Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 62

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die liefde en sy lig wat tot insig lei

62 DIE MEESTER: “Jy kan nou wel hieruit aflei dat die mens net met sy suiwer rede en sy verstand, ook al is dit hoe helder en skerp, niks kan begryp van alles wat geestelik is nie. Hy kan die lewe en die essensiële einddoel daarvan nie begryp nie; want die rede en verstand setel vernaamlik in die brein en die bloed wat die brein in `n sekere aktiewe spanning hou, waardeur dit voortdurend in staat is om die indrukke en beelde van die materiële buitewêreld op te neem, hulle te vergelyk wat hul vorm en werking betref en uiteindelik `n reeks gevolgtrekkings daaruit vorm.

[2] Maar dit is alles dinge en afbeeldinge van die materie, waarin die sintuie van die hoof nooit iets geesteliks kan ontdek nie. En omdat die lewe immers maar net iets geesteliks kan wees, kan dit ook maar net in en deur homself begryp word. 

[3] Daar moet in die mens dus nog ander sintuie aanwesig wees, waarmee hy ook die geestelike lewenselement in homself kan voel en sien en so ook geleidelik in al sy dieptes, verbindinge en relasies kan begryp.

[4] Wat is nou die innerlike sintuie? - Kyk en luister! Daar is eintlik maar één enkele sintuig en dit heet liefde, wat woon in die hart. Hierdie sintuig moet veral gesterk, ontwikkel en gesuiwer word en alles wat die mens doen, wat hy wil, wat hy dink en waaroor hy `n oordeel vorm, moet deur die lewenswarme ligvlam uit die vuur van die suiwer liefde verlig en deurlig word, sodat alle geeste ontwaak op die oggend van die lewensdag wat in die hart van die mens aanbreek.

[5] As alle lewensgeeste in die gedagtes, woorde, dade en werke wakker word, sal hulle in beweging kom en die mens, wat vol is van die innerlike geestelike lig, sal hulle spoedig en maklik gewaarword, omdat hulle alreeds vandat hulle gewek is, hulleself in allerlei vorms begin uitdruk. Hierdie vorms is nie toevallig en sonder betekenis nie, maar hulle kom almal ooreen met `n sigbare geestelike aktiwiteit uit die sfeer van God se orde.

[6] So-iets kan die mens met sy verstand en sy ydele rede nooit sien nie, maar net met die lewensvlammende oë van sy gees, wat die liefde is.

[7] Daarom kan jy die volgende as `n vaste norm aanneem en daarvolgens sê: Geen enkele op die buitewêreld gerigte verstand kan ooit deurgrond en sien wat daar in die mens leef nie; dit kan net die gees in die mens doen. En daarom kan niemand ook vir God ken nie, as net die gewekte en volop aktief geworde gees van God in die hart van die mens, wat net soos God Self die suiwerste liefde is en `n ewige Sabbat in die hart van die mens.

[8] Sien, hierdie alleredelste deel in jou hart het jy nog nooit versorg en jy het ook geen vermoede gehad van die waarde daarvan nie en daarom is dit heel begryplik dat jy `n oortuigde godloënaar geword het en ongeag al jou soeke nooit op die spoor van die ewige Godheid wat alles geskape het, alles deurdring en onderhou, kon kom nie!

[9] Ook nou sal dit egter nie so maklik vir jou wees om die Godheid in Sy ware wese en werk heeltemal tot op die fondament te leer ken nie, omdat jou brein met sy produkte alreeds te verhard is. Jy sal `n geweldige liefdevuur in jou hart moet ontsteek, jou Essenedom heeltemal moet opgee en jouself moet verootmoedig in al jou lewensfere en lewensverbindinge en jy sou `n heeltemal nuwe mens moet word; want al jou lewensteorieë en lewensopvattinge wat jy tot nou toe gehad het, is volgens die innerlike en enigste waarheid fundamenteel onwaar en vals, sodat jy hiermee maar nooit in die voorportaal van die innerlike Goddelike lewe sal kom wat homself in jou bevind nie!

[10] Maar aan jou is nog nie alles verlore nie, ja, jy sou selfs nog iets groots kon bereik; maar dan sou jy volledig uit vrye wil deur self te handel en dit self te wil, `n nuwe mens moet word en vanuit jou innerlike oortuiging ooreenkomstig jou kragte daartoe moet bydra dat die sinlose optrede van julle instituut ophou, omdat dit andersins onmoontlik vir jou sou word om ooit tot die ware lewe van jou innerlike geestelike mens deur te dring. Want die innerlike lewe in die mens is die hoogste waarheid, waarin jy geheel moet oorgaan; maar hierdie hoogste waarheid kan nooit as te nimmer gedy as dit deur aktiwiteite van leuens en growwe bedrog gevoed moet word nie. 

[11] Elke stap en tree wat jy neem, moet van die hoogste en diepste waarheid in jou denke, wil, dit wat jy spreek en jou handel vergesel wees, indien die ware, innerlike lewe in jouself tot die helderste waarheid moet word; as dit nie van Alfa tot Omega die geval is nie, dan, luister goed, is die innerlike lewe in jouself die ergste leuen!

[12] Nou weet jy so ongeveer hoe dit met jou suiwer rede en met jou skerp verstand gesteld is! Jy het nou die vrye keuse, of jy die ewige lewe wil bereik of die ewige dood! EK IS egter die Een, wat EK IS! Ek kan aan jou die ewige lewe gee, maar jou ook oorlaat aan die ewige dood!

[13] Van wat Ek nou aan jou gesê het, sal nie die geringste ooit nagelaat word nie! Hierdie aarde en hierdie sigbare hemel sal in hierdie gestalte, vorm en wese vergaan, - maar hierdie woorde van My ewig nooit nie! Doen nou wat jy wil! Ek is nog `n kort tydjie hier!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205