Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die regstwis tussen Cirénius en Roclus

18 Daarop het ROCLUS hom weer tot Cirénius gewend en gesê: “Heer, meester, meester, waar is Markus, wat nou ons meester en gebieder is, sodat ons aan hom ons eerbied kan betuig?”

[2] CIRÉNIUS sê: “Dit is nie so noodsaaklik nie; want `n eerbetoon vol leë woorde is nie `n diens aan hom nie, en ander skatte het hy nie nodig nie, omdat hy alreeds meer as genoeg daarvan het.

[3] Die beste huldiging vir hom sal wees, dat julle altyd eerlik en openhartig na hom toe sal kom en julle verlange aan hom voorlê; dan sal hy julle aanhoor en volledig reg aan julle doen! Iedere leuen egter, wat hy onmiddellik deur sy skerpsinnigheid sal ontdek, sal hy baie streng en onverbiddelik straf! Want dit is die uitdruklike ernstige wil van die keiser en ook van my, om leuens en bedrog uit die hele ryk te verban en net die suiwere waarheid, verbind met die net so suiwer en onselfsugtige liefde, te laat heers oor alle mense wat wyd en syd aan Rome behoort; want net onder die septer van die waarheid en die liefde kan volke waarlik gelukkig lewe. En wie weet of dit my nie sal geval om die uiters wyse regeringsbeginsels van die Noordse koning van die Pontus en die Kaspiese See (Mathaël), ook in die Romeinse ryk in te voer nie; want ek vind dat hulle vir die ware verbroedering van die mense van `n groot ryk uitermate wys en doelmatig is.

[4] Deur sulke wyse beperkinge moet binne `n staat, waarheid en liefde tot `n tweede, waaragtige en beter natuur vir die mens word! Want volgens my huidige insig begunstig niks leuens, bedrog en selfsug so sterk as onbeperkte inkomsteverwerwing nie. `n Wyse beperking van hierdie ware vader van leuens, bedrog en selfsug, hoogmoed, heerssug en gierige hardvogtigheid is werklik met geen goud te betaal nie en ek sal hierdie opvatting binnekort ter toetsing aan die keiser voorlê. Maar intussen sal ek in elk geval in die regeringsgebiede, waar ek absolute mag besit, hierdie regeringswyse van Mathaël, so gou moontlik invoer; want werklik, dit is so wys asof dit deur `n God gegee is!”

[5] ROCLUS sê: “Onwys is hulle nie juis nie, omdat hulle reeds, al is dit net by benadering, alreeds sedert enkele eeue bestaan; maar om hulle nou hier te wil invoer, in hierdie lande wat aan allerlei vorste en viervorste verpag is, sal nie so maklik gaan nie. Met absolute mag kan mens weliswaar baie uitrig, maar nogtans op lange laas na nie alles nie, omdat `n keiser tog ook die ooreenkomste wat hy met vorste gesluit het, wat ook nie heeltemal magteloos is nie, nie van vandag tot môre ongeldig kan maak nie, maar hy moet dit as `n reg, wat van homself uitgaan en deur homself vasgestel is, so lank respekteer totdat die tydsduur wat daarvoor bepaal is, verstreke is, of totdat die kontraktante die ooreengekome verpligtinge kwaadwillig of deur onmag nie gehou het nie, wat volgens die verdrag wat gemaak en gesluit is, algeheel of gedeeltelike ophef! Solank die keiser egter die lande aan bepaalde vorste verpag en hulle in hul lande ook die reg het om aan hul onderdane wette uit te vaardig, omdat hulle duur genoeg daarvoor betaal, solank moet die keiser die vasgestelde reg ook respekteer. Ons almal lewe wel in `n bepaalde opsig onder Romeinse wette wanneer ons onsself skuldig maak aan `n misdaad teen die staat, wat by ons waarlik nie die geval is nie; maar op hierdie oomblik staan ons voor al die ander wette onder die wette van `n heersende pagvors, wat ons tydens die ooreengekome pagtyd volledig teen die willekeurige ingryping van die keiser moet beskerm.

[6] Weet u, eerbiedwaardige meester, meester, meester, ons ken die standpunt presies en het in hierdie geval geen kommentaar nodig nie! Ons ken ons verpligtinge ten opsigte van Rome en ons vorste. Voordat ons ons reg by u soek, gaan ons na ons vors. Indien hy ons na Rome verwys, dan eers kom ons na u toe. Daarom glo ons dat dit vir u miskien tog nie so maklik sou wees om hier in die hele Palestina die wyse regeringsnorm van die koning van Pontus in te voer nie!”

[7] CIRÉNIUS, wat nou `n bietjie ergerlik geword het, sê: “Jy het weliswaar gedeeltelik gelyk dat die punte van die kontrak nagekom moet word; maar aan één ding het jy nie gedink nie, naamlik dat die keiser hom wyslik steeds in elke pagkontrak van `n land die onvoorwaardelike, oombliklike ontbinding daarvan voorbehou het, wanneer hy dit nodig mag ag as voordeel vir die regering. Die pagter kan in daardie geval net die keiser om `n eenjarige vergoeding smeek en die keiser het, vanaf die oomblik van die bekendmaking van sy wil, die heerskappy oor die land wat voorheen verpag was en elkeen moet hom volgens sy wette skik. Weliswaar het die pagter die reg wat genadiglik aan hom verleen is om aan die keiser voor te stel dat, wanneer die pag hom gelaat word, hy hom alle reg ontsê om wette uit te vaardig, maar dat hy algeheel volgens die gegewe keiserlike wette met sy regering sal voortgaan, waarop die keiser dan alte seker, indien hy dit wil, sy pagverdrag as verder geldig sal verklaar; maar dwang is daarby ondenkbaar, wel die suiwer, vrye barmhartigheid van die alleenheerser.

[8] Vir Palestina het selfs ek dieselfde volmag ten opsigte van elke pagter en kan elke pag oombliklik heeltemal ontbind! Jy vergis jou dus deeglik as jy dink dat `n keiser op enigerlei wyse afstand sou doen van `n reg en homself dus die hande sodoende sou bind. O, so wys is elke monarg beslis, dat hy aan niemand `n reg sal gee, dit wil sê binne sy ryk, wat hy onder omstandighede, net deur sy woord, alreeds in die volgende oomblik heeltemal sou kon ophef nie!

[9] `n Keiser kan alles wat hy wil, ten uitvoer bring! Net wonderwerke kan hy natuurlik nie verrig nie en hy kan geen wêreld skep nie; maar verder kan hy wel alles tot stand bring, ou wette verwerp en nuwes in die plek daarvan gee, - ja, hy kan selfs die ou gode en hul talle tempels verwoes en in plek daarvan vir die een ware God `n nuwe, buitengewoon pragtige tempel bou en niemand sal aan hom mag sê: “Heer, meester, meester, wat doen u?!” En daarom kan hy reeds môre die wette van die wyse koning in sy hele ryk laat proklameer. Wie sal hom daarteen wil en kan verset, sonder dat die toorn van die magtige keiser hom sou tref?!”