Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 207

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die strandgoed word versamel en opgeberg. Die nuuskierigheid van die dorpsbewoners

207 Nou gaan Hiram en Asiona na die hut en bring albei vissers dadelik na die Heer toe. Daarna wek hulle hul familielede in hul hutte in die buurt, en begin met die werk wat aan hulle opgedra was. Hulle vroue en kinders verbaas hulle natuurlik buitengewoon oor sulke kosbare geskenke en was vol vrae en gedagtes.

[2] Maar Asiona en Hiram sê: “Nou moet daar eers gewerk word, die nodige verklarings sal eers daarna kom!”

[3] Toe word daar opgewek opgeruim en die werk was spoedig klaar. Daar word ook dadelik `n bietjie visgerei na die skip gebring, en die taamlik volwasse kinders van Asiona en Hiram gaan dadelik visvang en vang in `n kort tydjie `n groot aantal baie edel en groot visse, sodat hulle hul vishouers wat hulle in die water afgesit het, byna heeltemal vol kry.

[4] Intussen het Ek beide vissers baie ernstig op die hart gedruk dat hulle in hul hele lewe nooit weer, ook nie al kry hulle al die skatte van die wêreld, ook maar die kleinste verraad teenoor iemand moes pleeg nie. Daarna besorg Ek aan hulle `n ou, maar nog goed bruikbare vissersboot van Asiona, en gebied hulle om te vertrek en om niemand te vertel waar hulle vandaan gekom het nie, en waar die groot skip vasgemeer is nie. Want diegene wie se eiendom dit was, bestaan nie meer nie, en hulle, aan wie dit nou behoort, besit dit as eiendom volgens die strandreg saam met alles wat dit bevat het.

[5] Beide bedank My, beloof plegtig om hulle lewe lank die belofte te hou, gaan aan boord van hul boot en gaan so gou as wat hulle kan, vandaar af weg. Hulle het verskeie ure daarvoor nodig gehad om tuis te kom, waar hulle sleg ontvang was, omdat hulle absoluut geen betaling saamgebring het huistoe nie; want beide het kwaai vroue gehad en moes toe `n week lank al die moontlike doen om met visse die versuimde in te haal. Hulle was weliswaar bestorm met allerlei vrae - soos: waar was julle en wat het julle gedoen - maar hulle het geswyg soos visse in die water en aan niemand `n uitleg en `n antwoord gegee nie.

[6] Nadat Hiram en Asiona alles ondertoe gebring het, kom hulle om My van ganser harte te bedank vir die groot en kosbare strandbuit, en vra My wat Ek verlang vir die oggendete.

[7] EK sê: “Bring wat julle het, visse wat vars is en vanoggend gevang is, veral brood en wyn! Berei soveel dat julle beter bure ook daaraan kan deelneem, en nooi hulle daarvoor uit! By die oggendete sal ons dan enkele buitengewone belangrike en gewigtige dinge bespreek en uitlê. Ek sal vir julle `n goeie begin maak met die bekering van julle bure, en so julle werk aansienlik ligter maak. Nou kan julle gaan en julle sake in orde bring! Ek gaan nou egter met My leerlinge vir `n uur rus.”

[8] Beide gaan nou, berei in die kombuis alles voor en gaan toe self na die bure wat gedeeltelik nog met die visse besig was, en bring die nodige uitnodiging vir die oggendete aan hulle oor. Die bure was baie verbaas en tegelyk ingenome oor so `n uitnodiging, en vertel dadelik oor hoe verbaas hulle was oor hulle ongewone ryk visvangs, wat nou vir `n maand lank verdere werk oorbodig gemaak het, sodat hulle nou tyd gewen het om hul wonings `n bietjie te herstel.

[9] Asiona sê: “Dit sal nou des te makliker gaan omdat ons vannag, terwyl julle rustig geslaap het, `n groot aantal noodsaaklike werktuie vir die bouwerk, as goeie buit in ons besit gekry het!”

[10] Die bure vra wat daar dan in hierdie nag gebeur het; want hulle het in hul hutte selfs in hul slaap `n hewige gehuil en geskreeu gehoor. Ook het dit vir hulle voorgekom asof dit die hele nag so half lig was. Enkele van hulle het wel by hul hutte uitgegaan om te sien wat daar aan die gang was, - maar vanweë die klein heuwels en hope los klippe tussen die hutte, nie kon uitvind wat dit was nie. Hulle het hulle stil gehou, deels hul hutte en vroue en kinders bewaak, en ook met die gebruiklike siniese gemoedsrus daarby gedink: “Wel, die dag wat spoedig sal aanbreek, sal ons wel die nodige opheldering daaroor gee!”

[11] Toe sê Hiram: “Ja, dit sal hy ook doen! O broers, dit was `n nag soos wat ons nog nooit beleef het nie, en waarskynlik ook nooit weer sal meemaak nie! Maar laat ons nou niks verder hieroor sê nie; by die oggendete aan die tafels van Asiona sal die een en ander vir julle duidelik gemaak word! Nou moet julle julleself egter gaan gereed kry; want die oggendete sal nie lank op hom laat wag nie!”

[12] Een van hulle vra: “Maar daar het gister tog vreemdes, miskien Judeërs of Grieke, per skip by Asiona aangekom! Wat se mense was dit? Is hulle nog daar, of is hulle al weer weg? Het hierdie mense vannag hierdie spektakel veroorsaak?”

[13] Hiram sê: “Moenie julle daaroor bekommer nie! Die vreemdelinge by ons was in baie opsigte ons seën, want dit is mense van die edelste en volmaakste soort, en hulle bly vandag en waarskynlik nog enkele dae by ons en sal vandag die oggendete saam met ons gebruik. Hulle is buitengewoon wys en het `n wonderbaarlike magtige wil. Kortom, hulle is veral dit wat `n mens andersins in die waarste sin van die woord, volmaakte gode sal noem, naamlik dat hulle hoogs wys is, en dat alle wette van die natuur hulle onvoorwaardelik moet buig voor die mag van hulle wil. Hiermee het julle baie kortliks `n beskrywing van die vreemdes! Maar julle moet veral geen vrees vir hulle hê nie; want dit is buitengewoon goeie en gemoedelike mense wat aan almal maar net die beste en nooit iets slegs sal wil aandoen nie! En sorg nou dat julle gereed kom!”