Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

IN EN OM JERUSALEM:

Hoofstuk 13 - Die skoonmaak van die Tempel deur die Heer
[Johannes 2: 14-17] .

14 En Hy het in die Tempel gevind die wat beeste en skape en duiwe verkoop, en die geldwisselaars wat daar sit.

13 Met My aankoms in Jerusalem het Ek gevind dat as gevolg van al hierdie diere en hul handelaars, die mense beswaarlik in die tempel kon ingaan, want dit het somtyds gebeur dat `n os wild geraak het en mense seergemaak en heilige voorwerpe beskadig het, en mense wat die tempel besoek het, kon baiekeer die stank en geraas nie verdra nie en dikwils al hulle belangrike eiendom verloor. Hierdie skandalige toestand het nou vir My ondraaglik geword. En Petrus en Nathaniël merk op: “Heer, het U geen weerlig en donderweer oor vir hierdie nie? Kyk net daarna! Die arm mense huil voor die tempel. Hulle het van ver af gekom om God te eer en as gevolg van al die beeste en skape kan hulle nie inkom nie. En baie, wat met groot moeite en gevaar dit reggekry het om in die tempel in te kom en weer uit te gaan, kla dat hulle daarbinne van alles beroof is en amper beswyk het van die stank. Ag, dit is regtig te erg en te boos! So `n verskriklike ergenis moet ten alle koste gestop word, dit is selfs baie erger as Sodom en Gomorrah.”
[2] `n Vreemdeling het hierdie woorde gehoor, `n ou Judeër wat nou na ons toe opkom en hy sê: “Liewe vriende, julle weet nie alles nie, maar ek het drie jaar gelede as `n gewone dienskneg in die tempel gewerk waar ek van goed geleer het wat my hoendervleis gegee het.”
[3] Ek sê: “Vriend, hou dit vir jouself, want Ek weet van alles wat plaasgevind het. Wees verseker, dinge het te ver gegaan en vandag nog sal jy die Mag en toorn van God in die tempel in aksie sien. Maar beweeg so `n wyle weg van die hekke van die tempel, sodat jy nie seerkry wanneer God se Mag die oortreders van die tempel gaan verdryf nie. Daarna sal hulle nie langer waag om sulke tempelrowery te bedryf nie.”
[4] Hierop gaan die Judeër weg en loof God, want nadat hy My gehoor praat het, het hy My as `n profeet aangesien, hy sluit toe by `n groep van sy vriende aan en vertel hulle wat hy van My gehoor het. Hierdie groep, wat bestaan het uit `n paar honderd mense van alle ouderdomme, jubel en begin om God hardop te loof omdat daar weer `n magtige profeet opgewek is.

15 En Hy het `n sweep van toutjies gemaak en almal uit die Tempel uitgedrywe, ook die skape en die beeste, en die kleingeld van die wisselaars het Hy uitgegooi en hulle tafels omgekeer.

