Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 123

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die getuienis van Johannes die Doper. Die gelykenis van die bruidegom, die bruilofsgaste en die bruid

123 Na hierdie gesprek eet die leerlinge van Johannes weer verder en ons doen dieselfde. Slegs `n paar fariseërs vas streng en wil tot met sononder niks eet nie; want hulle kon hier by die Grieke geen ongesuurde brood kry nie en daarom vas hulle, terwyl die meerderheid van hulle kollegas en die skrifgeleerdes dit vir hulle heel goed laat smaak.

[2] `n Rukkie later, toe die wyn die leerlinge van Johannes ietwat spraaksamer en moediger gemaak het, gaan daar een van hulle staan en wil van My weet waarom hulle as leerlinge van Johannes so veel en streng moet vas en waarom Ek en My leerlinge dit nie doen nie en hy vra My: Majesteit en Heer! Waarom vas ons en ook die fariseërs nou so baie, terwyl U leerlinge nie vas nie.

[3] En Ek sê aan hom: “Vriend, jy was by Johannes toe die manne hom die berig van My oorgebring het dat Ek die mense doop en dat baie My volg. Sê hier nou hardop voor almal: Wat antwoord Johannes?” Die leerling van Johannes sê: “Toe praat en antwoord Johannes: “`n Mens kan niks neem nie, tensy dit hom deur die hemele gegee word. Julle is my getuies dat ek gesê het dat ek nie die Messias is nie, maar slegs voor Hom uitgestuur is. Wie die bruid het, hy is die bruidegom; die vriend van die bruidegom hoor hom aan en verheug hom oor die stem van die bruidegom! Daardie vreugde is nou myne! Hy moet groter word, ek moet egter kleiner word! Dit wat van bowe neerdaal, is bo almal; wie van hierdie aarde is, is slegs van hierdie aarde en praat oor niks anders as oor hierdie aarde nie. Slegs Hy wat van die hemele kom, is bowe almal!”

[4] En Johannes het toe opgehou en noem op wat hy alles gesien het en hoe hy van Hom getuig het, maar betreur ten slotte diep sugtend dat sy getuienis, wat so waarheidsgetrou was, deur niemand aanvaar sal word nie. Wie dit egter tog sou aanvaar, raai hy aan om vanweë die gevare van die wêreld die groot waaragtigheid van God verseëld in homself te bewaar.

[5] Ook al weet hy dat die Een wat ongetwyfeld slegs deur God gestuur is, slegs die suiwere woord van God sal spreek, en hy dit dan nog waag om aan die wêreld toe te gee, omdat hy die slegte wêreld wat die vyand van God is, méér as God vrees vanweë sy ellendige liggaam wat ook wêrelds is en hom na die wêreld rig! Watter sin het dit egter as `n mens in jouself God se maatstawwe ken, maar die wêreldse maatstawwe nie kan loslaat nie?! God gee egter nie Sy gees aan iemand volgens die maatstawwe van hierdie wêreld nie en daarom is diegene verwerp wat God se Gees wel herken het, maar desondanks aan die wêreldse vassit en die Ewige Lewe nie in homself het nie!

[6] “Maar”, gaan Johannes verder, “wie in die Seun glo, is vervul met die Ewige Lewe; want die Seun Self is die lewe van die Vader! Wie egter nie in die Seun glo nie, het ook die Ewige Lewe nie en die ou toorn van God bly sy deel!”

[7] Kyk, dit het Johannes toe gesê; maar tot op hierdie uur was daar niemand van ons wat in staat was om die betekenis van sy woorde heeltemal te verstaan nie. Ons verstaan wel dat hy U bedoel het; maar hoe kan ons die samehang van dit alles ten volle insien en begryp?”

[8] Ek sê: “As julle dit nou van Johannes oor My gehoor het, dan moet julle tog weet dat Ek die bruidegom is wat Johannes bedoel het! Maar as Ek die bedoelde bruidegom is, dan is al die mense rondom My heen tog My bruilofsgaste?”

[9] Die leerling van Johannes sê: “Maar waar is dan die mooie hemelse bruid? Sonder bruid kan U tog geen bruidegom wees nie?”

[10] Ek sê: “Hierdie bruilofsgaste van My is tegelykertyd ook My bruid. Want hulle wat My woord hoor, dit in hulle hart bewaar en daarvolgens lewe, is werklik My bruid, netsoos hulle ook My bruilofsgaste is. En hoe is dit moontlik dat die bruilofsgaste bedroef kan wees solank die bruidegom by hulle is? Maar as die tyd daar is dat die bruidegom van hulle weggeneem word, dan sal hulle ook vas” (Matthéüs. 9: 15)

[11] Oor hierdie antwoord is die leerlinge van Johannes baie verwonderd en ook `n bietjie vies; want hulle dag, omdat Ek dit aan hulle sê met `n ligte glimlag op My gesig, dat Ek hulle `n bietjie terg. En die een leerling van Johannes sê dan ook `n bietjie venynig: “Merkwaardig! God se gees spreek deur Johannes en hierdie Gees sou haarself deur U in nog sterkere mate moet manifesteer omdat Johannes se getuienis op U betrekking gehad het! Maar dit is vreemd dat dieselfde goddelike gees deur Moses, al die profete en ten slotte deur Johannes steeds op dieselfde manier die armsalige mense van hierdie aarde oproep tot `n streng boetvaardige lewe, waaraan `n mens homself streng moet onderhou, terwyl U in U dade die algehele teendeel daarvan skyn te wees en te onderrig! Volgens Moses was iemand al onrein sodra hy die huis van `n sondaar betree het en moet hy homself dan reinig; ook as iemand op die sabbat met `n maagd omgang het of op `n ander dag met `n vrou wat menstrueer, moet hy homself laat reinig, en so was daar nog vele ander streng voorskrifte. U en U leerlinge skyn egter in geheel geen rekening te hou met die sabbat en ook nie met die rein hou van die persoon nie! Hoe so - is U leer dan goddelik, soos die leer van die profete?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205