Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 205

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Oor die wese van die liefde

205 Agab sê: “Dit is `n groot en diepe waarheid; maar tog sou ek daaraan wou toevoeg dat in ieder geval van die mens `n belangelose liefde nie moontlik is nie; want omdat ek veral oor die liefde baie nagedink het, het dit my opgeval dat, ook al is die liefde nog so suiwer, dit tog altyd min of meer op roof uit is.

[2] Kyk, ek het U beslis so lief as wat `n mens U maar kan liefhê; ja, as dit moontlik was dan sou ek U uit pure liefde geheel-en-al in my liggaam wil opneem - en wel in my hart!

[3] Maar dan vra ek myself af of ek dit vir iemand anders, teenoor wie ek heel onverskillig staan, ook kan voel? - Waarom nie? Waarom voel ek dit dan wel jeens U?! - Die antwoord hierop lê in die vraag opgesluit.

[4] Ek weet wie U is en waartoe U in staat is, en weet nou ook wat ek deur U en deur die navolg van U leer kan bereik - en dit is dan ook die onbetwisbare rede vir my vurige liefde vir U. Want as U nie die Een was wat U is nie, dan sou my liefde vir U ook aanmerklik geringer gewees het. Ek het in U en vir U dus `n oorweldigende belang en daarom verlang ek na U en het ek U lief!

[5] Ek wil nie beweer dat ek U liefhet vanweë `n besondere voordeel nie - want ek laat alles in die wêreld ter wille van die liefde vir U in die steek - maar tog is my liefde hier op `n spesiale manier op roof uit, want dit gryp na U omdat U vir die liefde meer werd is as die hele wêreld!

 

[6] Die gerigtheid van die liefde word altyd bepaal deur diegene waarvan sy die meeste verwag, sy dit materieel of geestelik. Die koopman wat pêrels soek, verkoop alles en koop die groot pêrel wat hy gevind het. Waarom dan? Omdat dit veel meer werd is as alles wat hy voorheen besit het! En dit is weliswaar `n edel belang, maar dit is en bly tog `n belang en sekerlik is daar by die mens daarsonder geen liefde nie! En wie my iets wys wil maak oor `n belangelose liefde, wat miskien hoogstens in God kan voorkom, aan so iemand sê ek: “Vriend, jy mag baie wys wees, maar oor die onderwerp van die liefde het jy nog nooit diep nagedink nie!”

[7] Ja, die goddelike ware liefde onderskei dit baie duidelik van die liefde van die hel, deurdat die goddelike liefde weliswaar ook iets neem, netsoos dié van die hel, maar dit gee alles weer terug! Dit versamel slegs om dit weer terug te kan gee, terwyl die helse liefde slegs maar vir homself neem en niks terug wil gee nie.

[8] As ons egter die hemelse liefde ons eie maak, dan weet ons dat ons daarmee nooit `n verlies of skade kan ly nie, maar slegs in al die opsigte steeds meer te wen het namate ons meer gee.

 

[9] Dan lyk ons soos `n gat wat in die grond gegrawe word; hoe meer grond dit verloor, des te groter word die ruimte vir die opname van lig en die hemelse lug. Heer, volgens my het ek gelyk; wat sê U oneindig hoëre wysheid daarvan?”

[10] Ek sê: “Net maar dat jy volkome gelyk het; want as die liefde niks neem nie, hoe dan ookal, dan was dit geen liefde nie; want al die liefde begeer en wil hê.

[11] Maar die doel van hierdie wil veroorsaak `n eindelose kloof wat die hemele en die hel vir ewig van mekaar skei!

 

[12] Nou bring Baram se mense egter al die ontbyt; daarom wil ons, nadat ons ure lank vir die gees gesorg het, ook `n paar oomblikke aandag gee aan die hongerige liggaam.”

[13] Baram bring vir My op `n goue bord `n duur en uiters goed voorbereide vis, en `n beker vol wyn, en vra My om hom die barmhartigheid waardig te ag om van hom, en uit sy hand die ontbyt te ontvang.

[14] En Ek sê aan hom: “Die daad sal nie onbeloon bly nie, want jy doen al die moeite uit groot liefde vir My, en uit `n ewe groot liefde vir broer Kisjonah, met wie jy medelye het omdat jy by jouself gedink het dat broer Kisjonah deur die loop van verskeie dae tog wel swaar moes kry om enige honderde gaste van al die nodige te voorsien.

 

[15] Ek sê vir jou: Kisjonah het nog nie `n probleem nie, want in tien jaar sal ons sy voorraad nog nie alles opgebruik het nie. Maar omdat jy in jou hart gedink het dat Kisjonah uiteindelik sonder voorraad sou sit, en jy hom daarom van baie ver af te hulp gekom het, sal jou loon ook net so groot wees as wanneer jy dit vir `n arm mens gedoen het. Want God kyk net maar na die hart van die gewer.

[16] Maar kom sit en eet hier by My en broer Kisjonah van één bord af; want die vis is so groot dat drie mense daar meer as genoeg van kan kry!” - Baram doen dit, en so ook Kisjonah.

[17] En so begin die ontbyt na volle sonop en duur ongeveer twee uur; want die maaltyd was met die vis nog lank nie beëindig nie – ná die vis volg nog talle versnaperings.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205