Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 170

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Petrus se blinde ywer en sorg vir die Heer (Matthéüs. 16: 20-23)

170 Toe ons onsself al ver buite op die see bevind, sê EK nogmaals vir My leerlinge: 'Waar ons nou ookal sal kom, moet julle swyg en My nie verraai deur te sê dat Ek, Jesus, die Messias, is nie!" (Matthéüs. 16, 20)

[2] Petrus kom by My en vra My of Ek nog nie weet waarheen die skip ons sou bring nie; want hy staan aan die roer en sal graag wil weet watse koers hy moet inslaan.

[3] Maar EK sê: 'Laat die skip gaan waarheen hy wil gaan; die Vader weet wel waar ons hierdie keer moet gaan! Nou is ons nog onderweg om te onderrig, en vaar na die groot baai benede waar ons aan die ander kant van die stad Césarea Philippi sal kom, daar sal ons onsself `n bietjie rus gun. Maar oor `n paar jaar sal ons op hierdie skip na Jerusalem vaar, dan sal dit oor iets heel anders gaan. Nou sal ons by `n plek digby die genoemde stad kom, waar geen mens iets van ons verneem het nie, ondanks ons verblyf van vele dae aan die ander kant van die genoemde stad. Selfs die groot brand van die stad het die bewoners van hierdie plek nie van stryk gebring nie. Dit moes ook so wees, sodat julle tydens hierdie geleentheid weer `n ander soort openbaring kan meemaak."

[4] PETRUS kom na My toe en sê: 'Heer, waaroor sal dit gaan in Jerusalem, die plek van die groot verderf? Want daarvandaan het nog nooit iets goeds gekom wat die mensdom geseënd gestem het nie, en nog nooit het `n eerlike mens in die stad iets troostend te hore gekry nie. Veral daar heers hoogmoed en vervolging. Daarom dink ek, Heer dat dit beter sou gewees het as U Jerusalem net so gestraf het soos hierdie klein stadjie wat hierdie straf natuurlik lankal reeds verdien het. Agt maande gelede was ons immers al in Jerusalem en het onsself daarvan oortuig dat daar met die bewoners heeltemal niks uit te rig is nie, op `n paar mense na wat egter as `n paar swaeltjies nog lank geen somer maak nie. Daarom is ek van mening dat ons oor hierdie trotse en gruwelike stad, waar Johannes `n kort tydjie gelede onthoof was, nie baie ophef hoef te maak nie en haar vir altyd moet vermy. Want so `n stad is dit immers ewig nie werd dat U haar met U heilige voete betree nie. Dit is natuurlik maar my beskeie mening, sê U my wat U daarvan dink!" 

[5] Vanaf hierdie tyd af begin Ek met My leerlinge ernstiger daaroor te praat dat Ek volgens die wil van die Vader wel na Jerusalem sou moes gaan, en dat daar nog baie leed te verwag was van die oudstes, hoëpriesters en skrifgeleerdes en dat Ek deur hulle gedood sou word, maar op die derde dag weer uit die dood sou opstaan. (Matthéüs. 16: 21) En dat Ek dan vir ewig oorwinnaar sou wees van alle dood en alle vyande van die lewe, soos wat Ek dit reeds op die berg van Markus vermeld het.

[6] Toe skrik PETRUS geweldig en sê vir My, terwyl hy My na hom toe trek, op min of meer gebiedende waarskuwende toon: 'Heer, dit mag in geen geval met U gebeur nie, en U is teenoor ons en alle mense verplig om Uself te spaar!" (Matthéüs. 16: 22)

[7] Maar EK draai My vinnig om en sê ook op heel ernstige toon: "Satan, gaan weg van My! jy vererg My; want jou bedoeling is nie wat goddelik is nie, maar slegs wat op `n heel banale wêreldse wyse menslik is!" (Matthéüs. 16: 23)

[8] Daaroor skrik PETRUS hewig, hy val voor My neer, vra My om vergewing en voeg huilend daaraan toe: 'Heer, toe ons op hierdie selfde see na die plek gevaar het waar ons nou baie dae gebly het, het U vir My vanweë my geloof gesê: 'Simon Juda, jy is Petrus, `n rots, op wie Ek My gemeente sal bou, en die poorte van die hel sal haar nie oorweldig nie! Jou sal Ek die sleutel van die hemelryk gee. Wat jy op aarde sal ontbind, sal ook in die hemel ontbonde wees, en wat jy op aarde sal bind, sal ook gebonde in die hemel wees!' Heer, dit was letterlik U heilige woorde uit U mees heilige mond, gerig tot my, arme sondaar. Ek het myself nooit daaroor geroem en my steeds as die geringste onder ons beskou, en vanweë `n, weliswaar slegs menslike waarskuwing, wat egter maar net ontspruit het uit my groot liefde vir U, het U my tot vors van die hel gemaak! Heer, wees tog vol medelye en barmhartig oor die armsalige visser Petrus wat eerste sy net in die see gewerp het, en toe sy vrou en kinders verlaat het om U te volg?'