Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 211

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die mens as onverganklike wese

211 EK sê: “Goed dan, Ek sal dit probeer, let dus goed op! Jy beweer naamlik dat diegene wat self begrens is, die onbegrensde nie en nooit kan bevat nie; en tog sê Ek jou dat elke mens, asook die ewige ruimte wat hom omgewe, die oneindige en ewige in homself berg, en wel in elke vesel van sy materiële liggaam, laat staan nog in sy siel en baie in die besonder in sy gees.

[2] Stel jou die oneindiggaande deelbaarheid van elke nog so klein bestanddeel van jou liggaam voor. Waar hou dit op?! Stel jy vervolgens die tot in die oneindiggaande voortplantingsvermoë van die mens, van die diere en van die plante voor! Waar hou dit op?

[3] Het jy al ooit die grens ontdek tot waar `n gewekte siel haar gedagtes kan verhef? En as die siel al `n oneindige gebied het wat haar gedagtes aanbetref, wat moet ons dan nie sê van die ewige goddelike gees wat in haar is en wat in haarself die krag, die lig en die lewe self is nie?

[4] Ek sê vir jou: Hierdie gees is dit wat alles in die mens skep en orden; die siel is egter as te ware slegs sy substansiële liggaam, soos wat die stoflike liggaam `n behuising is vir die siel, en dit totdat sy hierin `n bepaalde deeglikheid bereik het. As dit gebeur het, dan gaan die siel meer en meer oor in die gees en sodoende ook in die eintlike lewe wat in en self `n ware krag is en die waarste lig, en voortdurend uit homself die ruimte, die vorm, die tyd en die duursaamheid van die vorm hierin laat ontstaan, dit met lewe vervul en selfstandig maak. En soos wat dit voortkom uit die oneindigheid en ewigheid van die volledige ware lewe, bevat hy daarvan ook vir en in homself die oneindige en ewige vir alle tye der tye en ewighede der ewighede.

[5] Niemand kan dus sê, beweer en van mening wees dat hy as mens `n begrensde wese is nie. In al sy kleinste deeltjies is daar nog oneindigheid en ewigheid voorhande, en omdat dit so is, kan hy ook die oneindige en ewige bevat.

[6] Wie van mening is dat hy slegs gedurende `n baie beperkte tyd leef, vergis hom enorm. Niks aan die mens is verganklik nie, ofskoon die materiële liggaam noodsaaklikerwys wel veranderlik is, soos wat ook alle materie van die aarde dit is en wel moet wees, omdat dit eendag haar bestemming is om, deur die mag van die suiwer lewe, self oor te gaan in die suiwer lewe en in die voortaan onveranderlike lewe in.

[7] As dus die talle, mees verskillende dele en onderdele van die materie, en dus ook van die menslike liggaam, verander word, hou hulle daarom nog nie op om te bestaan nie, maar hulle bestaan ewig verder voort in `n meer geestelike en daarom meer edel vorm en soort. Of kan iemand van julle dalk sê dat hy as kind gesterf het, omdat hy nou as gryse ou man niks meer oorgehou het van sy eerste kinderlike vorm nie?

[8] Hier het julle `n koringkorrel. Lê hom in die aarde! Hy sal verrot en as dit wat hy nou is, onmiskenbaar vergaan; maar uit die ontbinding sal julle `n halm sien groei en daarbo sal `n aar ontwikkel, voorsien van `n honderd korrels. Maar wie van julle sien nou die krag in hierdie korrel wat egter tog daarin moet sit, omdat daar andersins uit hierdie een korrel nie `n aar met honderd korrels van dieselfde soort sou kon voortkom nie?

[9] En nou het ons 100 korrels wat ons ook in die aarde gaan lê! Hieruit kry ons dan al 100 are, elk met 100 korrels, dus alles bymekaar 10.000 korrels. En sien, die 10.000 korrels, die 100 halms en are, moet ook al geestelik in die een korrel aanwesig gewees het, soos wat hierdie korrel self al inbegrepe moes gewees het in die een korrel wat as eerste uit God se hand in `n vrugbare voor van hierdie aarde geval het, omdat `n mens hom andersins nie kan voorstel dat voortplanting moontlik kan wees nie. Julle het hier opnuut `n bewys van hoe iets selfs oneindig en ewig in één so `n korrel aanwesig is.

[10] Julle dink nou weliswaar by julleself: “Ja, dit is wel met `n korrel die geval wat weer as saad in die aarde gesaai gaan geword; maar wat gebeur daar met die korrels wat tot meel gemaal word, en dan as brood deur mense of ook deur diere geëet word?' Ek sê vir julle: Waarlik, die korrels is nog beter daaraan toe; want daardeur gaan hulle al in `n meer volkome lewe oor, waarin hulle hulleself dan soos `n geïntegreerde deel van `n hoër lewe netso, en nog meer egter in homself, in tallose idees en lewendige begripsvorms kan vermenigvuldig; slegs die baie materiële kaf word as uitwerpsel uitgeskei, waardeur dit dan egter ook tot `n meer edel vrugbare humus van die aarde word, waaruit die kiemgees in die verskillende saadkorrels vorm en die onsterflikheid aantrek. Wat daar egter met die strooi en die kaf van die plante gebeur, gebeur op `n nog baie edeler manier met die vleeslike liggaam van die mens.

[11] En so kan julle niks aan die mens vind wat verganklik en begrens is nie, maar slegs wat veranderlik is op weg na `n bepaalde geestelike doel, en sodoende is dit bes moontlik dat `n mens oneindige en ewige sake, tyd, ruimte, krag, lig en lewe baie goed verstaan, omdat dit alles in hom aanwesig is.

[12] Maar natuurlik kom dit veral neer op die onderrig wat `n lig vir die siel is. As dit ontbreek, soos wat dit nou by die meeste mense die geval is, dan ontbreek alles eintlik, en sonder so `n geestelike lig sien en verstaan die siel van die mens selfs nog minder van wat in haar is, soos `n blinde in die nag verstaan van wat daar om hom heen plaasvind en ook maar in sy omgewing gebeur.

[13] En, sê My nou, Epifanus, of jy My mening verstaan en opgeneem het! Daarna sal Ek jou eers sê of Ek met My gees wel die oneindige ruimte en die ewigheid deurdring. Spreek nou heeltemal vry en sonder om te skroom?”