Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 217

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die satan kan net op die ontvanklikheid van die siel inwerk, maar nie op haar wil nie

217 Philopold kom met enkele Grieke na My toe en sê: “Heer, ons het aan U vereistes voldoen vir sover dit in die korte tydsbestek moontlik was; maar die kleinere besonderhede wat nog nodig is, sal nie vergeet word nie. Met my huis en met my familie is dit in soverre in orde dat ek ongehinderd een, twee of drie jaar met U mee kan gaan, solank ek maar so nou en dan aan my familie laat weet waar ek is en wat U doen. Want almal in my huis glo nou in U en hoop op U Naam. As U daartoe instem, o Heer, wil U my dan asseblief so sê; het U egter nog wense, gee U dit ons dan ook te kenne!”

[2] Ek antwoord: “Vir eers het julle alles gedoen wat regverdig is vir God en vir al die mense wat reg voel en dink; maar pasop daarvoor dat die satan julle nie deur allerlei valstrikke mislei en dat julle daardeur later in allerlei twiste en rusies verval nie, waardeur daar dan maklik `n toestand kan ontstaan wat nog veel erger sou wees as dié waaruit Ek julle nou bevry het!

[3] Want die bose gees rus nooit nie, nie oordag nie en ook nie snags nie, hy loop rond soos `n hongerige leeu en sy rasende honger maak dat hy alles aanval wat waar ookal enigsins binne sy bereik kom.

[4] As hy sigbaar sou wees, dan sou sommige dapperes die stryd met hom aanknoop, - maar dan sou ook nog verskeie mense die onderspit delf net soos nou terwyl hy onsigbaar is; want hy kan sy gestalte so verander dat hy so mooi is soos `n skitterende engel, of tot die gruwelikste vorm van `n vuurspuwende draak. Wie sou dit waag om hom in daardie vorm aan te val? Want hy sou deur sy skoonheid of deur sy afskuwelikheid enigeen en almal laat verstyf van skrik, oorwinnaar oor duisendmaal duisende word; maar omdat hy homself aan niemand kan en mag vertoon nie, en elke mens sy slegte influisteringe maklik herken, omdat dit die siel altyd hardvogtig, onkuis, owerspelig, selfsugtig, heerssugtig, meinedig, gierig, onbarmhartig, onverskillig vir al die ware en goddelike, gevoelloos teenoor armes en lydendes en begerig na al die genot van die wêreld maak, kan hy die slegte pogings van die satan ook altyd die hoof bied, omdat die satan net op die ontvanklikheid van die siel kan inwerk, maar nooit haar wil kan beïnvloed nie.

[5] Ek het julle nou dan ook die kenmerke genoem waaraan jy, as jou siel daardeur besluip word, maklik kan herken wat vir `n gees homself in jou nabyheid bevind en wat sy bedoeling met jou is.

[6] As julle so iets by julleself opmerk, dink dan aan My leer en My woorde; verhef jou siel en doen juis die teendeel van dít waarna jy hunker, dan word jy meester van die bose gees! En as julle hom op al die genoemde punte oorwin het, dan sal hy jou daarna volledig met rus laat en jy sal nie meer met hom hoef te veg nie. Maar as jy jou op een of ander punt laat vang of ook maar net `n bietjie ligsinnig aan iets toegee, dan raak jy hom tot aan jou aardse lewenseinde nie maklik weer kwyt nie.

[7] Let dus baie noukeurig op al die punte wat Ek jou nou genoem het! Want as die bose dit in `n bepaalde siel eenmaal sover gebring het - wat regtig nie soveel moeite vir hom is nie - dat die siel op die een of ander van die genoemde punte uit eie wil toegee, waaruit dan natuurlik `n sonde ontstaan, dan verg dit baie stryd om die skade aan die siel weer volkome te herstel.

[8] Maar wie die vaste wil het en self soveel doen as wat hy maar kan, en in die gees sy swakheid in My hande gee, dié sal dan ook maklik `n algehele oorwinning oor die satan behaal; maar, dink daar goed aan, slegs as hy met `n lewende geloof My Naam aanroep.

[9] Nou weet julle alles wat julle moet weet; julle ken die egte en alleen ware, lewende God en julle ken nou Sy wil.

[10] Ek sê vir julle: die Vader in die hemele het julle alles gegee wat julle nodig het; nou kom dit vir julle daarop aan hoe pligsgetrou julle dit sal gebruik vir die ware en ewige welsyn van julle lewens.

[11] Van julle eie doen en late sal dit afhang en julle woorde en dade sal julle regter wees!”

[12] “Philopold, bly jy nog drie dae hier en probeer alles in orde te kry; kom daarna na Kis, waar jy My sal aantref.”

[13] Philopold beloof om dit te doen; daarop seën Ek die plekkie en ons gaan weer na Kis terug.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205