Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 261

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

In die huis van die plaaslike hoof. Die wonderbaarlike wyn

261 Ons gaan nou na die werklik lieflike en ruim huis in die dal en word onmiddellik bedien met brood, sout en vars melk. Die leier verontskuldig hom dat hy ons geen wyn kan aanbied nie; maar hy het verskeie sakke bosbessiesap wat nie minder goed smaak as watter wyn ookal nie. As ons daaraan wil proe, sou hy met groot genoeë `n paar kruike vol van die sap vir ons op die tafel laat sit.

[2] EK sê: “Doen dit; Ons wil jou boswyn proe! As dit in Ons smaak val, sal Ons jou vir nog `n paar kruike vra?”

[3] Toe gaan Ons gasheer na sy kelder en bring vir Ons `n paar kruike vol bosbessiesap, wat net soos wyn smaak, omdat dit feitlik ook wyn was; want hierdie druif, soms ook “Johannesdruiwe” genoem, behoort immers ook tot die verskillende druiwesoorte; die vrug daarvan is ongeveer die kleinste druiwesoort. Kortom, ons het hierdie boswyn, met `n bietjie water vermeng, met genoeë gedrink, en dit het die meester van die huis baie genot verskaf dat die wyn vir Ons so goed gesmaak het.

[4] Toe beide kruike leeg was, wou die herbergier hulle dadelik weer gaan opvul; maar EK sê aan die maker van die bosbessiewyn, wat nou baie spraaksaam geraak het: Luister, laat dit nou staan en vul die kruike, in plaas van met boswyn, liewer met goeie vars water, dan sal Ek die water onmiddellik in `n allerbeste wyn verander!”

[5] Dit verbaas DIE HERBERGIER uitermate en hy sê: “Wel, ek is werklik baie nuuskierig vir hierdie kunsstuk!”

[6] Beide groot kruike word onmiddellik, heeltemal met water gevul, op die tafel gesit en die herbergier sê: “Daar staan nou op tafel wat U verlang het, en laat ons nou sien, Vriend, wat U kan en waartoe U in staat is!”

[7] En EK sê aan hom:” 'Neem een van die kruike in jou hand en proe die inhoud!”

[8] Die herbergier proe die inhoud en was daarby so verras dat hy onmiddellik al sy huisgenote roep en elkeen laat proe. Almal beweer dat hulle nog nooit so `n buitengewoon goeie wyn oor hul lippe gekry het nie. Maar nou wou elkeen ook weet hoe dit gebeur het dat daar uit die suiwerste water so `n hemels goeie wyn kon ontstaan. 

[9] DIE HERBERGIER sê aan die talle vraestellers: “Ja, beste mense, dit moet julle aan Hom daar in die middel vra! Vir myself is dit die grootste raaisel! So-iets het sedert menseheugenis nog nie voorgekom nie, en dit is absoluut ongehoord!”

[10] Nou rig die herbergier hom tot My en sê: “Heer van die meesters in U vir my onbegryplike, wonderbaarlike kuns! Gee ons tog `n bietjie opheldering oor hoe en op watter manier dit vir U moontlik was! En ken U nog meer van die kunsstukke?”

[11] EK sê: “Beste vriend, op jou eerste vraag kan Ek jou op die oomblik geen antwoord gee nie; maar môre sal jy dit wel vanself agterkom! Maar op jou tweede vraag kan Ek jou sê dat eintlik niks vir My onmoontlik is nie, en dat Ek jou enkel en alleen deur die mag en krag van My wil tallose wonderdade sou kon laat sien! Is jy dit daarmee eens?”

[12] DIE HERBERGIER sê: “U stel Uself wel hoog op, terwyl U tog slegs `n mens is! Het U nie daaraan gedink dat slegs God almagtig is nie?! As alle dinge vir U moontlik was, sou U immers God Self moet wees, of U sou dit moet bewerkstellig met behulp van Beëlsebul, die hoof van alle duiwels, waarvoor U volgens my, `n gans te eerlike, vroom en oop gesig het, waarvan mens kan sê: Kyk, dit is `n ware ewebeeld van God!

[13] Ek wil egter gladnie maak asof ek alles weet nie, en dink aan die tyd lank gelede toe ek in Jerusalem was en ook in ander stede, by name in Damaskus, waar ek `n Indiese towenaar leer ken het, wat ook met die grootste moontlike oordrywing van homself beweer het dat daar vir hom niks onmoontlik was nie. Hy het ernstige dinge gepresteer waarvan ek netso min kon insien hoe dit moontlik was, netsoos die manier waarop U nou die water in die beste wyn verander het. Maar dit was altyd nog so gewees dat towenaars en kunstenaars hulle, veral vir ons leke, hulle wonderbaarlike kapasiteite tog oordryf het; maar mens sien dit graag deur die vingers, omdat hulle eintlik tog net buitengewone mense is. Maar één ding sou ek vanaand van U, Heer van die meesters, tog nog wil sien!”

[14] EK sê: “Sien, elke mens oordeel volgens sy verstand, en so ook jy, en dit sou heeltemal nie goed van My wees om iets daarteen in te bring nie! As jy tot `n dieper insig sal kom, sal jy ook anders oordeel; daarom praat Ons nie verder hieroor nie! Jy het My vir vandag nog om `n sogenaamde kunsstuk gevra, en dit wil Ek ook doen. Maar sodat jy nie by jouself dink dat Ek maar net kan uitvoer wat Ek kan nie, moet jy sê wat Ek vir jou moet doen!”