Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 141

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Deemoed en broederliefde. Roclus en sy metgeselle in verleentheid

141 Roclus buig nou baie diep en haas hom na sy metgeselle, wat intussen allerlei belangrike voorsienings van hul instituut bespreek het wat dieselfde gees inasem as My aanwysings wat Ek vir Roclus as lewensrigsnoer gegee het.

[2] Roclus verbaas hom dan ook nie min nie, toe hy presies dieselfde van sy metgeselle verneem het, wat hy vir hulle as iets heel nuuts en hoogsbelangrik wou meedeel - en dit op My versoek - om daardeur te laat sien dat Ek as die Heer hom baie besondere opdragte gegee het ter vervulling van die hoogs belangrike amp. As hoof van die instituut wou hy sy ondergeskiktes nou tog wel `n bietjie laat sien dat hy hieroor met My Self baie buitengewone dinge afgespreek het, wat hy nou aan almal wou meedeel.

[3] Maar sy METGESELLE sê: "Die moeite kan jy jou rustig bespaar, want ons is oor alles voorgelig en weet eintlik nog meer as jy, ofskoon jy met die Heer Self oorleg gepleeg het! Kyk eers hier! `n Hele spul bladsye, almal volgeskrywe! Daarin kan jy alles presies terugvind wat die Heer vir jou gesê het. Aan jou gesigsuitdrukking is jy egter nie so bly daaroor nie; wat is dit dan?"

[4] ROCLUS sê: 'Ag, daarop het ek heeltemal niks tee of op aan te merk nie; maar as die Heer my self in `n sekere sin aangespoor het om dit met julle te bespreek en te reël, wat Hy my toevertrou het, vanweë die totale reorganisasie van die hele instituut, en julle nou al byna van alles beter op hoogte is as ek, moet ek nou wel `n bietjie daaroor nadink, wat die Heer deur hierdie klein en seker heel onskadelike streek met my beoog het!"

[5] RAFAEL, wat hom onder die geselskap bevind, sê: 'Vriend, dit sal ek dadelik vir jou duidelik maak; luister net kortliks na my! Kyk, dit is weliswaar jou allernaaste staatsbeamptes in, laat ons sê, jou instituut! Die Heer Self kon jou ooreenkomstig die volle waarheid geen ander titel gee as wat jy van staatsweë het en ook kan hê nie, omdat jou aansienlike geldmiddele jou die reg daartoe verleen. Maar die Heer wil dat alle mense mekaar as broers omarm en net vir Hom as die ware Heer en Leraar erken.

[6] Maar omdat jy nou eenmaal die hoof van jou instituut is, was dit ook heeltemal in orde dat die Heer Self jou instruksies gee oor wat jy voortaan moet doen en watter voorsiening jy sal moet tref. Maar dit was net so waar dat die Heer deur middel van my, jou metgeselle tegelykertyd oor alles laat voorlig het, ten eerste om jou die onnodige moeite van die meedeel te bespaar, en ten tweede om `n sekere profetiese, verhewe gevoel, wat baie maklik in ligte hoogmoed kan oorgaan, by jou die kop in te druk, en ten derde om jou die aanbevole bespreking met jou makkers so maklik en effektief as moontlik te maak.

[7] Want toe die Heer vir jou sê:'Gaan sê dit nou ook aan jou metgeselle!', was dit nie `n soort opdrag, waardeur hulle eers van jou moet verneem wat jy alles van die Heer gehoor en geleer het nie, maar dit beteken dat jy hulle maar net hoef te vertel dat jy self geleer en volkome verstaan het wat se veranderinge daar in die vervolg in die instituut sal moet plaasvind. Dit beteken tog gladnie dat jy, nou sogenaamd as enigste wat in die saak ingewy is, jou metgeselle eers moet leer nie?! En daarom hoef jy dus absoluut nie bedenklik te kyk as jy self die opdrag van die Heer heeltemal verkeerd opgeneem het nie! Verstaan jy my nou goed, of steek iets jou nog dwars in die krop?'

