Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 118

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Onthullings oor die Tempel

118 Maar een van die fariseërs het hom tot My gewend en gesê: “Hoe kan U as ‘n ware Judeër stilbly as so ’n ellendige heiden, aan wie U soveel goed gedoen het, hom sulke brutaliteit aanmatig om die suiwer lering van ons vadere so smadelik te beskimp?!”

[1] Ek sê: “Hy beskimp nóg vir Moses, nóg die profete, maar bloot net vir julle en julle nuwe statute en laat My skotvry, waarom moet Ek hom dan teregwys? Hy het julle beskryf en dus net teen julle oortree; daarom berus dit nou ook slegs by julle om met hom tot ‘n vergelyk te kom! As hy niks teen My het nie, waarom moet Ek iets teen hom hê?! Sien dus maar self hoe julle met hom gaan afreken! Tot nou toe is alles nog heeltemal in orde met hom wat My aanbetref.”

[3] Die fariseërs en skrifgeleerdes sê: “Ja, ja, hy het natuurlik nie vir U nie, maar vir ons beledig en ons dink dat U nou ons vriend geword het en omdat ons nou maar al te goed weet watter Krag daar in U Woord en Wil is, kon U dus maar ‘n paar woorde teen hom sê. Al was dit dan ook nie terwille van ons vriendskap nie, kon U dit ten minste terwille van die volk doen sodat hy kon swyg! Maar U het hom laat praat en ons by die volk in die skande laat kom; en kyk, dit was glad nie prysenswaardig van U nie! Daarvoor haat ons U weliswaar nie, maar ons kan U ook nie goedgesind wees nie!”

[4] Ek sê: “Wees soos julle wil, en Ek sal ook wees soos wat Ek dit goeddink om te wees! Trouens, dit is baie snaaks dat julle My nou julle vriendskap ontsê, omdat julle My dit in die grond

[van die saak] nog nie bewys het nie! Maar Ek wat eintlik die volste Reg het om My vriendskap van julle te onttrek, omdat julle vroeër geen prysenswaardige gedagtes teenoor My in julle harte gekoester het nie, doen dit nogtans nie!

[5] Wat kan Ek sonder julle vriendskap verloor? EK sê vir julle: Waarlik niks nie! Maar as julle My vriendskap nie meer het nie, wie sal dan in My plek julle dooie kinders tot die lewe opwek?!

[6] As julle egter die jong man se rede in oorweging neem, sou julle tog, indien julle ware verstand het, in julleself openhartig moes erken dat die man in die volste en diepste grond

[van die saak] die reine Waarheid gepraat het! Julle ken die Skrif en julle ken Moses en die profete! Vra julleself egter of daar nog  ‘n spoor van Moses of van die ander profete in die tempel te sien is?!

[7] Was Ek dan nie hierdie jaar nog self in Jerusalem nie, en het Ek nie tot My groot ergernis gesien hoe die gebedshuis van God in ‘n moordenaarsgraf verander is nie!

[8] Die voorhowe is vol slagvee wat te koop is, asook ander onrein diere, sodat die mense glad nie in die eintlike tempel kan kom sonder lewensgevaar nie. Voor die tempel word aan die een kant geslag soos in slaghuise en die vleis word verkoop; en aan die ander kant staan makelaarstafels en wissellaarskraampies, en daar is so ’n lawaai en ‘n geskree dat ‘n mens amper nie in staat is om jou eie woorde te hoor nie.

[9] Kom ‘n mens dan in die eintlike hooftempel, kan jy jou weens die duiwehandelaars en allerhande ander voëls wat te koop aangebied word, glad nie roer nie! En in die Allerheiligste waar, volgens die verordening van God, net die hoëpriester eenmaal in ‘n jaar mag inkom, word nou teen betaling, wat egter ‘n offer genoem word, selfs enige heiden ingebring, natuurlik heeltemal in die geheim en onder die seël van geheimhouding jeens die Judeërs! Maar in Rome ken hulle die Allerheiligste net so goed soos wat die hoëpriester in Jerusalem dit ken! En so word al die geheimenisse van die tempel vir geld aan vreemdes openbaar; Maar wanneer ‘n arm Judeër dit waag om agter die voorhangsel in te gaan, word hy summier bestempel as ‘n lasteraar en as een wat die Kennis van God besoedel en op die vervloekte plek agter die tempelmuur gestenig. En daar gaan nie ‘n week verby waarin daar nie ten minste een gestenig word en ‘n paar die vervloekte water moet drink nie!

[10] Wat is dit vir `n mentaliteit dat mens vreemdelinge inwy, maar die eie kinders doodmaak?!

[11] Bedink eers vir jouself of Moses en al die profete die gebooie het en of Salomo in sy groot wysheid, toe hy die tempel voltooi het, die groot bedehuis vir die doel ingewy het waarvoor dit nou gebruik word! Kortom, die bedehuis van God het `n verskriklike moordenaarshool geword en die Gees van God is nie meer as `n vuursuil aanwesig bokant die ou ark van die verbond nie!”

[12] Nou word die fariseërs en skrifgeleerdes argwanend en sê vir My: “U was tog nog altyd in Násaret en omgewing, hoe weet u dit dan alles? Wie het die tempel aan u verraai?”

[13] Ek sê: “O, hoe stel u tog `n dwase vraag! As Ek u mees geheime gedagtes ken, hoe sou Ek dan nie weet wat daar in die tempel aan die gang is en wat daar gebeur nie! Maar Ek is nie die enigste wat dit weet nie, elkeen is al op die hoogte daarvan!

[14] U is self die eintlike verraaiers en u groot geldhonger het u daartoe verlei! U wy vir geld die vreemdes in in die tempelgeheime, en dié het dit daarna luidkeels in die strate aan die Judeërs bekend gemaak; en u vra My wie die tempel aan My sou verraai het!

[15] Maar Ek neem aan dat u net so goed soos Ek en baie duisende ander weet hoe die sake in die tempel nou daar uitsien, en ook dat u weet wat Moses en die profete almal geleer het. Hulle was waaragtig vervul met die suiwere en ware Gees van God - en slegs hierdie gees spreek deur hulle mond! Hoe is dit dan gesteld met u geloof in God, dat u so goedkoop God se woord verwerp en met brutale en hoogmoedige eiedunk u eie slegte voorskrifte aan die arme blinde volk verkondig as ingewinge van God se Gees? Daarby spoor u hulle met al die verskrikkinge van die dood aan om u voorskrifte te volg en te aanbid!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205