Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 225

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die wonderkrag van die wedergeborene

225 (Die Heer:) Veral by groot bewoënheid kan die gevoel en die waarneming van hierdie More in sigself talle ure lank uitstrek, en hulle kan daarom maklik waarneem watter mense dit is wat na hulle toe kom. Hulle sal weliswaar nie by iemand die diepere geestelike wese goed kan onderskei nie; maar die eintlike sielstoestand verseker!

[2] Toe hulle vanmôre hierheen gekom het, het hulle My siel en haar Wysheid en Krag in `n sekere sin reeds van ver af herken; net die Gees in die siel kon hulle nie waarneem nie, omdat God se Gees slegs deur `n Gees uit God gesien kan word. Daartoe moes Ek deur My woord eers in hul hart die vonk lê; en toe die vonk baie gou sterker word, omdat hy die korrekte voeding in oorvloed in `n volmaakte siel gevind het, het hulle My ook weldra in My Gees herken, en nou weet hulle reeds meer intens as julle, met wie hulle in My te doene het.

[3] Dit alles is die gevolg van `n volmaakte siel. Julle siele sal weliswaar, op `n paar na, nooit as siele tot die insig kom nie, maar hulle sal deur My oorgrote liefde vir julle so gelouter word dat hulle volkome geskik sal wees om My Gees volledig te kan opneem. As julle dan, nie deur julle verdienste nie, maar alleen deur My liefde, met barmhartigheid en erbarming, in die gees wedergebore word, sal julle nog groter dinge verrig as hierdie More. Nie deur die krag van die volmaaktheid van julle siele nie, maar deur die Krag van My Gees wat julle siele, wat op sigself maar swak is, deurdring, waardeur dan natuurlik ook julle siele vir ewig steeds meer lewenskragtig sal word!

[4] Ek wil egter geen wonderdoeners van julle maak nie, maar egte weldoeners van die mense! As My Gees wat in julle gewek is, volledig in julle gaan werk, sal julle begrip helder en verlig word, en daardeur sal julle langs `n baie natuurlike weg die kragte van die natuur beluister, en haar geeste of respektiewelik die geestelike, oorspronklike, spesifieke wesens aan julle diensbaar maak; daardeur sal julle groot aardse lewensvoordele verkry, wat julle egter moet gebruik vir die welsyn van die armer mensdom!

[5] As die groot voordele, wat julle mettertyd deur My Gees sal verkry, volgens My orde gebruik sal word, sal hy julle ook in alles `n duisendvoudige seën bring; as julle dit egter na verloop van tyd soms teen My orde in, selfsugtig, begin te gebruik, dan sal dit vir die mense broeiplekke word vir al die denkbare aardse onheil!

[6] Wat Ek nou aan julle sê, sê ek ook aan almal wat julle oor duisend, en nogeens duisend jaar, iets meer of iets minder, sal volg. Daarna kom daar weer `n ander laag van die aarde om uitgegis en bewerk te word met of sonder mense; want die aarde is groot en sy bevat baie geeste wat in die oordeel wag op verlossing.

[7] Elke wedergeborene kan weliswaar ook wonders verrig, maar nie, sonder die kennis van My Naam en My wil soos hierdie More nie, maar met die volle kennis van My Naam en My wil en My onveranderlike orde. Want as iemand iets anders sou wil, sou dit nie kan gebeur nie, omdat My Gees in hom geen krag daarvoor sou verleen nie; die siel op sigself sou dan iets wou doen, want die gees sou nooit iets teen My wil kan wil nie!

[8] Die wedergeboorte van die gees in die siel ontneem die siel egter nie haar eie, vrye wil en haar waarneming na buite toe van die reekse groot skeppings, wat maar steeds uit My liefde, My wysheid, orde, mag en krag sal voortkom, nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205