Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 106

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die beperkte insig van die engele in die denke van die Heer

106 ROCLUS sê: 'My baie gewaardeerde Stahar, soveel woorde was werklik nie daarvoor nodig nie; want ek weet dadelik tog goed waar ek met jou aan of af was, en ek dink werklik en hoop ook sekerlik dat ons beide een en dieselfde doel dien, en geseënd en suksesvol sal saamwerk. Die Heer sal ons nie met Sy hulp verlaat nie, en daarom gaan ons `n standvastige mooi toekoms tegemoet, wat hier op aarde wel nooit in geheel, maar tog wel aan die ander kant skitterend in vervulling sal gaan. Maar laat ons nou weer na ons plek gaan! Die enigsins onaangename wind word minder, en tog bly die uitspansel met sy ontelbare talle sterre heeltemal helder. As ek my nie vergis nie, maak die Heer aanstaltes om weer iets te gaan doen of om aan ons `n nuwe les te verkondig, en dan moet ons die ene oë en ore wees.

[2] STAHAR sien dit ook en sê: 'Ja, ja, jy het gelyk, daar gebeur iets, en soos dit lyk weet ook Sy naaste omgewing nie wat daar gaan gebeur nie! Cyrenius vra Hom blykbaar heimlik wat Hy van plan was om te doen; maar hierdie keer skyn die Heer nie regstreeks `n antwoord te wil gee nie! Ja, ja, my beste Cyrenius, `n God is nog wel iets meer as so `n keiser van Rome?'

[3] ROCLUS sê: 'Ek het die indruk dat jy nog altyd `n bietjie dwars in die krop sit met die Romeine! Maar dit maak nie saak nie; want hier en daar het hulle hul wel ietwat oordrewe as heersers van die wêreld opgestel! Maar nou op ons plek?'

[4] Hulle gaan nou albei na hul tafel. Toe Stahar weer sy plek ingeneem het, vra hulle hom dadelik waaroor hy tog alles met die Griek gepraat het; Stahar wys hulle egter tereg weens sulke vroulike nuuskierigheid en sê voorlopig niks.

[5] Roclus word deur RAFAEL `n bietjie onder hande geneem: 'Wel, gaan dit nou beter met jou?"

[6] ROCLUS sê: 'Sekerlik; want nou weet ek uit eie ervaring waaraan ek toe is met die ou Stahar en ek is besonder bly daaroor, dat my mening ook heeltemal deur Stahar bevestig was dat byna geen enkele priester, watter leer hy ookal aanhang, self dit glo wat hulle die ander mense met vuur en swaard laat glo nie! Want ook Stahar was, net soos ek, geheel en al `n ateïs, en hy het net soos ek, eers werklik hier in `n God begin glo. Maar nou geen woord meer hieroor nie! Vriend uit die hemele, merk jy nie dat die Heer van plan is om iets te doen nie? Hy gaan of iets doen of iets sê!"

[7] RAFAEL sê: 'Inderdaad; want die Heer rus nooit en is altyd oneindig vol planne! Waarom sou Hy nou dalk minder planne hê as andersins??'

[8] ROCLUS sê: 'My hemelse vriend, dit weet ek net so goed soos jy; maar dit gaan hier nou maar net daaroor of Hy nie nou iets heel besonders gaan doen nie!"

[9] RAFAEL sê: 'Nou ja, jy sal wel sien wat daar gaan gebeur. Die Heer openbaar dan ook nie altyd aan ons wat Hy wil doen nie, ofskoon ons die gepersonifieerde uitdrukking van Sy aartswil (hoogste wil) is. Ons staan die naaste aan Hom as uitvloeisel van Sy oergoddelike lewe, wil en Wese, en in wese is ons niks anders as die uitdrukking van die goddelike wil en die goddelike krag nie; egter nie in Sy persoonlike wese nie, maar ons is los daarvan aanwesig en werkend. Rondom God is ons omtrent soos die lig wat uit die son na buite stroom, wat ook orals waar die lig maar kom, alles met lewe vervul, ontwikkel, opwek, rypmaak en voltooi.

[10] As jy `n spieël na die son toe hou, dan sal jy in die spieël presies die weerspieëling van die son sien, en die ligstraal wat vanuit die weerspieëling van die son na jou toe stroom, sal jou net so goed verwarm as die straal wat direk vanaf die son self afkom; en as jy die sonstraal met `n Alexandrynse spieël opvang, wat die mense ook wel `n hol spieël noem, dan sal die weerkaatste straal `n baie groter lig- en warmte-ontwikkeling afgee as die lig wat direk van die son na buite stroom. En dit is wat ons aartsengele in `n geestelike sin is; elke geestelik vervolmaakte mens sal ewe-eens so wees, maar dan in `n nog baie hoër graad.

[11] Maar net so min as wat geen enkele spieël, ook geen Alexandrynse, alles in sy spieëlbeeld kan opneem wat daar in sy geheel binne in die son is en gebeur nie, so kan ook ek nie in myself waarneem wat die Heer in Homself dink en besluit nie. Op die regte oomblik begin Sy wil wel na buite toe uitstraal en ek, net soos almal wat is soos wat ek is, neem die wil dan dadelik volledig in ons op en dra dit uit in die hele oneindigheid in; daarom dra ons ook vanweë hierdie eienskap die naam 'aartsbodes' (wilsbodes), omdat ons die uitdraers en die uitvoerders van die goddelike wil is. En sien, my gewaardeerde vriend Roclus, ook nou besluit die Heer iets in Homself; maar ek weet nie waaruit dit bestaan nie, omdat die Heer dit nog in Homself vashou en nog nie na buite laat stroom het nie!

[12] O, daar is in die Heer nog so eindeloos baie wat ons nie ken en ook nooit sal ken deur middel van ons ondersoekingsdrang nie! Maar as Hy dit wil, dan sal ons dit gewaarword en dienooreenkomstig baie werksaam. Trouens, jy moet ook self oplet! Daar sal heelwat kom; maar wat dit is, sal ons sekerlik spoedig te siene kry!"

[13] Roclus verstaan die woorde van RafaEl en het bewondering daarvoor dat hy ook met die Alexandrynse spieëls bekend was, waarvan hy daar tydens sy reise in Egipte enkeles gesien en geprobeer het en ook het hy een aangeskaf vir die instituut.