Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 211

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Genesingswonder te Kana in die dal. Lewensreëls en sosiale raadgewinge

211 Toe die siekes, sommiges begelei, sommiges moeisaam op muile sittend en sommiges siekbedlêend en deur mense aangedra, in `n halwe kring om My heen opgestel is, kom die oudstes van die plek na My toe en vra My:

[2] “Heer! U wat ons skulde aan die magtige en baie ryk Kisjonah betaal het - `n daad waarvoor ons u nooit genoeg kan dank nie, genees ook as U kan hierdie arme mense, sodat hulle hulleself saam met ons algeheel kan verheug oor die groot weldaad wat U ons bewys het.”

[3] Ek sê: “Ja, Ek het julle daartoe aangemoedig en Ek kan en sal My belofte ook nakom; maar vooraf vra Ek julle of julle dit kan of wil glo? Julle geloof sal julle sekerlik baie help!”

[4] Die oudstes sê daarop: “Heer, ons meen dat U dit kan doen en daarom vertrou ons omtrent blindelings daarop dat U ons siekes sal genees deur U, aan ons nog onbekende, wonderlike geneesmiddele!”

[5] “Maar”, sê Ek, “hoe dan, as Ek geen spesiale geneesmiddele by My het nie, geen heilsame olie of sap of een van die ander gebruiklike middele vir die genees van verskillende siektes? Hoe dink julle dan dat ek die siekes sal genees?”

[6] Die oudstes sê: “Heer! Hoe sou ons dit nou moet weet? Want ons het beslis van enige ander saak meer kennis as van die geneeskunde. In hierdie plek het ons wel `n arts, maar arts is hy eintlik nie, want hy het die mense slegs maar onder die grond in gehelp! As ons dus net soveel weet as ons dokter, dan sou ons oor U manier om al die siekes sonder die gebruik van geneesmiddele te genees ook niks kan sê nie; vandaar dat ons onmoontlik kan weet hoe U op `n natuurlike manier in staat sou wees om die siekes sonder geneesmiddele te genees!

[7] Miskien beskik U wel oor bonatuurlike middele, maar dit kan ons nie weet nie; of miskien is U `n leerling van die beroemde wonderdokter uit Násaret, genaamd Jesus? Dan sou U natuurlik op dié manier wel kan genees!

[8] Dit is net `n ewige jammerte dat, soos ons gehoor het, die fariseërs in Jerusalem Herodes die vuur so na aan die skene gelê het dat hy ten lange laaste toegestem het om die baie beroemde geneser gevange te neem en in `n kerker te gooi! O, dit is `n groot teenslag vir die arme, lydende mensdom!

[9] Tog is dit nog `n geluk dat Hy, na wat die mense sê, verskeie leerlinge in Sy kuns onderrig het! `n Leerling word wel selde so goed as sy meester; maar met die nodige ywer kan hy tog wel iets van sy meester geleer het. En dit is dan tog altyd nog iets baie belangriks, waarvan ons `n sterk vermoede het dat dit by U aanwesig is en daarom glo ons dat U - maar wat gaan nou aan?! Terwyl ons al die moeite doen om aan te toon dat ons ons geloof baseer op die feit dat u `n leerling van Jesus is, staan ineens al die siekes op! Die blindes sien, die lammes loop, die stommes praat, die melaatses is rein! En daar was enkeles by met cholera, en wat aan tering ly, en hulle is gesond! Ag, so iets is tog vanaf die ontstaan van die wêreld nog nooit gesien nie! In die naam van die groot, almagtige God, hoe het dit gebeur? Het U hulle almal genees? Of het daar miskien `n engel in hierdie dal neergedaal, en het hy die siekes almal onsigbaar aangeraak en so genees? Hoe - hoe het dit nou tog gebeur?

[10] U het nie eens na die siekes gekyk nie en U was slegs maar met ons besig, en al die siekes is nou gesond! O, sê ons tog hoe dit gebeur het!”

