Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die opwekking van die twee verdrinkte meisies

26 Met die heen en weer wandel langs die oewer van die see kom ons by die plek waar ons Risa albei die verdrinkte meisies versorg het en wag tot hulle weer lewendig sou word.

[2] Cyrenius sê vir hom: "Wel, vriend Risa, begin die twee reeds so stilletjies aan tekens van lewe te toon?"

[3] Risa sê: "Verhewe meester, al die moeite is verniet! Hierdie twee word eintlik steeds meer dood in plaas van lewendiger, by hulle is regtig alle moeite en verdere behandeling tevergeefs! Slegs God se almag kan hulle die lewe teruggee! Daar baat neerlê en wyn in die mond gooi absoluut niks meer nie!"

[4] Ek sê: "Daarvan is jy dus heeltemal oortuig?"

[5] Risa sê: "Heer, kyk maar gou na die blou vlekke en let dan op die reeds ver gevorderde ontbindingsproses, dan sal selfs U dit met my eens wees dat beide slegs op die jongste dag van Daniël deur die almag van God weer tot lewe sal kom!"

[6] Daarop dring Zinka hom ook na vore, omdat hy baie kennis gehad het van gestorwe mense, en hy bestudeer die twee drenkelinge. Na `n uitvoerige ondersoek sê hy ook: "Ons vriend het die waarheid gepraat! Hierdie twee sal tot die jongste dag toe dood moet bly, gestel dat daar op hierdie aarde ooit een sal kom - wat ek moeilik kan glo! Want ek weet waarin so `n klomp vleis verander: In motte, wurms, vlieë, kewers, in allerlei gras en ander plante! Hoeveel word daar nie deur die wilde diere verskeur en opgevreet nie! Hoeveel kom daar nie om in die vuur nie! As hulle op die jongste dag somaar vanself weer bymekaar sou kom en één geheel sou word soos wat hulle nou is, dan doen ek vir ewig volledig afstand van my menswees! Ek, Zinka uit Jerusalem, in talle sake ter sake kundig, beweer hier dat op die jongste dag, wat soos gesê eenmaal sal kom, ook selfs God se almag daar tyd voor sal moet neem om hierdie vroulike kadawers weer tot lewe te bring! Hulle siele sal wel `n nuwe geestelike liggaam kry, maar in hierdie liggame sal geen siel weer deur hoofpyn gepla word nie!"

[7] Ek sê vir Zinka: "Vriend! Jy weet baie en jy slaan dikwels die spyker op die kop, maar streng gesproke het jy hier tog ietwat misgetas! Jy het weliswaar volkome gelyk dat `n siel in die hiernamaals nooit in hierdie liggaam sal rondloop nie, maar juis hierdie twee liggame sal tog nog `n tydlank heel bruikbare draers van hulle siele word! As Ek dit wil, moet hierdie twee ontwaak! Eén daarvan sal nog jou vrugbare vrou word en jy sal haar uitermate liefhê, die ander sal die vrou van die ook nog ongetroude Risa word, maar hy sal geen kind by haar verwek nie!"

[8] Daarna roep Ek al twee die drenkelinge en hulle rig hulleself oombliklik op en kyk vol verbasing om hulle heen, totaal nie beseffend waar hulle hulleself bevind en wat daar met hulle gebeur het nie.

[9] Maar Risa en Zinka val voor My neer en Zinka roep: "U is die Een waaroor Johannes gepraat het! U is egter geen profeet nie, maar U is JaHWeH Self!"

[10] Ook die nog aanwesige Perse kom na hierdie opwekkingstafereel toe, en die aan ons by name bekende Schabbi sê vir Zinka: "Ek voel dat jy hierdie keer `n korrekte oordeel uitgespreek het! Dit is so, vriend, - Hy is JaHWeH! En die jongeling wat ons netnou `n hemelse toon laat hoor het, is `n aartsengel, en wel dieselfde een wat reeds eenmaal op hierdie aarde die jonge Tobias begelei het. So staan die sake: Hy is die groot Messias wat deur alle profete en sieners voorspel is, en met Hom begin `n nuwe, geestelike ryk op hierdie aarde!

[11] HY IS dit aan wie baie sal aanstoot neem en wat Hom te lyf sal gaan, en waarmee hulle sal wil doen wat Herodus met Johannes gedoen het. Maar almal wat dit sal probeer, sal hulle te pletter loop teen Sy mag en dom word teenoor Sy wysheid en blind soos die duisterste nag! Want nooit het die aarde Sy gelyke in haar vlees gedra nie!

[12] Wat ek jou uit naam van my twintig metgeselle sê, sê ek jou sonder angs. Van nou af aan vrees ek die wêreld nie meer nie, omdat ek Hom leer ken het. Angs moet slegs hulle hê wat hulle teen Hom wil en sal verhef! O, Hy sal al die boosdoeners baie kragtig aan die tand voel - en duisend maal wee hulle! Hy sal teen niemand met die swaard in die hand ten stryde trek nie, maar die mag van Sy woord sal hulle oordeel en te gronde rig!

[13] Watter mag Sy woord het, daarvan het jy nou die nog naakte bewyse voor jou! Hierdie twee meisies was tog so volkome dood dat gewis niemand ook maar enige twyfel daaroor kon hê nie! Hy sê slegs: 'Staan op!', - en die twee rig hulle op en lewe nou soos opnuut geborenes, vernu en gesond en is volkome helder by hulle bewussyn. Dit sou slegs wenslik wees as beide liewe kinders klere sou kry! Maar ek weet wat ek sal doen! By ons Perse is `n paar vroue wat drie stelle klere by hulle het. Daarvan kan elk `n stel ter beskikking stel en dan is hierdie twee geholpe!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205