Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 97

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die vrye wil van die mens: Die hulp van die Goddelike barmhartigheid

97 RAFAEL: “Ek sê vir jou: Elke mens word eers deur homself sleg en ontrou teen die goddelike orde! Dit word wel meestal voorafgegaan deur `n totaal verkeerde opvoeding, waardeur hy in allerlei slegte neigings tereg kom en vervolgens in allerlei ware sonde. Daardeur laat hy dan egter ook sy deure oop vir alle slegte vreemde invloede, en kan op hierdie manier tot op die bodem van sy sielslewe bederf word en ook bly, maar altyd maar net, omdat hy dit so wil.

[2] Wil hy homself verander, dan is daar vir hom, van die kant van die Heer af, niks wat in die weg staan nie; want iemand wat in die noute sit, hoef maar die geringste begeerte in homself te uiter, en aan hom sal spoedig hulp aangebied word. Maar as hy in sy slegtigheid heel aangenaam en tevrede voel, en nooit `n begeerte tot verbetering vanuit en in homself wil laat hoor nie, dan word sy wil natuurlik nooit spesiaal beïnvloed nie.

[3] Wel word dit in die gevoelsentrum van sy hart, wat `n mens “gewete” noem, ingefluister, en van tyd tot tyd kry hy stewige waarskuwings van ons af. As hy hom maar enigsins iets hiervan sal aantrek, sal daar van verlore gaan en bederf raak, geen sprake meer wees nie. Dan kom die verborge hulp onophoudelik van bo en verleen aan die siel steeds meer insig en krag om haarself meer en meer los te maak uit dit waarin sy verval het; dan is daar net `n goeie wil voor nodig en dan sal sy met rasse skredes vooruit gaan, - minstens tot op die punt waarop die mens, geskik vir `n hoër openbaring, deur God se Gees Self gegryp en verder in die ware lewenslig gelei word.

[4] Maar wanneer die mens, natuurlik in sy groot verblinding en sy op die wêreld gerigte sintuiglike roes, homself nie in die minste iets aantrek van die heel sagte en geruislose ligte waarskuwings wat van ons uitgaan nie, en dit in sy hart te kenne gee nie, - en as hy dadelik so optree asof hy heer en meester is oor die hele wêreld, - ja, dan is niemand anders tog verantwoordelik vir die onverbeterlike toestand van sy eie siel nie, as juis die hoogste eie siel self nie!

[5] Glo my en luister goed na wat ek nou vir jou gaan sê! Daar bestaan in die hele natuur- en geesteswêreld geen sogenaamde oerduiwels nie, maar slegs sulkes, wat al vroeër as onverbeterlike, slegte en sondige mense vroeër op hierdie wêreld geleef het, en toe al as die eintlike liggaamlike duiwels wat ander mense tot allerlei kwaad en skandelikhede, nie net verlei het nie, maar ook met al die dwangmiddels wat hul ten dienste staan, dwing, - waardeur hulle hulleself egter `n des te groter verdoeming in hulleself besorg, waarvan hulle hulleself moeilik ooit heeltemal van sal kan losmaak. Jy kan hier nou dink wat jy wil, maar dit sal vir jou nie moontlik wees om op watter manier ookal enige skuld by die Heer te lê nie.

[6] En dat daar dan ook aan die ander kant deur die Heer, sover dit ooreenstem met Sy orde, al die moontlike toegelaat word om `n verdorwe siel te genees, kan jy jouself goed voorstel; want die Heer het geen enkele siel vir die verderf, maar slegs vir die grootste moontlike lewensvervolmaking geskape. Maar wat jy ook moet onthou is dat geen enkele siel in die hele onmeetlike skep­pingsruimte deur direkte, geheel onvoorwaardelike erbarming tot vervolmaking van haar lewe kan kom nie, maar enkel en alleen deur haar eie wil! Die Heer laat vir die mens wel allerlei hulpmiddels saamspeel; maar dan is dit vir die mens om hierdie as sodanig te herken, dit met sy eie wil aan te pak en dit self heeltemal eiemagtig te gebruik!

[7] Ja, as `n mens vry en uit homself roep en in sy hart sê: “Heer, ek is te swak om myself met middele, wat deur U uitgereik is, te help; help U my met U Arm!”, wel, dan het hierdie persoon dieselfde hoër hulp verlang met sy eie wil en deur sy eie insig en gewaarwording van sy ontoereikende krag! Dan kan die Heer ook dadelik met alle noodsaaklike mag en krag Sy invloed aanwend en so `n swak siel oombliklik help.

[8] Maar die wil van die mens, asook sy insig en vertroue, moet dan geheel en al gepaard gaan met uiterste vasberadenheid. Want anders bly dit by die orde waarvolgens elke siel haarself moet help met die aangebode middele, omdat elke vreemde instroming in die huishouding van die eie wil noodsaaklikerwys tot gevolg sal hê dat daar onmiskenbaar aan die wese van die siel afbreuk gemaak word. Want as die siel haarself moet ontwikkel volgens die ewig noodsaaklike ordening van die Heer, dan moet sy haarself ook ontwikkel en voltooi met die uitgereikte middele, soos wat elke mens op aarde ook self voeding vir sy liggaam moet soek, herken en moet inneem, as hy sy aardse lewe in stand wil hou.

[9] Daar daal geen God en geen engel op die aarde neer wat orals sê: “Kyk, julle moet dit en dat eet as julle honger het!” nie, maar die honger kom en die mens proe met sy mond die vrugte wat orals groei, en wat hom aanstaan neem hy, en stil so op aangename wyse sy honger. As hy dors het, soek hy `n fris bron op; kry hy koud, dan sal hy spoedig uit allerlei fyn stowwe, wat sy vel nie prikkel en steek nie, desnoods `n omhulsel daaruit vleg en sy vel op die manier beskerm teen die koue van die lug. En as hy beskerming wil hê teen reën en wilde diere, sal hy ook vinnig `n hut gereed hê; want daarvoor is aan hom immers allerlei middele gebied. Waarheen hy ook maar sal gaan, sal hy dadelik `n aantal gawes vind wat hy as sodanig maklik sal kan herken, en met die daarvoor verleende kragte selfs maklik kan gebruik."