Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 207

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Onmatige eet en drink is skadelik vir die siel. Oor die ware vas

207 Beide, en nog baie ander wat saam geluister het na die uitleg van die engel, is baie verbaas en Petrus vra aan My: “Heer, hoe is dit met wat die dienaar van JonaEl nou vertel het? Dit klink tog `n bietjie vreemd! Hoe kan die liggaam gevoed word met die afval van die siel? Het die siel dan ook `n maag en uiteindelik selfs `n anus?”

[2] Ek antwoord: “Die engel het volledig die waarheid gepraat; dit is so. Daarom word die siel self deur swelgery en brassery, sinlik en materieel; sy word oorlaai en die liggaam kan nie al die afval van die siel opneem nie, met die gevolg dat die afval in die siel bly. Dit bedruk en beangstig haar so dat sy dan allerlei middele en maniere soek om die oormatige en opgehoopte afval te verwyder. En hierdie maniere bestaan dan uit allerlei ontug, hoerery, owerspel en dergelike.

[3] Maar omdat die siel daarvan `n sekere lusprikkel ondervind, word sy vervolgens steeds wellustiger en wellustiger en rig haarself daarna nog meer op swelgery en brassery, en sy word uiteindelik algeheel sinnelik en in geestelike sake van die lewe volkome duister, daardeur hard, gevoelloos en ten slotte sleg, trots en hoogmoedig.

[4] Wanneer so `n siel haar geestelike waarde op grond van die nou aangegewe lewenswyse verloor het, en ook noodwendig moes verloor, en daardeur geestelik doodgegaan het, begin sy letterlik uit haar afval `n troon op te rig, en ten slotte stel sy haar eer daarin, en is sy daar trots op dat sy so `n groot hoeveelheid afval bevat.

[5] Ek sê vir julle: al die mense wat in hierdie wêreld `n welgevalle het in wat hulle begeerlikheid behaag, sit as siel tot oor hulle oë en ore in die dikke afval, en is daarom geestelik algeheel doof en blind, en wil nie meer sien en hoor en begryp nie dit wat hulle sou kon gehelp het.

[6] Wees daarom altyd matig met eet en drink, sodat julle siel nie siek word en te gronde gaan in haar afval!”

[7] Petrus lyk baie onseker en sê: “Heer, as dit so is, waar geen twyfel aan is nie, dan behoort mens dus liewer te vas as te eet?”

[8] Ek antwoord: “Wie op die regte tyd vas, doen beter as diegene wat voortdurend swelg en bras; maar tog is daar verskil tussen vas en vas! Die juiste en egte vas bestaan daaruit dat mens homself van alle sondes weerhou, en dat mens homself ten opsigte van al die wêreldse dinge met al die mag self verloën, sy folterpaal op homself neem en op hierdie wyse My navolg, sonder om met eet en drink al te angstig te wees, maar ook sonder om meer te gebruik as wat noodsaaklik is en te gaan swelg; al die ander vas het weinig of geen sin.

[9] Want daar is mense wat deur `n bepaalde kastyding van hulle liggaam die geesteswêreld wil binnedring, en dan daardeur die krag van die natuur wil bedwing; dit het nie net geen nut vir die siel nie, maar is ook baie skadelik. Die siel val dan as `n halfryp vrug van die boom van die lewe af, waarvan die lewenskern altyd verrot, hol, leeg en dus dood is.

[10] Sulke kastydings en vas is dus geen deug nie, maar `n buitengewoon growwe sonde!

[11] Wie daarom volgens die ware orde wil lewe, moet net so lewe as wat Ek leef, en homself leer om so te lewe, dan sal hy ook die vrug des lewens in homself tot bloei sien kom en ryp sien word. Daarin sal daar geen dooie, maar `n volkome lewende kern vorm vir die toekomstige Ewige Lewe in die gees, en dit sal homself ordelik en voorspoedig ontwikkel tot `n lewende selfbewussyn. Nou weet julle ook in hierdie opsig wat daar heeltemal volgens die goddelike ordening gedoen moet word; tree daarvolgens op, dan sal julle die lewe in julle hê!

[12] Maar nou begin die sonstrale meer en meer aan krag te wen; daarom trek ons ons van die heuwel af terug in die skaduryke tuin, en jy Matthéüs, as My skrywer, kan nou jou skryfvelle orden en die aantekeninge van die gebeure en die leringe op `n ietwat uitvoeriger manier opskrywe. Maar ons gaan nou bietjie rus!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205