[8] ROCLUS sê: 'Ja, ook wat dit betref is alles vir my weer heeltemal in orde en oor hierdie punt sal ek nou gladnie meer nadink nie; maar iets heel anders hou my nou besig! Alles kon ons maklik in orde gebring het, maar om ongedaan te maak wat die volk glo dat ons die son- en maansverduistering in ons mag het, sal dit wel `n bietjie moeilik vir ons word! Want dit sal bly plaasvind, en ons kan en mag nie meer vir iemand sê: 'Kyk, omdat jy en jou volk nie streng en presies wil doen en glo wat ons jou beveel nie, sal die gode gedurende hierdie en daardie tyd die maan of die son verduister!' Hoe moet ons onsself dan uit hierdie verleentheid red? Die res is alles in orde, maar hier sien ek geen goeie oplossing nie! Wat is julle mening in die opsig, en wat vind jy, my vriend RafaEl?"

[9] RAFAEL sê: 'Pleeg eers oorleg onder mekaar; as julle daarmee nie sal ooreenkom nie, dan sal my raad altyd nog wel op die korrekte oomblik kom'"

[10] EEN VAN DIE METGESELLE sê: 'Ja, dit is `n teer puntjie! Ons sal dit met die volk, wat dit aanbetref, inderdaad nie so maklik hê nie! Die volk is nou al sedert `n behoorlike aantal jare daaraan gewoond, en as belangrike mense na `n verduistering van die maan of selfs van die son na ons toe sal kom en ons beslis baie ernstig om die rede sal vra waarom ons die verduistering van die gode verlang het en waarom ons dit nie vir hulle aangekondig het nie, hoe moet ons antwoord, wat op waarheid gebaseer moet wees, dan op sulke vrae lui, sonder dat ons te veel in die skande sou kom ten aansien van hulle wat dit van ons vra?"

[11] DIE DERDE EEN sê: 'Met `n klein leuentjie sou ons onsself wel daaruit kon red; op `n ander manier sien ek, ondanks al ons nadenke, geen eersame uitweg nie. Maar dit is nie net dit nie, maar op heelwat ander punte sal ons dit ook moeilik hê, en seker nie minder as met die verduistering nie! Ons sit nou heel behoorlik in die noute! Ons sal egter eers in moeilikhede vasloop as ons aan die ou gebou begin te torring en dit verbeter! Soos `n sprinkaanplaag uit Arabië sal die tallose onoorwinlike hindernisse ons van alle kante die weg versper en dan sal ons geen kant meer kan opgaan nie! Om hierdie plek te verlaat en ons dan baie ver hier vandaan êrens te vestig, sou nog die allerbeste wees!"

[12] ROCLUS sê: 'Ja, ja, dit sou wel goed wees; maar wat doen ons met ons besittings en voorsienings, dit kan ons tog nie somaar aan ons teenstanders oorlaat nie, sodat hulle dit vrylik kan bekyk nie?! Werklik, julle raad sou veral vir my baie duur te staan kom! Ons het God, die Heer nou voor ons, wat ons as Enigste die veiligste sal kan red uit alle verdere volkome onnodige verleentheid, daarvan is ek heeltemal verseker! Ons sal nog wel die een en ander moet deurstaan; maar - soos wat dit nou vir my voorkom - sal ons daardeur sekerlik `n baie belangrike leertyd deurmaak, waaruit ons eers die praktiese insig sal put hoe iemand in sy aardse lewe alles moet opruim en hóe, om in onsself tot die ware, innerlike lewe uit God te kom.

[13] Daarom sal ons tog hier bly! Vir al die ander dinge het ek absoluut geen vrees nie; wat dit betref sê ek self vir elkeen: Van nou af aan bly die opwekkings vir eens en vir altyd agterweë! Waarom? Antwoord: God wil dit nie meer hê nie, omdat die mense nie daarvolgens lewe om so `n besondere barmhartigheid werd te wees nie!

[14] Die wat egter volgens God se wil lewe, sal ook insien waarom God die een of die ander kind van hulle laat sterwe, en hy sal hom voortaan self kan onderrig deur Sy gees. Daarteen sal niemand iets kan inbring nie.'