Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 87

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Oor sierade van goud en edelstene by heersers

87 DIE MEESTER: “ `n Dergelike eienskap en werking sou ook by ander voorwerpe bereik kan word as hulle tot `n buitengewone gladheid gebring kan word; omdat dit egter by ander voorwerpe vanweë hul te geringe hardheid nie goed te bereik is nie, kan hiervoor maar net thummim en urim gebruik word. Die ou Egiptenare het dit baie goed geweet en het beide steensoorte ook vir daardie doel gebruik. Die ou wyses en die Farao’s dra daarom steeds sulke klippe op hul bors en ook op hul hoof in `n goue diadeem. 

[2] Wie derhalwe in hierdie tye sulke klippe dra, word deur die volk steeds as `n patriarg en as `n wyse gesien. Sodoende het koninklike sierade in daardie tye `n egte en ware rede gehad. In hierdie tyd is hulle egter niks anders as `n ydele uithangborde van aardse rykdom en hoogmoed nie, asook van liefde vir prag en praal, selfsug en die bowenal verdoemenswaardige heerssug. Weliswaar is keisers, konings, vorste en generaals nog steeds met hierdie wysheidstekens getooi; maar waar is die ou ware rede?! Daarom het dit, wat by die oudstes een van die belangrikste deugde was, nou een van die belangrikste ondeugde geword!

[3] So was ook in die ou tye, die ‘heers’ `n belangrike deug; want ten eerste was daar in `n land immers nooit soveel waaragtig wyse en ervare mense voorhande nie, en diegene, aan wie mens die las van die algehele leiding van die volk opgedra is, het steeds `n onaangename posisie gehad en moes altyd die leraar en raadgewer van duisende wees!

[4] Niemand het geveg vir hierdie funksie nie. Die volk, oortuig van die noodsaaklikheid van `n wyse leier, het die mooiste woning vir hom gebou en het die vertrekke met allerlei edelstene versier, met goud, pêrels en kosbare skulpe, en hulle het hulle leier voorsien van alles wat hy maar nodig gehad het vir `n aangename lewe, en sy woord was vir die volk `n wet. Daarop is die groot aansien van die heersers van vandag nog gebaseer, - egter met die groot verskil:

[5] Toentertyd het die heerser geen wapens nodig gehad nie; sy woord was reeds alles in alles. Wat hy aangeraai en wat hy gewil het, was met verenigde kragte tot stand gebring, en dit alles met groot liefde en vreugde. Wie een of ander skat gevind het of `n besonder mooi kunswerk vervaardig het, het dit na die leier van die volk gebring. Want by die oudstes het die wyse gewoonte bestaan om as volg te oordeel: “Wat ook maar enigsins daarvoor kan dien om die wysheid van die leier te verhoog, moet aan hom gegee word; want die wysheid van die leier is die orde en die voorspoed van die volk!”

[6] Maar nou leef dit alles nie meer nie, en in die plek van die ou deugde het nou `n ware sonde van die sonde van die mensdom gekom. Waar is die patriarge? O Babel, jy groot wêreldhoer, jy het die aarde verpes! Maar daarom het Ek nou gekom om die mense van hul ou erflike kwaal te verlos, om `n vloek te lê op alle kosbaarhede van die aarde en om te seën die harte wat van goeie wil is.

[7] Van nou af aan sal My Woord die kosbaarste edelsteen wees vir die mens en My leer ware en suiwer goud. Elke mensehart wat vervul sal wees van suiwer liefde tot God en as gevolg daarvan tot sy naaste, sal `n ware en lewende paleis en `n tempel wees, en wie se hart die volste sal wees met liefde, die sal `n ware koning in My ryk wees! 

[8] Daarom: Geen klinkende metaal en geen geslypte diamant sal julle meer dien as kroon van die lewe nie, maar My Woord en die handel daarvolgens! Want van nou af aan mag geen enkele stukkie materie vir julle harte meer waarde hê as net My Woord en die vrye handel volgens My Woord vanuit die eie wil nie.

[9] Wel moet keisers en konings hulle buitendien tooi met die ou sierade; maar as hulle wys en magtig wil wees, dan moet hulle tog geen enkele waarde daaraan heg nie, maar slegs aan My Woord! Wie dit nie sal doen nie, sal dan ook spoedig deur talle vyande omring wees!

[10] Maar as iemand baie waarde heg aan edelstene en aan goud, dan moet hy dit doen op grond van die besondere, deur hul natuur bepaalde eienskappe, wat `n ware realiteit is, maar nooit op grond van die ingebeelde waarde wat `n leuen is nie!

[11] Wanneer `n vors sy woonvertrek heeltemal met suiwer en goed gepoleerde goud sou laat beklee, om daarin deur die inwerking van die meer suiwer natuurgeeste in `n profeties heldersiende toestand te raak om so, in sy swaar taak om die volk te lei, baie gewaar te word van wat hom andersins selfs die beste spioen nie sou kan vertel nie, dan sou hy goed daarmee doen; die goud stam uit die lig, en veral op die glansende oppervlak daarvan versamel altyd groot aantalle van die meer suiwer natuurgeeste. Dit is `n onmiskenbare eienskap van suiwer goud en slegs daarin lê ook die waarde van die metaal.

[12] En natuurlik moet so `n voorsiening dan gebaseer wees op suiwer kennis en insig, maar nooit net op hoorsê nie, dus heeltemal bygelowig nie; want die mens het sy verstand van God gekry om alles eers te ondersoek en die ware grond goed te leer ken, en dan eers die goeie en nuttige te behou met goeie bedoelings vir die besondere, asook vir die algemene. Wie dit doen, handel korrek en binne My orde, en sal deur geen enkele handeling op die verkeerde pad raak nie.

[13] Maar as iemand maar net op die basis van hoorsê en deur blinde geloof, wat eintlik bygeloof is, so `n voorsiening tref, en daarvan ook sou merk dat dit soms werk, maar nie weet waarom en op watter gebied hierdie werking volgens die natuur plaasvind nie, en tot waar dit haarself uitstrek en noodsaaklikergewys haar grense het nie, - dan sal so iemand, wat op grond van sy vroeë lewens­ontwikkeling, ook heel maklik die gevoeligheid vir dergelike subtiele invloede besit, maklik sy dwase, materiële fantasieë en voorstellings van allerlei aard as invloede van natuurgeeste beskou, en hom daardeur tot `n verskriklike valse profeet verhef en baie boosheid aanrig, veral as hy, as magtige vors, middele in die hande kan kry waarmee hy geweld kan aanrig; en dan is daar ook duisende duistere dwaalweë moontlik."