Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 100

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die seën van die Romeinse bewind vir die Judese volk

100 STAHAR sê: “Soos dit vir ons lyk, glo jy dus verseker aan sy Goddelikheid?!”

[2] FLORAN antwoord: “Wat sou my daarvan moet afbring? Het God in die tyd van Moses dalk geen groot tekens gedoen nie?! En as `n Mens hier, toegerus met die hoogste Wysheid, sulke ongekende tekens doen, waartoe slegs die goddelike Almag in staat is, - wat moet my dan daarvan afhou om so `n Mens volledig van die absoluut ware Gees van God vervul te beskou, en Hom sonder meer as die enigste ware God te beskou?! My sienswyse, my aanname en my daarop geboude geloof staan stewiger as die ondenkbaar ou piramides van Egipte!

[3] Ek glo nou egter nie maar net dat dit so en nie anders is nie, maar ek is tot in die diepste van my hart daarvan oortuig, en niks kan hierdie intense oortuiging van my meer aan die wankel bring nie, en jy, Stahar wat met alle winde saamwaai, wel die minste!

[4] Wat dit betref, kan ek ook met die beste gewete van die wêreld met die Romeinse helde uitroep: Si totus illabatur orbis, impavidum ferient ruinae! (Ook al stort die hele wêreld in, die puin sal tog die onverskrokkene dra ) Want ek weet wat ek sê en wat ek glo, ek is geen windwyser en geen rietstingel in `n vywer vol modder en moerassigheid nie. Wel het ek `n marmer rots in die see geword, waarteen orkane en die golwe van die branding geheel en al te pletter moet slaan?”

[5] STAHAR sê: “Ook die godsoordeel van die tempel in Jerusalem?"

[6] FLORAN sê: “Wie hierdie Majesteit en Heer en die gebieders van Rome as skild het, het geen vrees vir die sogenaamde godsoordeel nie, wat God nooit ingestel het nie. Werklik, Jerusalem se grootste dreigemente kan nie die minste vrees by my inboesem nie, - ook alle donderende vervloekings van die hoëpriester sou, sonder om `n spoor agter te laat, by my ore verbygaan! Want wie oordag wandel, het na my mening nie die verskrikkings van die nag te vrees nie, en so het ook ek geen vrees vir die tempel in Jerusalem nie!

[7] As mens hierdie sonhelder leer vergelyk met die al te bekende leerstellings van die tempel, dan sien mens immers met die eerste oogopslag dat die klaarligte dag van die Gees in hierdie leer heers, en in die tempel die donkerste nag van die gees. Ja, diegene wat nog toebehoort aan die nag sal nog baie te vrese hê, by name die dood van hulle siele; ek het hoogstens die dood van my liggaam te verwag, wat eintlik heeltemal geen dood is nie!

[8] Van die ewige lewe van my siel kan niemand my egter meer afkwansel nie; want ek sien en voel dit al baie lewend in my, en ek voel ook die ewig onmeetlike voordele van so `n lewe. En as ek gevolglik nie die minste vrees vir die afval van my liggaam in myself voel nie, hoe sou ek dan enige vrees vir die sogenaamde godsoordeel van die tempel in my voel?! Daarom sê ek en bly ek ook sekerlik daarby: Wie oordag wandel, hoef nie bang te wees vir die verskrikkings van die nag nie!"

[9] STAHAR sê met `n gewigtige, tipies tempels diep ernstige gesig: “Waarom en hoe kan jy die plek waar die Skrif en die Woord van God aan die volk geleer word, nag noem??”

[10] FLORAN sê: “Die Skrif wat ons beide as - laat ons sê -skrifgeleerdes ewemin verstaan as iemand wat dit nog nooit te siene gekry het nie, en die sogenaamde woord van God wat slegs uit banale menslike belange opgestel is, ken ek maar al te goed. Sê geen woord “daarom ook al stort die hele wêreld in, die puin sal tog die onverskrokkene dra!” aan my meer oor nie! Watter wonderwerke het ons dan ooit deur middel van die sogenaamde almagtige woord van God verrig? Wat kan ons verder dalk met `n goeie gewete van onsself sê, behalwe dat ons met die vrywillige, deur ons opgelegde, en deur middel van geweld afgeperste offers ons sakke en skatkiste gevul het, en met alle moontlike middele, waarvan ook die slegste nie te sleg bevind was nie, probeer het om elke vonkie beter lig uit te doof nie?

