Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 57

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Roclus praat oor die belangrikheid van `n ontwikkelde verstand

57 Nou vermaan RafaEL vir Roclus om eers vir die kosbare klomp goud te sorg, wat hy, RafaEL, nou as geskenk aan hom gegee het.

[2] ROCLUS, ietwat kwaad, sê: “Vriend, as ek op die punt staan om die hoogste goed van die mense te soek, dan laat ek die gevaarlike vuiligheid van hierdie wêreld met rus! Het jy dit verstaan, jong vriend wat dreig om nou alreeds wel `n bietjie eiewys te word?! Ek kan jou werklik ten volle verseker dat ek hierdie vuiligheid met geen vinger meer sal aanraak nie en jy kan dit vir jou eie plesier weer verander in wat dit vroeër was!

[3] Dink jy dalk dat ek begerig is na goud, omdat ek `n Griek en `n Esseen is? Wel, dan vergis jy jou deeglik! Ten eerste besit ek tuis as aardse erfgoed honderd keer meer van die geel vuiligheid van die aarde as hierdie ongemaklike klomp daar en daarom het ek hierdie varsgebakte goud nie nodig nie en ten tweede het ek my hart nog nooit daaraan geheg nie; want as ek ooit begerig sou gewees het na aardse goedere, dan het ek nooit so `n skerpte van verstand kon ontwikkel het nie, wat, ook al kan dit die Allerhoogste self nie begryp nie, tog `n hulpmiddel is op die weg daarheen en ook daarom net al duisend maal meer waarde het as honderdduisend sulke goudklompe.

[4] Wel weet ek nou dat die mens, wanneer hy suiwer met sy verstand die hoogste geestelike sake van die lewe navors, ook al is sy verstand hoe suiwer en skerp, nooit heeltemal daarby sal kom nie; maar as die lig van die siel volledig ontbreek, sal die mens dit nog moeiliker hê om by die hoër, dieperliggende waarhede van die lewe te kom! As die mens `n goed ontwikkelde verstand het, dan is hy volgens my mening al `n flinke ent op weg na die volheid van die ewige en onverganklike lewenswaarheid wat van God kom en dit is vanuit hierdie oogpunt bekyk sekerlik ook al van baie hoë waarde, en dit is daarom heeltemal nie reg dat jy, jong vriend, so knaend oor my skerpsinnigheid van verstand praat nie!

[5] Sien, in die afgebrande stad dwaal nog heelwat mense rond oor wie se skerpte van verstand jy jou sekerlik nooit sou bekla nie; waarom kom hulle dan nie hiernatoe nie, hierdie skape en lammers, om die dieper waarhede van die lewe te soek nie? Hulle het almal hierheen gekyk en het die nuwe wonderbaarlike huis ook pas ontdek; maar dit is vir hulle om die ewe!

[6] Wat kan die belangstelling wek van `n mens as hy gladnie in staat is om te dink nie? Ek sê: Heeltemal niks nie, behalwe dat sy hongerige maag miskien ywerig agter eetgoed sal aanloop wat hom sal versadig! Sit aan hierdie steeds hongerige menslike lasdiere `n maaltyd voor en verrig langs hulle die grootste wonderwerke, - dan sal hierdie verstandlose mense gulsig eet en nie in die minste ag gee op jou wonderwerke nie! En as hulle hul mae gevul het, word hulle traag en slaperig en sal weer geen ag gee op jou wonderwerke nie! So-iets val net die ontwikkelde verstand op en hulle begin te dink en allerlei vergelykings te maak en het geen rus totdat hulle die een of ander verklaring van die wonderwerk gevind het nie!

[7] Maar as dit onweerlegbaar so is, waarom maak jy dan voortdurend skerp opmerkings oor my skerpte van verstand? Sien, ondanks al jou wonderwerkende krag is jy, wat dit betref, tog wel op die verkeerdste pad van die wêreld!

[8] As ek `n God waarlik wil leer ken, dan moet ek daarby en wel in die eerste plek, ook wel ten eerste dink en dan eers voel! Wat moet andersins `n beter en geestelike gevoel in my hart opwek as ek soos `n os is sonder verstand? Jy het aan my gesê dat ek die Goddelike Nasaréner net met my skerpte van verstand moet soek en vind; en dit sal ek ook doen om jou te laat sien, dat `n goeie verstand ook goed is vir iets! Kort en goed, dit is uitstekend, ek is werklik heelwat dank aan jou verskuldig en ek het jou egter werklik baie lief - want jy het my `n egte God leer ken en my daardeur `n onmeetlike skat gegee, waarteen hele goudberge nie kan opweeg nie; maar dat jy nog steeds opmerkings soos steke maak oor my verstand, geval my nie van jou nie!

