Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 126

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Naasteliefde as reëlaar van spaarsamigheid

126 DIE MEESTER: 'Ja', sê iemand van julle weer by homself, 'dit van die selfondersoek is alles wel korrek; maar waar kry mens `n maatstaf wat altyd reg is vir die suiwer gevoel en die gewete? Die mens raak vanaf die wieg vertroud met die gevoelens wat die volk het ten aansien van wat moreel korrek is, en vind alles goed wanneer hy volledig beantwoord aan hierdie gevoelens; ja, as hy in stryd hiermee sou handel, sou hy meen dat hy `n sonde begaan.

[2] By `n volk hoort spaarsamigheid `n aanbevole en aangeprysde belangrike deug te wees: Wie in sy jeug en op manlike leeftyd spaar, hoef as hy oud is, geen gebrek te ly nie, en wie nie werk en spaar nie, sal ook nie eet nie!'

[3] My beste vriende! Hierdie op sigself absoluut nie afkeurenswaardige beginsels is aan My baie goed bekend. Dit kan en moet orals waar `n volk in groepe met mekaar saamleef, bestaan en gehandhaaf word, maar steeds in die lewe se edelste sin van die woord. Sodat hulle egter slegs in hierdie sin in die samelewing van mense bestaan en nooit onderskat en oordrewe word nie, moet dit vergesel word van `n houbare en baie betroubare reguleerder. En waaruit moet hierdie reguleerder bestaan? Uit niks en niemand anders as slegs uit die ware en suiwerste naasteliefde, waarvan die verstandige belangrikste grondreël as volg lui: Vir sy naaste wens en doen die mens van harte presies alles waarvan hy redelikergewys en wyslik kan verlang en wil, dat ander dit ook vir homself sal wil doen en vir jou iets sal oorhê.

[4] Wie goed by hierdie grondreël sal stilstaan, sal gou sien dat hy, soos geen ander, alle mense sal aanspoor tot `n sekere ywer en ook tot ware en edele spaarsaamheid vir die lewe; want as dit vir my onaangenaam is, dat `n ander niks uitvoer terwyl ek werksaam is, dan moet ek ook nie terwyl `n ander werk, werkloos toekyk nie!

[5] As elkeen dit uit ware, edele naasteliefde vir die lewe doen, dan sal daar in `n samelewing spoedig nog maar baie min mense wees wat mens 'armes' sou kon noem. Behalwe mense wat lam is, gebrekkig, blind, doof en melaats, sal daar weinig meer wees wat die gemeenskap tot las is; maar hulle moet dan wel met `n vreugdevolle hart voorkomend versorg word.

[6] Daar sal in `n gemeenskap ook een of meer leraars moet wees wat geen tyd sal hê om met die werk van hul hande, hul lewensonderhoud te verdien nie. Die gemeenskap moet dan in so verre vir hulle sorg dat dit vir hulle nie nodig sal wees om die tyd, wat vir die onderwysing van julle kinders en julleself bestem is, te bestee aan werk op die land nie! Dit is ook `n daad van besondere naasteliefde, wat hoog boaan staan. Want diegene wat julle hardwerkend van geestelike en derhalwe ware lewenskatte voorsien, moet julle natuurlik geen gebrek laat ly wat hulle liggaamlike lewe aanbetref nie.

[7] Wie egter `n dergelike barmhartigheid van My gekry het en geroep is om vir die mense in My Naam `n leraar te wees, moet wel bedink dat hy die barmhartigheid vir niks van My gekry het en hom daarom nie moet laat betaal vir die deurgee daarvan nie! `n Egte leraar sal ook dit wat hy verniet van My gekry het, verniet deurgee. En hulle wat deur hom onderrig word, moet dan uit ware liefde tot My, die leraar, wat Ek na hulle gestuur het, wel op eie inisiatief, met alle liefde opneem en op geen enkele wyse gebrek laat ly nie; want dit spreek natuurlik vanself dat wat hy vir iemand doen wat deur My gestuur is, beskou sal word asof hy dit aan Myself gedoen het!

[8] Maar wat hulle doen, behoort hulle altyd met groot vreugde te doen, sodat die hart van die leraar nie bedroef word vanweë die hardheid van die harte van die lede van die gemeenskap nie, en hy met vreugdevolle hart kan sien hoe My woord uit sy mond dadelik die edelste vrugte van die ware, innerlike lewe begin te dra.

[9] Julle sien nou dat die ware, edele en laat ons sê, verstandige naasteliefde vir die aardse lewe die betroubaarste maatstaf is om na te gaan, of en hoe suiwer dit daar in die siel uitsien. Gebruik dit daarom vóór alles, dan sal julle hiervan spoedig die seënrykste vrugte oes vir die skuur van die ewige lewe in die lig van My Gees binne in julleself! Mathaël, wat dink jy nou oor die suiwerhou van hierdie leer wat Ek nou aan julle gegee het? Kan sy so vir alle mense tot aan die einde van aller tye suiwer gehou of nie?"

[10] MATHAËL sê, diep getref deur die waarheid van My woorde: 'Heer, net `n kort pouse, en dan wil ek U ook deur middel van woorde dank vir hierdie belangrike opheldering en teregwysing van al my besware! Ja, hierdie lofprysing moet harop uitgespreek word! Maar nou is my hart nog te ontroer en te berouvol, daarom `n bietjie rus vir my siel, o Heer, U, ewig hoogste Wyse?'