Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 128

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die geestelike betekenis van die twee gelykenisse

128 EK sê: 'My vriend, sien, die voëls het hul neste en die jakkalse hul gate; maar Ek, nou as Menseseun, het op hierdie aarde selfs nie eens `n klip wat Ek volgens wêreldse wette as My eiendom onder My hoof sou kon lê nie, laat staan `n aardse veld vol koring, wat nou maaiers nodig sou hê!

[2] Die 'akker' wat Ek bedoel, is hierdie wêreld, en die ryp 'koring' hierop, is die mense, en met die 'maaiers', bedoel Ek diegene wat Ek My leerlinge noem. Hulle moet die wêreld intrek en die mense bekeer, en almal op die regte weg bring en ook hulle wat op dwaalweë wandel en met drievoudige bedekte oë `n veilige anker soek, maar niks kon vind nie.

[3] 'Ryp' is hulle, omdat in hulle die strewe na `n hoër doel wakker en lewend geword het. Almal soek die lewende, met alle saligheid bekroonde rus, maar via dwaalweë, en hulle bereik derhalwe ondanks hul soeke niks anders as uiteindelik die dood van hul liggaam nie; en oor wat verder reik in die rigting van die ander kant, heers by een en ieder die donkerste nag.

[4] Solank die mens so `n behoefte nie in homself voel nie, maar as geheel en al as `n dier, onbekommerd wat betref sy lewensfeer in watter toestand dit ookal is, maar voortleef, en eet soos `n poliep op die seebodem, dan is daar in hom nog geen rypheid vir `n hoëre openbaring aanwesig nie; maar mense, wat na alles op soek is, soos wat daar nou selfs onder die heidene buitengewoon baie is op byna `n derde van die bewoonde aarde, wat ook vol begeerte na die besit van saligheid verlang, ook al is dit slegs gedroom, en wat dikwels begrawe is in allerlei hartstog, wat soos `n ryp 'gewas', ryp vir die sien van hoëre dinge is, vir die waarheid, dus vir My ryk; en daarom is daar baie maaiers nodig, leraars uit My skool, toegerus met alle liefde, geduld, sagmoedigheid, wysheid en krag.

[5] En sien, daar is nou nog maar weinig van hulle; behalwe julle is daar verder geen, behalwe die More wat hier was en hier vir hul stam die nodige lig kom haal het en daarmee in hul land ook goed sal werk! Daarom moet julle van nou af aan, omdat julle min is, nie hande gevou sit nie, maar sonder ophou werk, sodat die aantal maaiers op die groot lewensakker van My gewasse steeds groter sal word! Dit is dit wat Ek jou wou sê toe Ek so pas oor My akker gespreek het, oor die ryp vrug, en die maaiers wat te min is daarvoor.

[6] En wat die ou 'Libanon' met sy seders aanbetref, daarmee is die Skrif bedoel van Moses tot by hierdie tye. Dit bestaan nog wel, maar haar beelde het oud en voos geword soos wat die vroeër so glansryke seders was, waaruit die ou tempel in Jerusalem, veral van binne, gebou is, en van watter hout die al baie vroeëre wonderbaarlike Ark van die Verbond gebou was.

[7] Die 'seders' staan dus vir die woorde en wette in die Skrif. Vroeër, toe die seders op die Libanon nog jonk en kragtig was, het hulle die mense baie nut gebring, en `n rigter, Samuel, kon waaragtig bid onder hul takke. Maar die aardse winsbejag van die mense het die mooi Libanon byna heeltemal van sy seders ontneem, en op die plek van die ou en gesonde seders het maar al gou allerlei wilde struikgewasse begin groei, en selfs nog die ou oorblywende seders met hul talle voos geworde takke dien nou meer die ape as die mense tot beskutting en gerief, maar natuurlik maar net toevallig; want `n aap kan die waarde van `n seder nie ken nie, en hom dus ook nie waardeer en die doelmatigheid daarvan nie bepaal nie.

[8] En so vergaan die ou Skrif en die profete nou. Mense vereer die ou boek op `n altaar, aanbid dit skrikbarend dom en blind as `n godheid en bekommer hulle verder heeltemal nie oor die inhoud nie, en nog minder en nog seldsamer handel mens daarvolgens. Dan lyk so iemand (`n Fariseër) immers volkome soos `n aap, wat vrolik op die dik takke rondspring, en diegene wat hom wil verdrywe, gaan meteens dadelik daarlangs en jaag hom op die vlug, omdat die aap `n aap is en die kosbare boom wil gebruik vir `n heel ander doel as wat daar van nature in die boom te soek en te vind is.

[9] En daarom is die Skrif vir die mense niks meer as `n ou voos seder vir die ape nie, en op die hele Libanon woeker allerlei wilde en dikwels giftige struike nou. Hiermee word bedoel die, deur mense opgestelde verderflike en buitengewoon slegte voorskrifte, wat in die plek gekom het van die wette van God; en ook word hiermee bedoel die fyn en smaakvol witgekalkte grafte van die profete, wat van binne vol dood, verrotting en afskuwelike stank is, terwyl daar geen ag geslaan word op die lewende woord van die profete wat in boeke opgeteken is nie, in die sfeer waarin dit juis bedoel is. Mense aanbid die Skrif as `n heiligdom, en die hande van diegene wat as onwaardiges die boek aanraak, word tot bloedens toe met sout ingevrywe; maar dat mens die woorde van die profete ter harte neem en daarvolgens handel, o daarvan is nêrens `n spoor te ontdek nie! Wat is dan die sogenaamde Heilige (Heilige) Skrif? Niks anders nie as die Libanon wat met wilde struikgewasse oorwoeker (vervuil) is, nou `n woonplek van die ape, en nie meer van God toegedane mense nie!

[10] Na verloop van tyd kan dit met hierdie leer wat Ek nou gee, ook wel so gaan, dat mense dit as `n heilige relikwie (oorblyfsels), soos `n afgod sal aanbid, en dat mense, ligsinnig en gewetenloos, hulleself verder gladnie sal bekommer oor die innerlike betekenis en gees van juis hierdie leer van My nie, maar dat die mens hom sal rig volgens die voorskrifte van mense en sal sê: 'Wat het ons verder nog nodig?'

[11] Maar dan sal ook die groot droefheid en ellende kom waaroor die profeet Daniël gespreek het, toe hy op die heilige plek gestaan en gesê het: 'In die tyd sal daar `n droefheid en ellende onder die mense wees soos wat daar sedert die begin van die wêreld nog nie bestaan het nie!' Ek dink, dat jy die twee beelde wat Ek juis nou gebruik, goed sal verstaan!"