Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 145

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die Fariseërs kla die Heer as opruier teen die staat by Cyrenius aan

145 Baie gou ontdek die seuns van Markus `n skip, wat nog op behoorlike afstand heen en weer laveer*, asof die kaptein nie weet of hy hom wel op die regte plek bevind nie; dit het ook `n heel natuurlike rede, omdat daar aan die oewer van die see van Galilea sedert die vorige dag enorm baie verander was. Die geweldige rots in die see, `n belangrike herkenningsteken, bestaan nie meer nie; `n hoë rots en `n magtige groot boom op die berg met die slange wat die More, soos wat bekend is, nagenoeg uit die weg geruim het; daarby kom nog die pragtige nuwe huis, die tuin en die mooi hawe met die vyf nuwe skepe wat van vlae voorsien was, en so weet die loods wat die skip na Césarea Philippi moes loods, nie waar hy hom eintlik bevind nie en laveer daarom al geruime tyd op en af en heen en weer, om agter te kom waar hy hom bevind. *(die boeg van `n skip se rigting verander van tyd tot tyd)

[2] Daar steek egter `n sterk oostewind op, wat die skip met onweerstaanbare krag reguit na ons oewer toe dryf. Binne enkele oomblikke kon die seuns van ou Markus met hul skerp oë al baie goed sien dat daar Romeine en `n paar Fariseërs aan boord van die skip was. Hulle gaan dadelik na Cyrenius en deel hom dit mee. Toe Cyrenius dit hoor, gee hy dadelik die bevel aan Julius om die skip, wat allengs steeds gouer die oewer nader, skerp in die oog te hou. Toe Julius dit hoor, was hy binne die kortste tyd pylsnel met vyftig gewapende manne by die oewer en wag die skip in, wat ook nie meer lank op hom laat wag nie.

[3] Toe hulle wat aan boord was, die Romeine in die oog kry, steek hulle dadelik `n wit vlag uit as teken, dat hulle geen vyande was nie en dat die mense hulle ongehinderd aan wal moes laat gaan. Maar toe Julius twee nie onbekende aartsfariseërs onder die Romeine waarneem, stuur hy dadelik `n bode na My en Cyrenius met die vraag, wat hy met hulle wat hier aangekom het, moes doen. Land of water? Die mense kom hom baie verdag voor. Dit lyk wel asof ook die Romeine maar net vermomde Fariseërs was of tog in elke geval mense van Herodes.

[4] En CYRENIUS antwoord hardop maar baie kortaf: 'Wie dit ook al is! Land!"

[5] Op die bevel word die reisigers aan land gesit en Julius inspekteer gou die toentertyd gebruiklike reisdokument, wat heeltemal volgens die wetlike voorskrifte van Pilatus in Jerusalem uitgereik was. Toe hierdie kort wetlike formaliteit verby was, vra `n Romein aan Julius of die verhewe goewerneur nog in hierdie streek vertoef. `n Donderende 'Ja!' was die ontsagwekkende antwoord van Julius, wat al behoorlik vererg was oor hierdie brutale vraag.

[6] Nou kom het daar `n CENTURION, (HOOFMAN OOR HONDERD) wat ook op die skip was, baie ernstig na Julius toe en vra hom: 'Wie gee jou die reg om op so `n toon te antwoord?"

[7] JULIUS, met nog meer erns as voorheen: 'As ek nie baie gegronde redes daarvoor gehad het nie, het ek jou wel op `n ander toon geantwoord! Maar jou dom Asiatiese gesig sê vir my dat jy geen Romein, maar waarskynlik iets anders is! Jy hoef dus glad nie so verbaas te wees oor my antwoord nie!"

[8] Die CENTURION sê: 'Wat is ek dan, as ek geen Romein is nie?"

[9] JULIUS sê: "Daaroor praat ons dalk wel! Nou staan jy eenmaal onder my gesag en moet jy jou streng na my woorde skik! My Naam is Julius, die baie gestrenge kommandant van Rome oor die gebied, en ek is `n naaste familielid van die verhewe goewerneur Cyrenius! Dit moet ek jou wel vertel, omdat jy geen Romein is nie; want as jy maar in die verte `n Romein sou gewees het, dan het jy my al op `n groot afstand herken!

[10] Sien jy, so vang ons, Romeine, gewoonlik die slim jakkalse! Maar vooruit nou, die beste gedeelte kom nog! Wel, hierdie omgewing, `n bietjie gekultiveerd nou, het vir julle seker ietwat vreemd voorgekom, anders het julle ons al `n uur vroeër met julle onverwagte besoek vereer? Maar dit maak nie saak nie, julle het nou, ondanks dat hierdie omgewing nou so vreemd daaruit sien, presies op die regte plek aangekom!

[11] Sien jy, hoe ek al voor die tyd alles weet! Nee, in die gebied van Julius kom mens nie so maklik onaangekondig soos wat mens dink nie! Dit steur julle weliswaar `n bietjie, dat julle koms al aan my verraai is; maar ja, vir mense wat so slinks is soos julle, maak dit miskien heeltemal nie so baie saak nie, wat natuurlik spoedig sal blyk! Vooruit dus nou, op na die verhewe goewerneur.

[12] Nou sê die CENTURION sigbaar verleë: 'Wat weet jy van ons?! Wie het jou iets kon verraai, wat heeltemal nie moontlik is nie?"

[13] JULIUS sê: 'Ek wil nou geen woord meer hoor nie! Daar is die verhewene! Vooruit dus met julle, valse Romeine, daar gaan ons verder!'

[14] Die Centurion met sy ongeveer agt ondergeskikte krygsknegte en twee baie egte, goed deurvoede en deur en deur verstokte aartsfariseërs, gaan toe na Cyrenius, en oorhandig hom daar `n brief wat deur Herodes onderteken was. In hierdie brief staan maar net, dat daar in gehele Coelesyrië en `n groot deel van Galilea en Samaria `n baie omvangryke sameswering teen alle Romeine ontdek was. Aan die hoof hiervan staan die berugte profeet Jesus uit Násaret as belangrikste aanstoker, wat in die geheim verbind is met die altyd hoogs geheimsinnige doenende Essene wat allerlei, vir die volk onbegryplike wonderwerke verrig om hulle te verblind, en wat hom daardeur `n soort goddelik-profetiese skyn gee en selfs die verdoemenswaardige aanmatigheid het om homself aan die volk as `n ware Seun van God aan te bied.

[15] Herodes: 'Verder is daar meer getuienisse uit verskillende streke, betroubaar en na waarheid, eenstemmig verklaar dat hierdie heillose volksopruier selfs die allerhoogste Romeinse staats­dienaars met die grootste vriendelikheid benader het, tesame met sy reeds baie bekwame skare sogenaamde leerlinge. Maar die geheime gerug gaan dat die vermetele dit maar net doen om hulle op `n dag almal plotseling om die lewe te bring, waarna hy hom dan self sal verhef tot koning van alle Judeërs. Nadat dit nou deur die besluit van die hoë gode aan my, wat die ter sake kundige is, geopenbaar is, is dit my plig om u hierop te wys en ek hoop, dat u die korrekte maatreëls sal tref en doen wat u moet doen! Met die meeste hoogagting, Herodes, Viervors - nou in Jerusalem.'

[16] In verband met die lengte is die hele brief met die talle lasterlikhede nie hier weergegee nie, wat waarlik ook nie nodig is nie; maar die vernaamste is volledig vermeld.