydjie so vinnig heen en weer beweeg dat jy dit slegs as `n deursigtige, newelige draad sal sien; as die snaar opgehou het met tril, word ook sy eintlike vorm weer sigbaar deur die rus.

[4] `n Soortgelyke verskynsel lewer ook die bekyk van `n zoemende vlieg, waarvan jy die vlerke eers dan as vlerke kan waarneem wanneer die vlieg opgehou het met vlieg, en daardeur ook met zoem; in vlieënde toestand het jy dit slegs asof met `n klein newelwolkie omgewe gesien.

[5] As die siel op die oomblik van skeiding die verwoeste, verskeurde liggaam verlaat, wat nie meer verder bruikbaar is nie, vibreer sy dikwels met trillings die grootte van `n handbreedte en wel so vinnig dat jy kan aanneem dat sy in `n enkele oomblik duisend maal heen en weer en op en af gaan. Solank die siel in so `n trilling is, is dit selfs vir `n toeskouer wat fyn ingestel is, totaal onmoontlik om ook maar iets van die menslike vorm van die siel waar te neem. Na verloop van tyd kom die siel meer en meer tot rus, en word daardeur ook as menslike vorm sigbaar; het sy egter ten slotte heeltemal in die rustoestand gekom wat direk na die volledige afskeiding intree, dan is sy ook dadelik in volmaakte menslike vorm sigbaar, met die voorbehoud dat sy nie voorheen deur allerlei sondes te veel misvorm was nie. - Verstaan julle dit nou?"

[6] Mathaël sê: " O Heer. U, Alwyse, hoe sou dit nou moontlik kon wees dat ek dit nie volkome verstaan nie? U het my hierdie verskynsel immers oorduidelik uitgelê! Maar nou sou ek - Heer, vergeef my my weetgierigheid – ek sou tog ook wou weet in welke taal die vyf siele met mekaar gepraat het! Self ken ek tog ook verskillende tale; maar nogtans verstaan ek nie`n woord van wat hulle met mekaar gepraat het nie. Bestaan daar in hierdie wêreld nog ` n taal wat daarmee ooreenkom?"

[ 7] Ek sê: " O ja, die Birmaanse priesters maak gebruik van hierdie taal ( die Sanskrit), en dit was die oertaal van die eerste mense van hierdie aarde; dié van julle, die oud-Egiptiese en ten dele ook dié van die Grieke stam almal byna heeltemal af van hierdie een en eerste mensetaal. Dink julle miskien dat julle vader Abraham, Isak en Jakob sou verstaan het as hulle hier was, en so sou praat soos hulle eertyds gepraat het? O geensins nie, julle sou geen enkele woord van hulle verstaan nie! Dit kos julle al soveel moeite om die boeke van Moses te verstaan, terwyl dit tog byna duisend jaar jonger is as Abraham, hoeveel te minder dan die aartsvaders self! Ja, daar het by die Judeërs uiters baie verander, dus, sonder ` n tweede Babiloniese spraakverwarring, ook die taal. Is dit vir julle nou ook duidelik?"

[ 8] Mathaël sê: " O Heer, dít verstaan ek nou ook; ek glo dat alle ander dit ook begryp en daarom sou ek U namens almal weer ` n vervolg van die lesse wou versoek!"

[ 9] Ek sê: " Dit sal nie uitbly nie, maar jy het nog baie ervarings op die gebied van die sterwe opgedoen en daarom moet jy ons ter wille van jou broers nog ` n paar van die gedenkwaardigste daarvan vertel. Wat vir jou of iemand anders daarvan nie duidelik mag wees nie, sal Ek dan wel weer aan julle verduidelik.

[ 10] Ek het julle reeds voorheen die ontwikkelingsgang laat sien tot aan die punt van die oorgang deur die afval van die materie. Die liggaamlike dood is nog steeds die vrees van alle skepsels. Die redes daarvoor het Ek julle ook heel in kort vertel; dit sal by geleentheid egter nog uitvoeriger bespreek word. Maar vertel jy nou weer verder!"

[ 11] Mathaël sê: " O Heer, alleen omdat U dit so liefdevol vra, sal ek nog ` n aantal gevalle beskryf soos wat ek dit met die oë van my siel gesien het!" Weliswaar gerafel, maar met die grootte en ongeveer die globale vorm van ` n mens ( J.L.)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205