Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 253

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die genesing van die blindgeborene en van ander siekes. Evangelie van Matthéüs.19:2

253 Petrus was nouliks uitgepraat of daar kom dadelik `n hoog aangeskrewe eienaar van die herberg na hom toe en hy sê: “Neem by my julle intrek; want ek het seker die grootste herberg in die hele plek en is goedkoop, ofskoon ek `n Griek is! Op sig is julle weliswaar Judeërs, maar dit is nie ter sprake nie; want daar woon immers ook enkele Fariseërs uit Jerusalem nou al `n klompie dae by my wat hier die tiendes van die Judeërs in ontvangs neem.”

[2] Petrus sê: “Dit is nou nie bepaald aangenaam vir ons nie! Origens hang dit enkel en alleen van ons Heer af; wat Hy wil, sal gebeur!”

[3] Die herbergier sê: “Wie van julle is dan die Heer, sodat ek na Hom toe kan gaan en self met Hom kan praat?”

[4] Petrus wys na My en praat: “Hier is Hy!” 

[5] Die herbergier kom na My toe, buig en sê: “Wil U met U mense in my herberg U intrek neem? My huis is groot, baie ruim en het talle vertrekke; bowendien is ek een van die goedkoopstes in hierdie hele, nie onbelangrike, plek nie.”

[6] EK sê: “Dit is jy wel, maar ons het niks om jou te betaal nie; daarom wil ons hierdie nag liewer op ons skip deurbring! Bowendien het jy siekes in jou huis en ook `n arts wat jou siekes nie kan help nie, ofskoon jy hom uit Jerusalem laat kom het, en hy jou baie geld kos. En kyk, soos wat mens sê, kan mens geen onderdak soek in `n huis wat deur allerlei bose siektes besoek word nie?”

[7] Toe die herbergier dit van My hoor, skrik hy behoorlik en vra My baie verbaas hoe Ek, wat tog heeltemal onbekend was in hierdie plek, dit kon weet.

[8] EK sê: “Ek sou jou nog baie kon vertel waaroor jy nog meer oorstelp sou wees; maar laat ons verder daaroor swyg!”

[9] Nou word die herbergier baie verleë en vra of Ek desondanks by hom wou oornag; want die son het reeds die horison bereik en die aand staan voor die deur.

[10] Daarop sê EK: “Gaan haal dan maar jou blinde seun en bring hom na My toe, dan sal ons sien of Ek hom kan genees!”

[11] Hierop verlaat die herbergier vinnig die oewer, spoed hom na sy huis, en bring sy veertien jaar oue, heeltemal blinde seun saam, lei hom tot voor My en sê: “Hier, beste Vriend, is my blinde seun! So blind soos wat hy nou voor U staan, was hy gebore. Alle artse en towenaars het al probeer om hom te genees; maar alles was suiwer tevergeefs! Nou, soos wat U vroeër opgemerk het, is daar `n werklike wonderdokter uit Jerusalem by my aan huis; maar hy kan presies net soveel as die voriges doen! Nou hang dit van U af, beste Vriend! Waarlik, as U hom kan genees, behoort my halwe vermoë aan u!”

[12] Toe sê EK: “Wanneer jy kan glo dat Ek jou blinde seun siende maak, dan sal hy ook kan sien?”

[13] En die herbergier kyk My reguit aan en sê: “Ja, Vriend, van U kan ek dit glo! In U oë lê immers so `n vasberadenheid dat hulle vir my sê: Uit hierdie mond het nog nooit `n leuenagtige woord gekom nie! En daarom glo ek nou dan ook vas dat U my seun sal genees.”

[14] EK sê: “Die ander artse het hul salfies, en die towenaars hul towerstaf, Ek het egter nóg `n salfie, en nóg minder `n towerstaf; My wil is alles, en as Ek dit nou wil, sal jou seun onmiddellik siende word!”

[15] Nadat Ek dit uitgespreek het, word die blinde seun oombliklik volkome siende en juig van vreugde, omdat hy nou die mense sien, die see, die omgewing en alles wat daar was.