[11] Is dit nie `n ten hemel skreiende skande dat ons, as die ou volk van God, ons deur die heidene wyse wette en staatkundige norme moes laat voorskryf nie? En as hulle nie gekom het om by ons `n enigsins meer menslike en beter regsorg in te voer nie, dan sou ons volk nou in so `n chaos verkeer het dat daar onder die wildste diere geen erger wanorde moontlik sou wees nie.

[12] Wat was ons reg nou voordat die Romeine hier was? Niks anders as die blindste willekeur van elkeen wat hom enige mag op watter manier dan ookal toegeëien het!

[13] So het `n ryk man byvoorbeeld gister `n gebod opgelê; maar vandag betreur hy dit, omdat, volgens sy mening, die gebod hom geen egte voordeel opgelewer het nie. Daarom word hy kwaad, bestraf eers sy raadsman, en daarna almal wat die wet van gister in ag geneem het; want hulle moes na hom toe gekom het, hulle voor die wetgewer in die stof gewerp het en hom daarop moes wys dat die gegewe wet meer in hul voordeel was as in syne! Maar wie teen hierdie maghebber sou gesê het: “Luister, magtige en wyse gebieder, die gegewe wet moet nie in werking gestel word nie! As dit opgevolg word, dan sal u en al u onderdane daardeur ten gronde gaan; want hierdie wet is afkomstig van `n verraderlike en arglistige raadsman, wat hiervoor seker omgekoop is deur een van u afgunstige bure!”, wat sou dan daar gebeur het? Hy, wat die wetgewer op die gebrek of hierdie fout van die wet gewys het, sou weens skaamtelose brutaliteit tot `n swaar straf veroordeel gewees het; die slegte raadsman sou ook gestraf word, en diegene, waarvan mens weet dat hulle hul aan die slegte wet gehou het, sou ook ter verantwoording geroep gewees het, en dit dikwels al voordat daar `n nuwe wet uitgevaardig was. Hoe geval so `n regstelsel julle?

[14] En voordat die Romeine hier was, het die groot land van die Judeërs `n groot aantal sulke klein maghebbers gehad, wat sonder uitsondering almal uitgesproke tiranne was vir hulle klein volkies, wat in die grootste materiële en geestelike nood verkeer het; dag in dag uit was hulle opgejaag, na gelang van die humeur en die willekeur van hul tiran, waar hulle teenoor niemand verantwoording moes aflê nie. Was die Romeine as heidene, hier dalk nie ware hemelse bodes nie, toe hulle hier aankom met `n magtige leër en met hierdie honderde gewetenlose klein tiranne afgereken het nie?! Hulle gee toe verstandige en blywende wette, waardeur elke mens volgens goeie orde meester oor sy eie besittings was; hy betaal sy matige belasting en kan dan ongehinderd sy sake reël na eie willekeur, natuurlik wel volgens die geldende reg.

[15] Dat die tempel geen vriend was en is van die Romeine nie, dit weet ons en die rede daarvoor is ook nie aan ons onbekend nie; want die magtige Romeine verlang ook van die tempel die belasting, terwyl die klein tiranne vóór die tyd aan die tempel tribuut betaal het, sodat die priesters die volk in onwetendheid kon gehou het, en steeds onvoorwaardelike gehoorsaamheid gepredik het.

[16] O, wanneer het mens hulle ooit hoor preek dat die Judeërs onvoorwaardelik gehoorsaamheid aan die Romeinse maghebbers moet betoon? `n Mens sê wel teenoor die volk dat die Romeine `n roede in God se hand is wat `n mens moet duld; maar die honderde afskuwelikste tiranne, wat die arme volk voortdurend erger as duiwels gekwel het, was geen roede van God nie, maar louter deur God aangestelde engele wat hulle op hulle plekke moes hou. Wie teen hulle in opstand gekom het, was baie spoedig tot vyand van JaHWeH verklaar, en is verdoem.

[17] O, dit was vir die tempel nou eers gelukkige tye, waarteen die Heer die arme mensdom voortaan vir altyd mag behoed! Die godsoordeel van die tempel is nog so `n klein, maar tog nie te onderskatte slegte oorblyfsel, waarvoor ek nou egter - alle lof slegs aan die Heer! - in die geheel geen vrees het nie; want ek behoort nou aan die Heer en aan Rome, en dit is voldoende om nooit meer te hoef te sidder vir die dreigemente van die tempel nie! - Is jy tevrede met hierdie verklaring?"