Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 172

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

By Die vissersdorp Césarea

Die Heer met sy leerlinge in die vissersdorp by Césarea

172 Ruim twee uur vanaf die kuuroord van Markus wat nou daar is, is die groot baai, wat deur die vissers ook wel die 'Wit Meer' genoem word; waardeur Ons vaar. Dit was die vlakste gedeelte van die see en daarom `n bietjie moeilik om met `n groter skip te bevaar, omdat `n mens die diepere vaarsloepe goed moes ken om nie op `n sandbank te bly vassteek nie. Maar ons skip gaan tog die baai in en loop nêrens vas nie, waaroor selfs die twaalf apostels baie verbaas was, omdat niemand die roeirieme of die stuurrieme bedien het nie. Die skip was dus deur `n onsigbare mag gelei en baie goed gestuur, soos wat alle apostels, wat kennis van vaar gehad het, erken. 

[2] Daarom kom ons ook al die middag op die plek van ons nuwe bestemming aan en neem ons intrek by `n arm visser wat ons almal hartlik opneem. Die plek het geen eie naam nie, `n mens noem dit gewoonweg, 'vissersdorp by Césarea'. Baie spoedig het daar `n groot aantal arm vissers en vissersvroue na ons toe gekom en ons gevra wat ons eintlik hier soek, en wat ons van plan was om in die brandarm plekkie te doen. 

[3] EK stel hulle gerus en sê: 'Dit sal julle nog goed sien! Maar sê My eers of ons dertien enkele dae in alle stilte hier kan bly!"

[4] ONS GASHEER sê: 'Wat my betref is dit sonder meer goed! Ek moet julle net vooraf sê, beste vriende, dat ek wel `n baie goeie wil het, maar geen middele om julle ook maar skamel te versorg nie; want dit gaan met my, veral sedert die brand van Césarea, erbarmlik sleg! Die daaglikse lae verkope van ons vis is natuurlik die hele kwessie, en ander verdienste het ons, arme bewoners van die dorpie nie. Ons het dus almal, sonder uitsondering, aan die bedelstaf geraak en het behalwe ons visse glad geen lewensmiddele nie en ons kan julle daarom ook niks anders aanbied as visse nie, as dit ons self sal hê, en dan klaarmaak en eet. Die voorbereiding daarvan is baie eenvoudig by ons. Die visse word maar net gekook en sonder sout en brood en ander kruie geëet. Want eerlik gesê: Ons het deur die brand van Césarea, meer nog as die inwoners self wie se huise verbrand is, sonder meer bedelaars geword en ons het nie eers genoeg geld om sout te kan koop nie! Ag, dit gaan nou erbarmlik sleg met ons; as julle dus saam met my en my gesin `n paar dae wil hongerly, dan is julle van harte welkom!

[5] Maar wees nou so goed en sê vir my wat julle tog na hierdie baai, wat byna nooit deur vreemdes besoek word en vir groot skepe moeilik bevaarbaar is, gebring het! `n Storm is dit in elke geval nie; want na hierdie uithoek, wat aan alle kante met hoë berge omring is, vind dit ook nie plaas nie. Of word julle dalk vervolg en soek julle nou solank asiel totdat `n bepaalde gevaar verby is? Maar ag, dit maak vir my ook nie saak nie! As ek julle dus `n diens kan bewys, dan sal dit my maar net baie vreugde verskaf. My vraag is wel `n bietjie onbeskeie, - maar vergewe my dit, beste vriende! Ek is nou eenmaal van nature nuuskierig en ek wil graag weet aan wie ek onderdak verskaf. Dat julle geen arm mense is nie, is al meer as duidelik deur julle groot, byna heeltemal nuwe skip wat baie verseker aan die honderd silwerlinge gekos het. Vir ons is dit werklik `n groot, seldsame verrassing, wanneer vreemdes per vergissing die weg hierheen vind; en as ons `n dergelike geluk ten deel val, was daar altyd moeilikhede met die besoekers aan hierdie onvrugbare en afgeleë streek. Daarom hoop ek dat julle my, as hoof van die bedelaarsdorp, dadelik sal kan sê wat ek van julle, en slegs geheel volgens die waarheid, sal kan hoor!'

[6] EK sê: 'Wel, as jy soseer gepla word deur nuuskierigheid, weet dan dat ons nou eenmaal net soos jy, Galileërs is, en bowendien op weg hierheen deur absoluut niemand vervolg was nie, maar vrywillig hierheen gekom het om voorlopig hierdie baie merkwaardige streek te besigtig, een van hierdie hoë berge te bestyg en, as dit kan, julle te help in julle groot nood wat aan My baie bekend is! Is jy daarmee tevrede? Wel, praat dan!"

[7] DIE HOOF sê: 'Geheel en al; want dat julle Galileërs is, sal geen mens betwyfel nie en daarom kan mens julle woorde ook geheel en al glo, wat natuurlik by Grieke en Romeine nie moontlik is nie, omdat hulle byna altyd anders praat as wat hulle dink en wat by ons as 'lieg' bekend staan. Rus julle maar uit onder die skaduwee van hierdie enigste boom wat ek het, dan gaan ek intussen na my hut om te kyk hoe ek `n behoorlike middagete vir elkeen kan kry!"