[9] Want selfs die hoogste wysheid van `n God moet dit met my eens wees, dat die verstand vir die mens vanweë die selfkennis en hoofsaaklik vanweë die daaruit voortvloeiende kennis van God selfs noodsaaklik is, soos die oë vir hom nodig is om te kan sien! Ek weet wel dat `n mens met sy verstand, ook al is dit hoe wakker en helder, eindeloos baie nie kan en sal begryp van wat die Goddelike, hoogste wysheid alles verorden het nie, wat hierdie wysheid laat ontstaan het en wat daar alles is en gebeur nie; maar sonder `n sekere skerpsinnigheid van verstand, wat in staat is om te ondersoek en te onderskei, begryp die mens heeltemal nooit iets nie!

[10] Jy sê dat net die geloof `n lig is vir die mens! O, liewe hemel, wat is dan `n geloof sonder verstand? Dit is die wiegwysheid van onmondige kinders wat na die maan reik omdat hulle moontlik dink dat dit `n ronde stuk heuningbrood is! Daar is werklik volwasse mense op hierdie goeie aarde wat die maan as `n swewende stuk brood beskou wat in die lug sweef, wat elke maand deur die paradysvoëls opgeëet word, maar dan dadelik weer opnuut begin te groei! Ja, vriend, sê my, wat het so `n geloof jou, my en `n God nou wel gehelp? Is dit dan nie beter en waardiger vir die menslike en Goddelike Gees in die mens om na te dink en met die verloop van tyd te ontdek, dat die maan tog iets anders moet wees as `n stuk brood waarvan die paradysvoëls kan eet nie?

[11] My grondbeginsel is: Alles ondersoek en daarvan die goeie, en wat in elke geval die naaste aan die waarheid kom, solank te behou totdat mens hieroor `n beter en sterker lig êrens vandaan gekry het. Immers, in `n pikdonker nag is `n gloeiende ligwurmpjie beter as heeltemal geen lig nie; en daarom is die ligvonkie van die siel - verstand genaamd - immers ook beter as totale duister bygeloof, waarin in die verste verte geen waarskynlikheid te ontdek is nie!

[12] Gestel dat ek `n volstrekte waarheid, wat aan my vertel is, moet glo sonder om my ook maar in die minste daarvan te kan oortuig dat dit werklik `n waarheid is, omdat die verstand en die ervaring wat daarvoor nodig is, ontbreek. Wat is so `n geloof dan anders as die blindste bygeloof?! Want watter nut het die waarheid wat ek glo, vir my as ek dit nie verstaan nie, ja my nie heeltemal kan oortuig of dit `n waarheid is nie? Waarvoor sou goud nou goed wees, as die verstand van `n mens dit nie sou kon onderskei van ander, gewone, waardelose metale nie? As `n mens dus iets glo, dan moet hy dit tog met `n bietjie verstand glo, anders maak dit vir hom immers nie saak of iets `n leuen of waarheid is nie!

[13] As jy aan my sou sê: “Ver agter daardie blou berge lê `n stad wat louter uit die kosbaarste edelstene opgebou is en die mense wat daarin woon, is almal reuse!”, dan sal ek jou, as ek blind en dom genoeg is, op jou woord glo en dan sal dit selfs `n onwrikbare waarheid vir my wees; maar as daar dan iemand anders kom wat aan my sou sê: “Sien, agter daardie blou berge lê heeltemal geen stad nie en daar is glad nie mense wat so groot soos reuse is nie!”, wat sal ek as dom, onwetende mens sonder verstand dan doen? Ek sal vashou aan wat ek die eerste gehoor het, ofskoon dit die skreiendste leuen is en ek sal met astrante spot die waarheid van die tweede afwys! Kan dit egter `n hoogs wyse God om’t ewe wees?

[14] As die Nasaréner `n God is vol van die hoogste wysheid, waaraan ek nou nie meer twyfel nie, omdat ek dit met my verstand insien, dan sou dit tog wel dom van Hom wees as Hy die mense sou leer om die leuen en die onware daarvan te erken, maar daarenteen die lig van die waarheid en die goeie daarvan sonder enige skerpte van verstand aan te neem!

[15] Jy sien dus dat jy my, wat dit betref, nie kan oortuig nie, ook nie al doen jy duisend wonderwerke nie; maak daarom in die vervolg geen grappies meer oor my verstand nie, maar laat dit in sy waarde; wys my dus maar aan waar die Goddelike Nasaréner Homself nou bevind, sodat ek op passende wyse voor Hom kan neerkniel en Hom ook kan aanbid!”