Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 59

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

RafaEL onthul wat Roclus diep in sy hart oor die Heer dink

59 (RAFAEL:) “Dit is wel waar dat jy heelwat oor die beroemde Nasaréner gehoor het wat vir jou ongelooflik voorkom en dat jy graag `n ontmoeting met Hom sou wou gehad het as dit sonder al te veel moeite moontlik sou gewees het; maar dat jy bepaald moeite daarvoor gedoen het, is nie so nie en jy het by jouself gedink: “Ons het tog alreeds sommige broers na Hom toe gestuur en hulle sal wel aan ons berig bring oor wat Hy onderrig en doen!” Maar hulle het hulle vervolgens volledig van julle afgeskei en het Sy studente geword en het aan julle heeltemal geen verslag oor Hom gebring nie en dit het julle `n bietjie verontrus en eers daardeur het julle van dag tot dag nuuskieriger geword om die Nasaréner persoonlik te leer ken.

[2] Maar vriend, sulke pure nuuskierigheid is nog lank geen liefde nie! Want erken dit maar self, of jou liefde vir die Nasaréner nie ongeveer dieselfde is as wanneer `n oorwonne stryder hom aan sy oorwinnaar uit pure swakheid, waarvan hy bewus is, allervriendelik oorgee, in die hoop dat die oorwinnaar tog maar nie nog meer bewys aan hom sal lewer van sy krag nie! Eintlik is jy in jou hart baie bang vir die Nasaréner en doen jy maar net asof jy vurig verlang om Hom te ontmoet; maar ek sien dat daar in jou gemoed `n heel ander wind waai. En weet jy hoe die wind in begryplike taal spreek? Luister, ek sal vir jou tolk wat hy gesê het!

[3] Hierdie wind se woorde lui as volg: “O jou, vertwyfelde Nasa­réner! Dat jy uitgespreek juis nou moes opdaag! Juis nou dat die sake van ons fyn instituut so goed op dreef gekom het! Dat mens nou juis met die Nasaréner kom aansit, wat - wie kan dan soos Hy?! - nou wonderwerke verrig waarteen ons werke suiwer verbrande as is en deur Hom baie gou verdag en waardeloos kan word. Hy het eers soos `n ware luis in ons pels ingekom wat nie meer daaruit te kry sal wees nie. Nou kom dit daarop aan om verlief te neem met hierdie haglike omstandighede. Laat ons alles moontlik doen om te voorkom dat Hy ons vyandiggesind word. Want as dit gebeur, is dit dadelik verby met ons hele instituut. Wat dan! Waarheen en wat moet ons begin? Te oorwin is Hy nooit nie; daarom moet ons hier verstandig te werk gaan en selfs in die verste verte niks onvriendeliks teen Hom laat merk nie, maar Hom steeds met die grootste beleefdheid behandel en ons aan Hom so vriendelik en diensbaar as wat maar moontlik is, bewys, dan sal Hy, van wie mens kan sien dat Hy `n goeie Mens is, verseker nooit die swaard teen ons opneem nie en ons in elk geval met rus laat!”

[4] Sien, vriend, dit en nog `n heelwat ander dinge meer bevat julle innerlike lewenswind, waarteen jy waarskynlik nouliks iets anders kan inbring as net te verklaar, dat alles wat ek nou gesê het, `n leuen is, wat egter ook nie sal deug nie, omdat ek aan jou dan dadelik dokumente sou laat sien wat deur jou geskryf is en waarvan die skandelike inhoud hier waarskynlik baie opsien sou veroorsaak. En dit sou nou juis die stukkie wees, wat jou hare, wat reeds behoorlik grys is, te berge sou kon laat rys! Het ek nou gelyk, toe ek aan jou gesê het dat jy dus net moes probeer om met daardie skerp verstand van jou die beroemde Nasaréner te soek? Wat het jy nou op dit alles te sê?”

[5] Diep getref, sê ROCLUS: “Ja, liewe vriend, as jy ook my mees geheime gevoelens kan lees, dan hou elke verdere gesprek met jou op en moet ek nou in alle erns voor jou, jongeling, neerkniel en jou om vergifnis vra vir alles wat ek aan jou gesê het!”

[6] RAFAEL sê: "Sien, ook dit moes uit jou uitkom en nou kan jy eers aan die Nasaréner voorgestel word, volg my daarom nou!”

[7] ROCLUS het nou die baie verleë klinkende woorde gespreek: “Ja, vriend, dit is alles baie mooi en baie verhewe! Ja, ja, daar lê `n - hoe sal ek dit sê - `n groot waardigheid daarin en dit is `n onmeetlike groot eer om aan die magtigste en mees verhewe Mens van die hele aarde voorgestel te word! Ja, ja, dit is dit! Maar as so `n volmaak Goddelike Mens by al Sy ondeurgrondelike vermoëns om wonderwerke te verrig ook die merkwaardige vermoë besit om mense soos ons geheel en al te deursien en aan `n mens, soos ek, dadelik voor die hele wêreld sy hele lewensverloop te vertel, - weet jy, dan is dit gladnie meer aangenaam om met so `n Godmens kennis te maak nie! En ek sou nou liewer hiervandaan wou wegloop as om nog langer hier te bly! Bowendien het dit al byna aand geword en tuis het ons vandag nog heelwat werk om te doen, - en jy sal ons daarom wel wil verontskuldig as ek nou jou andersins baie gewaardeerde aanbod afwys, dit wil sê, as dit nie juis so noodsaaklik is dat ons met die beroemdste van alle beroemdes kennis maak nie. Natuurlik, as jy dit as iets goeds en noodsaaklik vir ons beskou en dit wil hê, dan spreek dit vanself dat ons onsself teenoor jou, as ons in geestelike opsig grootste weldoener, sekerlik nie weerspannig sal gedra nie; maar eerlik gesê, vind ek dit op die oomblik werklik nie baie aangenaam om met iemand wat met mag en wysheid so immens groot is, so naby onder oë te kom nie, omdat jy jouself langs so iemand maar al te baie volkome soos niks sal begin voel! Jy word `n duisendvoudige niks nie, terwyl die teenparty met Sy ondeurgrondelike alles-in-alles in Sy alsiendheid maar net steeds meer aan krag wen. So `n gevoel van nietigheid is pynlik en laat die hart pyn; daarom verheug ek my dan nou ook nie meer so besonders daaroor om voor die aangesig van die beroemde Nasaréner geplaas te word nie.”

[8] RAFAEL sê: “As julle Hom nie leer ken nie, verbeur julle die ewige lewe van julle siele! Bowendien het jy juis nou immers self heel goed opgemerk, dat jy, om alles te hê, alleenlik net die Nasaréner hoef te hê! Nou is daarvoor nog geleentheid, maar nog net tot môre vroeg; Sy vertrek vind môre baie vroeg in die oggend plaas, dit staan verseker vas. Waarheen Hy gaan, weet behalwe Hy heeltemal niemand nie! Daarom moet julle die geleentheid aangryp, as julle ewig wil lewe!”

[9] ROCLUS sê: “Wel, lei ons dan na Hom toe! Onder sulke omstandighede sal Hy ons tog wel nie om die lewe bring nie?!”

[10] RAFAEL sê: “Aan julle die ware lewe gee, ja, dit sal Hy doen, maar van die skynlewe wat julle nou lei, sal Hy geen haar krom nie! Volg my dus, soos wat ek alreeds vroeër aan jou aangebied het!”