Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 243

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Petrus en die tollenaar. Evangelie van Matthéüs. 17:24-27

243 Onder nog enkele van hierdie soort gesprekke, waardeur die leerlinge hul bedroefdheid te bowe kom, kom ons ook in die buurt van Kapernaum. Daar was `n tolhuis; dit staan in die buurt van die see van Galilea en die tollenaar verlang daar van elkeen die tolpenning vir die weg.

[2] Daarom gaan die tollenaar wat ons goed ken na Petrus en sê: “Betaal julle Heer nie gewoonlik die tolpenning nie?” (Matthéüs. 17:24)

[3] En Petrus antwoord: “Ja, wel hoor, as iemand dit van Hom verlang; maar ten eerste is ons geen vreemdes wat volgens die wet die tolpenning moet betaal nie, en ten tweede het niemand van ons geld nie, ook nie die Heer nie. Jy weet dat my huis daar aan die see, nouliks tweehonderd treë hiervandaan, staan. Ons gaan nou daarheen en sal sekerlik enkele dae daar bly, en ek sal jou dan dadelik die tolpenning bring.” 

[4] Toe sê die tollenaar: “Daar is geen haas nie, afgesien van julle Heer wat nie uit Kapernaum kom nie, is julle ander immers vrygestel, omdat julle van hier is.”

[5] Toe dit afgehandel was, reis ons verder na die huis van Petrus en toe ons daar kom, vra EK aan die leerlinge: “Wat dink jy daarvan, Simon Petrus? Van wie verlang die konings op hierdie aarde nou eintlik presies tol of aksyns? Van hul eie kinders of, wat maar aan My goed bekend is, van die vreemdelinge?” (Matthéüs. 17:25)

[6] Petrus sê: “Soos wat ek by die tolhuis met die tollenaar bespreek het, wetlik maar net van vreemdelinge!”

[7] Toe sê EK verder: “Dus is ons as kinders vrygestel! (Matthéüs. 17:26) Maar om hierdie hebsugtiges nie te vererg nie, en omdat jy volgens die versekering van jou familielede ook tuis absoluut geen geld besit nie, moet jy `n stewige vishoek neem, na die see gaan en die hoek uitwerp; die eerste vis wat jy na bo bring moet jy neem; as jy sy bek oopmaak sal jy `n stater (penning) daarin vind! Neem dit, bring dit weg en gee dit aan die tollenaar vir My en vir jou!” (Matthéüs. 17:27)

[8] Petrus doen nou dadelik wat Ek hom opgedra het. En sien, `n salm van sewe pond het aan die hoek gekom en die stater gebring - en vir ons `n goeie maaltyd; want hierdie vissoort is die beste en gesondste van `n binnesee. Toe Petrus van die tolhuis af terugkom, vertel hy dat die tollenaar beswaar gemaak het om die hele stater aan te neem, en dat hy maar `n halwe wou aanneem; maar hy, Petrus, het hom te kenne gegee dat hy met sy twaalf immers eweveel gebruik gemaak het van die weg as die Heer slegs vir Sy persoon alleen. Dit vind die tollenaar redelik en neem uiteindelik die hele stater aan.

[9] Maar EK sê: “Nou, laat Ons die vis maar voorberei en die tollenaar laat vir wat hy is!”

[10] Jakobus vra My egter hoe die stater in die bek van die vis gekom het.

[11] En EK sê: “Die Romeine in Kapernaum vermaak hulle daarmee om staters in die see te werp na hul skeepsjongens wat baie goed kan swem, en dit moes hulle dan daar gaan uithaal. Maar dit was deur ons salm gegryp en hy het `n bietjie daaraan gekou. Maar omdat die metaal nie fyn te kou was nie en daarom ook nie verslind kon word nie, het dit in die bek van die vis bly vaskleef; en Petrus het juis hierdie vraatsugtige salm des te makliker gevang, omdat hy baie vraatsugtig was. Die wonder­baarlike vir mense hiervan is maar net dat Ek dit weet. Maar sorg nou dat ons wyn en brood kry en daarby die vis!”

[12] Elkeen doen sy beste om gou die verlangde te bring. Die wyn moes natuurlik weer op die bekende wonderbaarlike wyse verkry word. Al gou was alles klaar en ons gaan aan tafel sit.