Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die natuurfilosofie van Roclus

32 ROCLUS: “Die ruwe en terselfdertyd nogtans geweldige kragte van die natuur kan maar net baie grof te werk gaan en die werkwyse is iets noodsaaklik, want hulle woedende werking roep die mikrokragte in die lewe en hulle vorm dan eers tot iets, as hulle deur die geweldige uitwerking van die groot oerkragte in `n sekere sin tot lewe geroep word. Deur wedersydse aantrek en afstoot kry die klein kragte eers vorm en begin die vorms wat hulle aangeneem het, te ontwikkel, tree dus in `n voelbare bestaan, wat hulle solank behou as wat hulle in hul afgeskeide staat `n ander krag wat kragtiger op hulle inwerk, kan weerstaan. As hulle die klein krag oorweldig het, is dit met die afsonderlike, klein krag volledig klaar. Sy vorm los tesame met hom op en alles word weer deur die groot krag verslind, soos wat dit ook treffend getoon word met die, in die oertyd bedinkte, beeld van Chronos, wat as stamvader van die gode, weer sy kinders verslind. Die genoemde beeld van die mitiese oergod Chronos stel die tyd voor en die daarin werkende kragte. Die tyd skep alles, onophoudelik skep hy laggende akkers en terselfdertyd dorre stoppelvelde. Wording en vergaan, lewe en dood, is en nie-is gaan steeds gelyktydig tesame. Geen stilstand, geen rus nie; die een golf roep die volgende op, maar daar tussendeur loop ook terselfdertyd die vore, die graf! Wat die stempel van die lewe dra, dra op die keersy ook die stempel van die dood.

[2] Dit alles is egter vir iemand wat die dinge sorgvuldig waarneem, soos wat hulle kom en gaan, `n noodsaaklike gevolg van die voortdurende wisselwerking van die verskillende afsonderlike en spesiale kragte in die groot natuur. Hulle wek mekaar steeds wedersyds op en vernietig mekaar ook weer net so strydend soos wat hulle strydend ontstaan het. Ek sien orals `n voortdurende spel van golwe en die dikwels fabelagtige vorms van die wolke wat hoog in die lug swewe, lewer aan ons `n heel duidelike bewys daarvoor, in watter baie verskillende vorms die teengestelde werkende kragte mekaar dwing. Nou eers kom `n leeu, dan `n draak, dan `n voël, `n vis, `n hond, ja heel dikwels selfs `n menskop, af en toe selfs `n karikatuur van `n mens te voorskyn! Maar hoe lank bly die vorms, wat dikwels baie mooi is? So lank, totdat daar `n sterker, daarop inwerkende krag, hulle eerstens die mooi vorm wegneem en ten slotte heeltemal wegvee uit hul bestaan!

[3] Is dit dan met ons vorm en ons bestaan so baie anders gesteld? Beslis nie! In watter hoë mate verander dit nie, beide by die mens vanaf sy geboorte en tot in sy gryse ouderdom nie, as hy dit bereik! En waar is die trotse mens wat hom duisend jaar gelede voorgeneem het om die hele aarde te verower? Daar, waar die sneeuvlok bly wat met sy miljoene broers en susters besig was om die hele aarde in ys te verander! Waar is die orkaan wat gister nog die sterkste seders op sy weg gevind het en waarvan hy gedreig het om hul bestaan volledig te beëindig? `n Sterker teenkrag het hom, net soos Chronos sy kinders, verslind! Net in ons herinnering, wat ook maar net tydelik is, leef hy nog heel dofweg voort; in werklikheid het hy egter vir die hele ewigheid opgehou om te woed!

[4] Toe ek deur Persië gereis het, was ek `n getuie van `n baie merkwaardige natuurverskynsel. Dit was `n gloeiende warm dag, sodat ons met ons karavaan onder groot, skaduryke bome beskerming moes soek teen die gloeiende warm sonstrale. Ongeveer `n paar uur voor sonsondergang het ons `n digte, pikswart wolkelaag bemerk, wat vanuit die ooste opgestyg het en in ons rigting gedryf het. Ons leiers het aan ons `n geweldige storm voorspel en ons aangeraai om die bos nie te verlaat voordat die storm verby gesuis het nie. Dit het ons gedoen en binne `n halfuur was die storm met weerligstrale en donder bo ons. Dit het ontsettend in die bome gekraak en gewoed en menige sterk tak het toe beswyk en die arme loof van die bome het geweldig gely. Dit het begin reën, maar nie baie hard nie, tog het dit donkerder en donkerder geword. Toe die reën egter `n tydjie aangehou het, het daar tussen die steeds rykliker vallende reëndruppels uit die wolke ook voltooide paddas by die miljoene met die reën op die aarde geval. Diegene wat in die water geval het, het vrolik rondgeswem, terwyl daar van die paddas wat op die harde grond geval het, net enkele enige oomblikke in die lewe gebly het. Merkwaardig was dit, dat nie lank na hierdie vreemde storm, wat ruim `n kwartier geduur het, toe die byna ondergaande son sy warm strale weer op die aardbodem laat val het, ook ons paddas verdwyn het en daar niks meer as `n slymerige skimmel van hulle oorgebly het nie en dit ook maar net so hier en daar.

[5] Toe het ek gevra waar hierdie tallose groot aantal paddas vandaan gekom het en wie hulle so gemaak het? Wie anders as die natuurkragte, wat toevallig so teen mekaar gebots het dat uit hul teengestelde kragte die paddas juis moes ontstaan! Die wat in die water gekom het, het waarskynlik in hul vernaamste element geskikte voedsel gevind en talle daarvan sou wel behoue gebly het; maar die wat op die gloeiende warm aarde geval het, het `n wesenlik vyandige element aangetref en kragte wat baie teen hulle gewerk het en die gevolg daarvan was hulle volledige oplossing deur hul kort bestaan wat nog te weinig `n vaste liggaam gehad het. Die natuur werk, soos wat mens uit soveel verskynsels heel duidelik kan aflees, altyd blindelings, sonder watter ekonomiese berekening dan ook; sy skep dinge van `n bepaalde soort steeds in onnoemlike aantalle, waarvan gewoonlik nouliks die honderdste deel deeglik en duursaam bly bestaan. Kyk maar eers na `n boom wat in die voorjaar bloei! Wie sou die duisendmaal duisend blomme wou of kon tel? Mens hoef egter maar net agt dae na die bloeityd onder die boom rond te loop om reeds `n groot hoeveelheid afgevalle blomme met vrugbeginsel op die grond te vind; vervolgens gaan egter die afval van oortollige, aankomende vruggies steeds maar voort totdat, wat aan die boom oorgebly het, volledig ryp geword het.”