Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 223

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Vyandelike verkenningskepe in sig. Die storm as afweermiddel

223 Die tafel was goed voorsien van die beste visse, brood en wyn en allerlei goed smakende vrugte. Ek sit saam met die twaalf, Hiram en Epifanus aan tafel. Asiona bedien ons, maar neem na die maaltyd tog aan die tafel plaas. Toe ons so bymekaar sit met ons blik na buite op die mooi wateroppervlak gerig, ontdek Epifanus met sy skerp oë dat meer skepe in die baai laveer. Hulle wil deur die groot baai vaar; maar omdat hulle deur die geweldige verandering nie meer die omgewing kon herken as die streek wat vroeër aan hulle goed bekend was nie, laveer hulle heen en weer, en stuur slegs `n verkenningsboot verder die baai in.

[2] Hierdie skepe was `n soort agterhoede van die wat hier in die voorafgaande nag deur die vissers op My bevel as `n goeie strandbuit in beslag geneem was. Hierdie agterhoedeskepe het al die hele nag en ook hierdie halwe dag rondgelaveer, maar vind nêrens meer `n spoor nie. Daarom dag hulle toe dat die skip waarskynlik in hierdie moeilik te bevare baai die koers kwytgeraak het, en miskien selfs skade gely het. Maar hierdie baai lyk nie meer soos voorheen nie, en daarom weet hierdie agterhoedeskippers nie waaraan hulle toe was nie, en daarom stuur hulle `n ligte verkenningsboot verder die baai in.

[3] Toe Ek dit aan die drietal uitlê, sê ASIONA: “Nou, as hulle daardie groot skip hier vind, beter ons `n goeie heenkome soek, anders is ons almal verlore!”

[4] EK sê: “Wees kalm; hierdie verkenningsboot sal spoedig omdraai! Ek sal `n wind stuur wat die terugkeer van die boot beslis baie sal bespoedig.”

[5] Op dié oomblik kom daar `n hewige stormwind wat die verkenningsboot en die paar agterhoedeskepe pylsnel na buite na die hoë water dryf.

[6] Maar ASIONA sê: “Heer, kyk, hulle het nou wel buite sig verdwyn, maar hulle sal terugkom sodra die wind gaan lê het! O, hierdie mense is soos `n slegte gewete en hardnekkig soos `n kwaadaardige siekte! Die soort laat hul planne en hul doel nooit vaar nie, en as hulle dit sou doen, - naamlik hulle soeke opgee, - dan sal daar binne die kortste moontlike tyd wel ander kom wat dieselfde doel sal nastreef; en as hulle daardie skip hier sal vind, sal dit vir ons sleg daaruit sien, want teen die geweld van die magtiges bestaan geen reg nie! Ek sou daardie hele sondaarskip liewer heeltemal wil vernietig, as om met die besit daarvan, steeds in angs te sit!”

[7] EK sê: “As Ek jou egter sê dat jy daarvoor absoluut geen angs hoef te hê nie, kan jy wel rustig wees! Hulle wat nou hier te siene was, sal nooit meer terugkeer nie, en `n tweede of selfs derde agterhoede nog minder; want dit is algemeen bekend dat die Galilese see in hierdie tyd baie stormagtig is, en behalwe deur enkele vissers, word hier weinig gevaar, omdat mens die storms nie vertrou nie, en oor enkele maande is hierdie hele gebeurtenis so goed as vergete!

[8] Want ook al word daar sekerlik na Jerusalem berig dat hulle wat uitgestuur was om My op te spoor, êrens op see verongeluk het, omdat hulle ondanks al die soeke, niks meer van hulle kan vind nie, dan sal daar in die tempel, slegs deur die spesiaal daarvoor aangestelde tempeldienaars, manne sowel as vroue, drie uur lank seremonieel geweeklaag word, en daarna sal niemand in die tempel meer aan die verongeluktes dink nie, maar hulle sal egter weer ander vir dieselfde doel uitstuur, hulle uitrus met volmagte, geld en die nodige wapens, en hulle wegstuur met allerlei streng opdragte; hulle sal dan daarop uittrek en sal meestal onverrigtersake weer na die huis terugkeer, of dikwels ook gladnie, soos hulle wat ons gister besoek het. Nou weet jy presies hoe die sake daarmee staan, en kan jy sonder skroom behou wat Ek jou gegee het en wat Ek vir jou sal beskerm en veilig stel.”

[9] Nou sê EPIFANUS: “Vriend Asiona, onder sulke waarborge sou ek nie daarvoor terugdeins om selfs van Rome besit te neem nie, as hierdie Majesteit en Heer aan my sou sê: Gaan heen en sê: Die Heer het my die hele stad gegee en hiermee maak ek bekend dat alles wat van nou af aan hier staan, leef en groei, my volste eiendom is!” En kyk, geen mens op die wêreld sou so `n reg wat deur Die Heer aan my verleen is, kon afneem nie, en elkeen sou hom moet skik in die almag van die goddelike wil!

[10] En dieselfde is ook hier die geval! Watter aardse mag sal die stryd met hierdie goddelike mag wen? Want voordat hulle die swaard ter hand sou neem vir die stryd, sou hulle immers reeds vernietig wees! Ja, wanneer die Majesteit en Heer sal toelaat dat Sy vyande die hand aan Hom sal slaan, sal hulle Hom selfs ook wel liggaamlik kon dood; maar solank Hyself die ondeurgrondelik geheime ‘laat dit so wees’ nie in Homself uitgespreek het nie, sal ook niemand dit waag om ook maar die soom van Sy kleed aan te raak nie, en as iemand dit sou waag, sal hy vergaan soos wat die misdadigers van gister vergaan het! Vir hulle wat dus as ware vriende met hierdie ware Elohimmens deur alle groot gevare van die wêreld op hul pad trek, is die grootste veiligheid reeds gewaarborg.

[11] Kyk na die allerheerlikste gebied waarin ons nou is! Byna `n uur gelede was dit `n onherbergsame, dorre streek, `n ware beeld van die dood, net soos ons dit in ons voormalige sielstoestand was, wat Hy ook deur Sy Woord in `n lewende toestand verander het, en nou haal die ondeurgrondelik wonderbaarlike Mag van Sy Woord, selfs uit die harde klip, wat eers tot goeie vet aarde vermaal en omgevorm was, die weelderigste plante te voorskyn.

[12] Voor Wie se asem die klippe moet buig en alle tallose natuurgeeste aktief moet raak, voor Sy asem buig die volke van die aarde, waarom moet ons dan, wat nou sekerlik Sy vriende is, nog enige vrees in ons gemoedere koester, asof ons werklik nog iets slegs sou kon oorkom onder Sy beskerming?! Ek hoop dat jy dit in oorweging sal neem en bevry sal word van alle ydele vrees.”

[13] ASIONA sê: “Vriend, jy het nou baie goed en korrek gepraat en ek het vroeër, sowel as nou, net so gedink soos jy; maar die mens bly tog altyd `n mens, veral as daar gevaar op hom begin afkom! In `n soort gemoedsverwarring vergeet `n mens dikwels die belangrikste, en dink jy nie met `n innerlik rustige siel nie, maar jy is haastig en verward en raak daardeur in so `n groot angs, dat jy selfs nie meer aan die beste beskermende wapens dink wat `n mens tog duidelik by hom het nie.

[14] En dit het nou juis met my gebeur, toe ek uit die mond van ons God en ons Majesteit en Heer die bedoeling hoor van die verkenningsboot wat hierdie baai ingevaar het. Maar dit is nou al weer heeltemal in orde, waartoe jou woorde baie bygedra het.”