[11] Ek sê: “Waarom is die manier “waarop” nou so belangrik, as die siekes maar deur My wil en My innerlike woord, waaraan alles ondergeskik is, volledig gesond geword het, want daaraan kan julle tog sekerlik nie meer twyfel nie! Hierdie daad geskied egter nie soseer ter wille van die siekes nie, maar veeleer vir julle. Liggaamlik is julle wel heeltemal gesond, maar wat julle siel betref is julle sieker as wat hulle liggame aanbetref!

[12] Ek sou egter baie bly wees as Ek julle siel ook so kon genees as wat Ek die liggaamlik siekes genees het! Maar dit gaan nie so maklik nie, omdat elke siel sy eie geneesheer moet wees.

[13] Maar vantevore het Ek julle die geestelike medisyne al gegee; gebruik dit, dan sal julle in julle siel gesond word en daardeur sal julle julleself omvorm tot ware kinders van God.

[14] Die woord wat Ek tot julle gespreek het, moet sonder die geringste toevoeging en sonder die minste weglating daadwerklik in ag geneem word. En julle paar Judeërs in hierdie plek moet in julle hart volmaakte Judeërs wees; en julle Grieke moet ware Judeërs word, sodat vrede en eenheid onder julle kan heers.

[15] Dus moet julle Grieke met jul sluwe woekergees die tog alreeds arm Judeërs nie meer genoodsaak om geld teen rente te leen om aan julle onregverdige invorderingseise te kan voldoen nie.

[16] Julle het die aarde met haar veelvuldige skatte tog nie geskape nie, sodat julle kan optree asof sy julle eiendom is?!

[17] Waarom eis julle dan van die Judeërs `n pagsom, terwyl God tog die land aan die Judeërs gegee het en slegs hulle dus die reg sou gehad het om van julle pag te vra? Julle is vreemdelinge in hierdie land van die Judeërs wat, meer so as julle, kinders van God is, en tog vra julle pag vir die akkers, weiding en bosse, wat sedert Abraham eiendom van die Judeërs is! Vra julleself eers af of dit wel regverdig kan wees vir God en al die regverdige mense!

[18] Daarom waarsku Ek julle vir die toekoms baie ernstig teen sulke skreeuende onregverdighede, omdat dit vir julle anders sleg daaraan sou toegaan!

[19] Gee die baie onregmatig in besit genome goedere en eiendom gratis aan die Judeërs terug en sien julleself in die land van die Judeërs vir dit wat julle is, naamlik vreemdelinge, dan sal julle `n geseënde aandeel in alles hê wat die Judeërs nou volgens die belofte letterlik sal ontvang; want anders sal julle deel hê aan die vloek van duisende en die gevolge daarvan!

[20] Dink nog maar eers goed daaroor na en dan sal julle sien dat die Judeërs in julle oë enkel en alleen maar lasdiere is!

[21] Julle het die Judeërs wel die politieke eiendomsreg laat behou en `n Judeër kan altyd nog sê: “Hierdie grond is my grond!”; maar julle kom hiernatoe met julle aanloklike koopware, en daarmee het julle van die mooie dogters en vrouens van die Judeërs ydele, pronksugtige dames gemaak, en van die blinde Judeërs gekke gemaak omdat hulle hul vrouens en dogters mooier vind met die Griekse optooisels as in die Judese ingetoë, eenvoudige klere! Daarvoor kry julle die vruggebruik van hulle akkers, tuine, weiding en bosse; en omdat hulle tog ook vir hulle eie lewensbehoeftes vrugte van hulle akkers wil oes, moet hulle duur as onderpagter vir die gebruik betaal en van die oes ook nog `n tiende afgee! Bowendien laat julle hulle, as die eintlike besitters, al die belastings en ander laste dra!

[22] Ek sê vir julle: hierdie onreg skrei ten hemele en roep om straf van bo! Laat dus toe dat Ek julle teregwys, anders gaan julle die heel hardste tugroede van Bo nie ontkom nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205