Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 79

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die Heer maak gewag van Sy laaste aandete en Sy foltering

79 DIE MEESTER: “Die mees sprekende voorbeeld daarvan vind jy immers hier by My. Nou ken jy My, My leer en ook die ware strekking daarvan vir die lewe. Jy ken ook My mag, waardeur Ek hierdie hele aarde selfs vinnig en maklik tot niks sou kan omvorm soos voorheen met die, aan jou welbekende, ou rots in die see! Maar dan sou Ek My uiteindelik Self moet toeroep: “As Jy hierdie wêreld vol met Jou hartskinders, vir wie Jy hulle aanleg en geaardheid gegee het, liewer nie wil hê nie, dan moes Jy al eerder in die begin glad geen aarde geskep het nie!” Maar die aarde en die mense is nou eenmaal daar, en dit is dus noodsaaklik om alles met alle liefde en geduld te behou en te lei volgens die Wysheid uit God, sodat van alles wat hierdie aarde dra en wat sy bevat, niks, selfs nie die grootte van `n sonstoffie, verlore sal gaan nie!

[2] Ja, Ek sê vir jou: Die mense wat My die meeste teenstaan, en wat sekerlik ook die slegste mense op die hele aarde is, is sonder meer die skrifgeleerdes en Fariseërs in Jerusalem; maar net so min as wat Ek hulle wil veroordeel en aan die kruis wil laat hang, wil Ek dat hulle dit aan My doen!"

[3] Toe spring ROCLUS opgewonde op en sê: “Nee, nee, Majesteit en Heer! Dit sou beteken dat U geduld wel baie ver gaan! Vanweë die paar skurke in Jerusalem - ook al sou hulle almal in die niet opgelos word - sal God se ryk nooit op hierdie aarde en glad nie aan die ander kant ooit enigsins skipbreuk ly nie; weg daarom met daardie swart gespuis, en U bly!”

[4] EK sê: “Soos wat jy hierdie saak nou verstaan, praat jy ook! Maar oor ongeveer drie jaar vanaf nou gereken, sal jou eie gees jou leer dat dit anders is, dan sal jy beter weet; daarom genoeg hieroor, laat ons onsself vir die aandete voorberei! Hierdie tafel sal bietjie langer gemaak moet word en julle, met Ruban en sy dertien daarby, sal daar goed kan aansit en `n beeld gee van `n toekomstige avondmaal, wat met My laaste avondmaal op hierdie aarde `n ooreenkoms sal toon!"

[5] ROCLUS sê: “Majesteit en Heer! U word nou opeens geheimsinnig en raaiselagtig; hoekom so, waarom?"

[6] EK sê: “Vriende, Ek sou julle nog heelwat kan sê, maar julle sal dit nou nog nie kan verdra nie! Maar wanneer die Heilige Gees na daardie laaste Avondmaal in julle harte sal inkom, sal (die Gees) julle volledig in die lewende waarheid inwy, en dan sal julle eers heeltemal verstaan wat Ek nou aan julle gesê het. - Daar kom Markus al aan met die mandjie vol vis; laat ons daarom gaan sit om `n vrolike avondmaal te nuttig! Julle tafel is al gereed en gedek."

[7] Na hierdie woorde maak ROCLUS `n diep buiging voor My, gaan dan na sy vriende en metgeselle en sê: “Van weggaan is daar nou geen sprake nie, ons moet eers aan die avondmaal deelneem, wat juis nou opgedis word, en wel daar aan die tafel van die meesters! Die Majesteit en Heer wil dit so hê en dan word daar nie geweier nie! Kom daarom nou gou met my saam en neem saam met my plaas aan die oop gedeelte van die tafel daar, waar die meesters reeds lankal sit!"

[8] RUBAN sê: “Dit sal verseker nie so baie goed pas nie! Ons wat niks beteken, naas die groot Heer van alle meesters op aarde!”

[9] ROCLUS sê: “Gepas of nie, die Majesteit en Heer oor alle dinge wil dit nou eenmaal so hê en dan staan dit ons niks anders te doen as om te gehoorsaam nie, en wel met die mees vreugdevolle harte in die wêreld! Laat ons daarom gaan, sodat niemand op ons hoef te wag nie! Maar ook, omdat ek werklik al goed honger is en my egter van harte sal verheug in `n oorvloedige en goed toebereide maaltyd! Ek sien dat hulle ook hele kruike en groot bekers vol wyn by die spyse op die tafel stel, en die lieftallige jongeling skyn veral aan ons tafel baie sorg te bestee; laat ons dus maar gou daarheen gaan!”