Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 55

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die wonderwerk wat Roclus van RafaEL verlang het

55 ROCLUS sê laggend: “Wat is jy `n grootprater! As jy nog nooit `n onwaarheid gespreek het nie, dan het jy dit nou gedoen! Daar het die ondeunde jongeling my die glansryke Nasaréner eers uitvoerig laat beskryf en sê nou, dat hy alreeds geruime tyd by Hom in diens is. Nie sleg nie, heeltemal nie sleg nie! Eerstens weet hy nog so goed as niks oor Hom nie en nou is hy selfs Sy dienaar! Nee, maar nou daag ek jou tog uit om dit te bewys, andersins sal ek daarvoor sorg dat jou blonde lokke te berge rys! Het jy my verstaan?! Kom dus maar met die bewys!”

[2] RAFAEL sê: “Ja my vriend, met hierdie uitdaging maak jy my nie bang nie en ek sal in staat wees om alles te doen wat jy maar verlang, as jy ten minste iets verstandigs vra en iets wat mens jou kan voorstel; want vir iets doms en iets wat mens jou nie kan voorstel nie, besit ek geen krag en geen mag nie. Vertel aan my dus vinnig waarmee ek dit moet bewys, dan sal ek dit ook selfs vinnig ten uitvoer bring!”

[3] ROCLUS het RafaEL nou strak in die gesig gekyk en gesê: “Wel, my liewe, jong vriend, hier het ek `n klip van die grond af opgetel, wat ongeveer vyf pond weeg. Dit is van bruin graniet en is vir sover ek weet met geen enkele metaal verwant nie. Maak goud daarvan, maar die gewig moet dieselfde bly!”

[4] RAFAEL sê: “Kortsigtige mens, as dit goud word, sal die klomp wel drie keer so swaar word! Die gewig kan dus nie dieselfde bly as aan die vorm en die omvang niks verander mag word nie! Wat wil jy nou dat daar verander moet word?”

[5] ROCLUS sê: “Laat vorm en omvang dieselfde bly en die gewig verander ten behoewe van die wonderwerk!”

[6] RAFAEL sê: “Hou die klip dan nou stewig vas, sodat dit nie wanneer dit as `n goudklomp driemaal swaarder geword het, uit jou hand val nie; want die plotselinge gewigstoename gee byna altyd dieselfde gevoel as wanneer daar `n klip van ongeveer tien pond uit die lug in jou hande sou val! Jy sou dus wel maklik met die hele goudklomp kon omval!”

[7] ROCLUS sê: “Daardie ongeluk sal my waarskynlik nie oorkom nie!”

[8] Dit het Roclus alleenlik vanuit `n soort twyfel oor die slaag van die bewys gesê. Op dieselfde oomblik egter wou RafaEL die klip in goud verander. Die klip het op dieselfde oomblik ook heeltemal in goud verander en het deur die plotselinge gewigstoename vir Roclus op die grond gewerp en wel so hard, dat Roclus baie seergekry het en hy nouliks in staat was om weer op te staan.

[9] Toe hy (ROCLUS) weer op sy bene gestaan het, begin hy vir RafaEL te verwyt dat hy dit moedswillig gedoen het: “Luister, wonderbaarlike, moedswillige jongeling, tien sulke goudklompe is dit nie werd dat mens jou daarvoor so `n pyn laat welgeval nie! Kon jy dan nie aan my gesê het nie: “Nou gebeur die verandering!”? Ek het immers met my kop en my hande so hard op die grond beland asof ek uit `n hoë boom geval het! My kop pyn nog ontsettend! O, jou baldadige wonderwerkende jongeling, genees my nou ook van my hewige hoofpyn, as `n nog groter bewys van die waarheid van wat jy gesê het!”

[10] Nou het RafaEL in die rigting van Roclus geblaas en op dieselfde oomblik het Roclus geen enkele pyn meer gevoel nie en RAFAEL sê aan hom: “Tel nou ook die klomp goud van die grond op en bekyk dit of dit wel heeltemal van egte goud is!”

[11] ROCLUS het dit gedoen en dadelik ook sy elf metgeselle daarby geroep en gesê: “Kyk eers hier en oordeel self!”