Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 205

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die verklaring van die begrip Messias

205 HIRAM sê: “Nou ja, dit is immers ook wat ek sê! Die mensdom moet ooreenkomstig die volste lewenswaarheid heeltemal van die basis af onderrig word en dan aangespoor word tot dade wat streng volgens die leer is, dan sal hulle ook maklik verlos word van die helaas grootste erflike kwaad wat die naam “traagheid” dra, en daardeur ook van alle ander kleiner euwels aan liggaam en aan siel wat daaruit ontspring.

[2] En in daardie opsig sou U inderdaad `n Messias wees wat niks meer te verlang oorlaat nie, omdat U die erflike kwaad die beste vanuit die wortel ken! Nou, miskien vergis ek my wel hierin; maar ek is tog weer van mening dat `n ander Messias ook geen ander leer aan die mense sou kon gee as wat U gegee het nie, aan wie waarlik alle dinge, sake en omstandighede van alle mense en skepsels bekend is, en aan wie ook alle kragte van die natuur en alle geeste en gode van alle lugstreke geheel en al getrou, gehoorsaam en onderdanig is. Eerlik gesê, vir ons hier is U en die jongman daar `n volledig ware Messias; maar wat die talle ander mense van die aarde aanbetref, dit gaan ons nog minder as niks aan nie. As U nie goed genoeg is vir hulle nie, dan moet hulle maar een daar uit Indië, Persië of Egipte laat oorkom!

[3] Wat betref U leer as ware grondige leefreël vir die aardse mens wat `n liggaam en `n siel het, dink ek dat ek die basiselement daarvan goed verstaan! Die grondslag waarop die hele sisteem van die lewe skyn te berus is en bly ewig die liefde tot God, respektiewelik tot U, en daaruit die ware onbaatsugtige liefde vir die naaste, waarby geen uitsondering gemaak mag word nie, op watter terrein `n behoefte ook lê van iemand wat werklik hulp nodig het. As `n mens op dié fondament vas bly staan en hierna soveel as moontlik werksaam word, moet dit wel gebeur om binne die kortste tyd, altans van die belangrikste erflike kwaad verlos te word! Het ek reg gespreek of nie?”

[4] EK sê: “Ek weet goed dat jy daar sou uitkom; want `n ware wyse is vir `n natuurlike mens wat sonder wysheid is, altyd `n ware Messias, dit wil sê, hy is `n Bemiddelaar (MESSIAS) tussen die suiwer menslike verstand en die Goddelik-geestelike Wysheid, en die verstand vind sodoende eers deur die MESSIAS die ingang na die Goddelike Wysheid en word één met die Wysheid.

[5] Hoe wyser die Bemiddelaar nou is, des te beter resultate sal hy ook sekerlik behaal by diegene wat hy lei. En bewandel sy leerling dan die weg van die innerlik geestelike lig met vasberadenheid, dan sal hy ook in dié lig bly en hom die lewe van die lig eie maak, waarop geen dood kan volg nie, omdat die lewe van die geestelike lig die ewige, onveranderlike en onverganklike waarheid is, wat ook is wat hy ewig moet bly; want twee en nog eens twee sal in alle ewigheid as som vier hê.

[6] En soos wat dit met hierdie, slegs as voorbeeld dienende waarheid is, so is dit met alle Goddelik-geestelike waarhede uit die hemele. Hulle is en bly ewig, en slegs hulle is die eintlike ware lewe, omdat hulle sonder lewe ook geen waarhede sou wees nie. So kan `n siel wanneer sy dus eenmaal heeltemal in sulke waarhede binnegegaan het, nooit meer doodgaan nie, omdat sy self lig en waarheid is, ook is die lewe in haarself en die lewe is dan geheel haar eie besit, en dit is dan natuurlik die resultaat van `n waaragtige Bemiddelaar.

[7] En jy het, My beste Hiram, dan ook heeltemal gelyk dat jy My as `n egte Bemiddelaar en Verlosser beskou. Maar in die Skrif staan geskryf dat die beloofde Bemiddelaar `n Seun van die Allerhoogste God sal wees! Daarom sou `n suiwer aardse Seun, ook al sou Hy ook hoe wys gewees het, nie voldoende kon wees as `n ware, groot Bemiddelaar tussen die gevalle mensdom van die aarde en die Allerhoogste Gees van God nie! Hy sou dan tog die goddelike natuur en goddelike eienskappe ten volle in Hom moet dra en dit, waar dit nodig is, ook openlik na buite toon! Wat dink jy hieroor?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205