[5] Maar Ek sê vir Petrus: “Gaan daar na die riempiemaker, koop drie sterk rieme van hom en bring hulle hier.” Dit het Petrus onmiddellik gedoen en bring vir My drie sterk rieme waarmee ek dadelik `n sterk sweep gevleg het. Met hierdie sweep in My regterhand sê Ek vir My leerlinge en almal wat saam met My was: “Volg My in die tempel in en wees My getuies, want God se Mag en Glansrykheid sal weer voor julle oë deur My geopenbaar word.”
[6] Toe het Ek voortgegaan na die tempel, en soos ek stap retireer almal wat in my pad staan, en almal wat My gevolg het, het `n vrye deurgang gehad, alhoewel die grond vol mis en vullis was.
[7] Toe ek in die laaste saal van die tempel inkom, waar die hoofhandelaars in beeste en skape hul diere aan die linkerkant te koop aangebied het, terwyl die geldwisselaars al drie sale aan die die regterkant beset het, neem Ek My posise op die hektrappe en praat met `n stem soos donderweer: “Dit is geskrywe, My huis sal `n huis van gebed wees, maar julle verander dit in `n rowerspelonk. Wie het vir julle die reg gegee om God se tempel so te skend?”
[8] Maar hulle skree: “Ons het ons reg teen `n hoë tarief van die hoëpriester gekoop en is onder sy beskerming en die van Rome.”
[9] Ek sê: “Julle is inderdaad onder hulle beskerming, maar God se Arm is teen julle en julle beskermers. Wie sal julle beskerm van Hom as Sy Arm uitgestrek is oor julle en julle beskermers?”
[10] Sê die handelaars en geldwisselaars: “God wandel in die tempel en die priesters is van God. Kan hulle teen Sy wil gaan? Hy wat deur hulle beskerm word, word ook deur God beskerm.”
[11] Ek sê in `n baie harde stem: “Wat sê julle, julle dwase bedrywers? Alhoewel die priesters nog steeds op die stoel van Moses en Aäron sit, dien hulle nie meer vir God nie, maar hulle dien vir Mammon, die Duiwel, en hulle reg en julle reg is `n reg van die duiwels en kan nooit `n reg van God wees nie. Daarom, op julle voete en ontruim onmiddellik die sale, of anders sal dinge sleg gaan met julle.”
[12] Hulle begin te lag en sê: “Kyk net die astrantheid van hierdie junior Násarener. –Gooi Hom onmiddellik uit die tempel.” Toe staan hulle op en wil my beetkry.
[13] Hierop lig Ek My regterarm met die toutjiesweep en begin om daarmee met die Mag van God oor hulle koppe te swaai. Elkeen wat deur die sweep geslaan is, is onmiddellik aangegryp deur die felste, amper ondraaglikste pyne. Dit het ook gegeld vir die beeste. Daar het onmiddellik `n verskriklike gebulk van beide mens en dier opgegaan, en wat ookal in hulle pad gekom het, is platgetrap. Ook die handelaars en die kopers het met verskriklike geskreeu van pyn gevlug. Maar Ek het die geld-wisselaars se stalletjies omgegooi, al die geld wat dit bevat het, uitgegooi, en die leerlinge het My met hierdie werk gehelp.

16 En vir die duiweverkopers het Hy gesê: Neem daardie dinge hier weg; moenie die Huis van My VADER `n handelshuis maak nie.

[14] Toe gaan ek die tempel binne waar baie handelaars in duiwe nog gesit het met hulle hokke vol allerhande soorte duiwe en waar hulle vir kopers gewag het. Aangesien hierdie handelaars gewoonlik arm mense was en nie gierig vir profyt was nie, en omdat die verkoop van duiwe in die tempel `n ou gebruik was, alhoewel in die verlede slegs in die eerste saal van die tempel, het Ek slegs hierdie arm mense gewaarsku en gesê: “Die plek hiervoor is in die buitehof.”— Dus was die tempel nou gesuiwer.
17 En Sy leerlinge het onthou dat daar geskrywe is: Die ywer vir U Huis het My verteer.
[15] Hierdie daad het `n sensasie veroorsaak en die leerlinge het heimlik gevrees dat die priesterdom ons binnekort sou laat vang deur die Romeinse wagte as rebelle en ons sou die mees vernederende verantwoording en straf nie vrykom nie. Want dit is geskrywe: “Die ywer vir U huis het My verteer.”
[16] Maar Ek sê vir hulle: “Moenie bekommerd wees nie. Kyk in die sale in en julle sal opmerk hoe die dienaars en die priesters gretiglik besig is om die geldwisselaars se verstrooide geld op te tel en om hulle eie geldsakke daarmee vol te maak. Weens die wat geld verloor het, sal hulle ons ondervra deur wie se gesag ons hierdie ding gedoen het, maar heimlik gee hulle glad nie om nie, want hierdie daad het hulle omtrent 1,000 sikkels goud en silwer ingebring en `n groot bedrag ander geld wat hulle nooit aan hul eienaars sal teruggee nie. Tans is hulle te besig en het geen tyd om ons tot verantwoording te roep nie. Benewens, hulle sal nie maklik klagtes in hierdie verband aanhoor nie, net soos die wat die verliese gely het, hulle lesse geleer het en is dit onwaarskynlik dat `n saak teen My ingebring sal word. Daarom, wees gerus.”
[17] Die ywer van My huis sal My inderdaad verteer, maar die tyd het nog nie gekom nie. Op die meeste sal van die Judeërs my wil vra wie Ek is en in wie se outoriteit ek so `n ding gedoen het en sal My vir `n teken van outoriteit vra. Maar Ek weet dat dinge op hierdie manier sal moet gebeur, en daar sal geen gevaar wees vir ons nie. Kyk in die rigting van die gordyn. Van hulle wat My in hul eie belang wil ondervra, staan alreeds daar, en hulle sal die regte antwoord sonder versuim kry.”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205