Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die opdrag van Herodus

14 (Zinka:) "Dit is bekend hoe hy die dag ten aanskoue van my en duisende ander dit gevier het. Dit sal egter nie aan u almal bekend wees, dat daar by die leerlinge van Johannes die gerug rondgegaan het dat Johannes weer opgestaan het, na Galilea getrek en op die plek waar hy oorspronklik sy taak begin het, nou weer aktief was. Die gerug het ook Herodus en sy Herodias bereik, wie sowel as haar ou draak van `n moeder sedert die dood van Johannes siek geword het. Herodus en Herodias word hierdeur vervul met groot vrees en angs, en daarom stuur Herodus my as `n betroubare vriend van die vermoorde uit om hom weer na Herodus te bring, sodat hy die groot onregverdigheid wat hy hom aangedoen het, sou kon goedmaak. Ook Herodias betreur nou die uur waarop sy toegegee het aan haar slegte moeder, en sou die gekrenkte Johannes eweneens weer genoegdoening wou gee!

[2] Maar ek het wel besef dat Johannes nooit opgestaan het nie. Ek het wel van Johannes self gehoor dat daar in Galilea `n baie groot profeet opgestaan het, wie se skoenrieme hy nie waardig was om los te maak nie. Dit vertel ek aan Herodus en hy sê: 'Gaan tog daarnatoe en bring vir my die Een waaroor Johannes met soveel agting gespreek het, want miskien kan Hy ons ook help!' Ek sê hom egter tewens wat ek oor die groot profeet gehoor het, naamlik dat Hy as bewys van sy leer enorme tekens doen. Ek het vir hom gesê dat die Galilese profeet dooies opgewek het, berge versit en die storms beheers, en nog meer van sulke ongelooflike dinge. Ek vertel Herodus ook dat ek teen die mag van so `n profeet weinig of niks sou kon uitrig nie, omdat hy duisende deur één gedagte kon dood. Maar Herodus en Herodias laat hulle nie daardeur van hulle wens afbring nie en Herodus sê slegs: 'Driehonderd swaar silwerstukke vir die een wat Hom na my toe sal bring!', met die toevoeging dat as dit lewend nie moontlik sou wees nie, hy hom dan tog as dooie wou sien!

[3] Ek antwoord hom koelbloedig: 'As Hy nie uit homself sal kom nie, sal ons vir niks gaan nie! Want voor ons Hom kan doodmaak, lewe ons lankal nie meer nie. Omdat hy die geheimste gedagtes van die mense ken en ook hulle bedoelinge, sal hy ons al doodmaak voordat ons Hom nog maar nouliks te siene kan kry! Onder hierdie omstandighede sien ek egter geen rede om hom te gaan opsoek nie!' Toe sê hy: 'Ek wil dit so hê en my wil is goed. As die profeet goed is, sal Hy my goeie wil ook as goed ondervind en na my toe kom! Dat ek Hom dit nie sal aandoen wat ek in my verblinding aan Johannes gedoen het nie, word tog bewys deur my trane oor die goeie Johannes. Gaan en voer my wil uit!'

[4] Toe eers gaan ons en nou is ons nou hier, - tot op hede nog ter onverrigter sake, hoewel ons nou al ongeveer nege weke slegs vir die doel deur Galilea rondtrek. Ek het gedurende die tyd al etlike kere bodes na Herodus gestuur en vir hom die nutteloosheid van ons inspanning duidelik uiteengesit, maar dit alles het niks gehelp nie! Hy weet dit waarskynlik uit ander bronne dat óf die opgestane Johannes, of die groot Profeet Hom in Galilea ophou en groot tekens doen. Ons moet daarom alles in werking stel om Hom beet te kry. Elke laksheid van ons kant af sou hy baie streng straf!

[5] En so het ons dan nou op ons speurtog hierheen gekom omdat ons gehoor het dat daar by Césarea Philippi groot tekens plaasgevind het! Ons het egter niks meer gevind as `n totaal afgebrande stad en `n omgewing wat deur die hewige storm van gister verwoes is, en nou hier vir u, as `n baie streng Romein!

[6] Sorg vir ons en bevry ons van die dwaas wat in sy woede nie te vertrou is nie, en ons sal u daarvoor dankbaar wees, daarvan kan u verseker wees! Wat ek u nou vertel het, is die volle waarheid; u weet nou presies wat daar aan die gang is. Handel nou na reg en regmatigheid! As u Romeine eenmaal ten volle ons meesters sal wees, het ons met Herodus niks meer te make nie! Ons sal daarby bereid wees om u nog duisend maal getrouer te dien as die ou dwaas en tiran! Want u het tog nog iets menslik in u, terwyl Herodus `n onmens is as hy in woede ontbrand!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205