[16] Die herbergier het naby My gekom en sê: “O, U groot en mees waaragtige Verlosser, hoe moet ek U nou op passende wyse bedank vir hierdie waaragtige barmhartigheid? Want waarlik, slegs wie dit kan wat U kan, kan barmhartigheid uitdeel; want wat het `n blinde aan duisend barmhartigheidsgawes en weldade van die kant van die maghebbers van hierdie aarde, as hulle hom, ondanks al hul mag en goedheid, nie die lig van sy oë kan gee nie!? Maar U het hom vanuit `n innerlike, vir my heeltemal onbegryplike mag, die gesigsvermoë gegee en daarmee het U my en my liefste seun `n onuitspreeklike groot barmhartigheid bewys. Maar as loon daarvoor is wat ek U voorheen beloof het, veels te min! O, sê my wat ek U nou verskuldig is, dan sal ek met alle liefde en vreugde gevolg gee aan U wens!”

[17] EK sê: “Gee ons vandag onderdak, doen goed aan die armes en maak so die kwaad weer goed wat jy hulle dikwels aangedoen het!”

[18] Die herbergier beloof om dit alles streng in ag te neem en te doen, en smeek My vurig om saam na sy huis te kom. Ek en die leerlinge en ook die twee vissersknegte van Petrus gaan nou saam met die herbergier, en al die volk wat getuie was van die genesing van die blinde seun, volg ons te voet.

[19] Onderweg roep baie van die volk: “O, mees waaragtige Verlosser, genees ook ons siekes, ons het talle! Want sien U, wie by ons eenmaal siek word, word nooit weer beter nie, maar kwyn langsaam weg tot in die graf! Dit is wel `n egte slegte eienskap van hierdie omgewing, wat verder so mooi is. O, beste Verlosser, skenk ook aan ons armes so `n heilsame barmhartigheid soos wat U aan die blinde seun van die herbergier bewys het! U wil geskied!”

[20] En EK spreek: “Wel nou dan, dit geskied volgens julle wil en geloof! Gaan nou na julle talle siekes en oortuig julle daarvan of daar in julle huise en slaapplekke nog êrens `n sieke te vinde is!” (Matthéüs. 19:2)

[21] Na hierdie woorde van My gaan almal, op enkeles na, wat geen siekes het nie, gou weg om hulle tuis daarvan te oortuig of hul siekes waaragtig genees was. Dit loop al flink teen die aand toe hulle in hul huise aankom, en hulle vind geen siekes nie, maar almal, met watter siektes of gebreke hulle ookal behep was, was genees asof hulle nog nooit enige siekte gehad het nie.

[22] Hulle wat genees was, weet egter nie wat daar gebeur het nie, en waarom hulle almal meteens gesond geword het nie, en hulle vra onmiddellik na die oorsaak van so-iets totaal ongehoords. Toe vertel hulle hul huisgenote oor My en hoe Ek reeds vóór hulle, aan die oewer van die meer, die blindgebore seun van die ryk herbergier siende gemaak het, en hoe nou sekerlik ook alle ander siekes van die herbergier beter geword het.

[23] Toe die geneesde mense dit verneem het, verlaat hulle gou hul huise en gaan na die huis van die herbergier. Daar vra hulle smekend of hulle My kon sien om aan My hulle dank te betuig.

[24] EK gaan na hulle toe en sê: “Gaan nou na julle huise toe en sondig van nou af aan nie meer nie; want as julle opnuut in julle ou sondes sal verval, sal julle daardeur ook weer in julle ou siektes verval! Hou die gebooie wat Moses gegee het, dan sal alle onheil ver van julle af bly.”

[25] Hierop laat Ek hulle almal gaan en ons herbergier, wat nou buitengewoon bly en vrolik was, omdat ook al sy ander siekes genees was, het nou heeltemal nie meer geweet wat hy alles vir ons uit dank vir die bewese weldaad moes doen nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205