Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 265

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Elisa getuig vir Die Heer. Die toegangspaaie na die dorp in die berge ondergaan `n verandering

265 Hierna gaan Ek met Barnabe en sommige van My leerlinge na buite en Barnabe laat Ons sy besittings sien. Ons trek deur die hele plekkie wat uit ongeveer twintig huise bestaan; die sien egter lieflik en orals baie skoon daaruit.

[2] Maar toe die bewoners Ons sien, vrees hulle dat Ons kommissarisse was wat nou van hulle belasting en miskien ook boetes sou verlang. Toe vertrou Ek Barnabe heimlik toe wat die rede vir hul onnodige vrees was; hy roep toe enkeles by hom, en gee hulle die volste versekering dat hul vrees volkome ongegrond was, en dat inteendeel, hierdie plek juis buitengewoon geseënd te pryse was, omdat Ek hom besoek het en as die grootste en beste Verlosser sy dogter, wat niemand anders in die hele wêreld kon genees het nie, in één enkele oomblik so volkome genees het, dat sy nou honderd maal gesonder, lewendiger en frisser was as ooit tevore.

[3] Toe hulle dit van hulle leier verneem, verdwyn hul vrees en hulle was almal hoogs verbaas; slegs SOMMIGE VROUE sê: “Dit sal ons nie glo voordat ons Elisa self gesien het nie; want vir haar sou maar net `n engel uit God se hemele kon gehelp het, - vir `n mens sou dit onmoontlik wees, selfs as hy die beste Verlosser van die hele wêreld sou wees?”

[4] Maar terwyl die vroue nog met mekaar daaroor spreek het Elisa ons al baie vinnig agterna gekom, en nooi ons uit vir die oggendete. Toe die vroue vir Elisa sien, skrik hulle en vertrou amper nie hulle oë nie; maar ten slotte gaan hulle tog na haar toe en vra haar hoe dit dan gebeur het.

[5] En ELISA, wat na My wys, sê: “Daar staan die goddelik-verhewe Verlosser; vra dit vir Hom! Dat ek nou geheel en al gesond is, weet en voel ek, en julle sien dit ook; van al die ander en hoe dit moontlik was, weet ek niks nie.”

[6] Daarop draai Ons weer om en gaan na Barnabe se huis, waar `n ryklike oggendete op Ons wag. Dat sowel die manne asook die vroue en kinders Ons daarheen volg, spreek natuurlik vanself; hulle bly die hele dag daar, die leerlinge onderrig hulle oor My en oor My sending vanuit die hemele hier na die aarde, en almal glo nou in My Naam. 

[7] Nadat Ons die oggendete tot Ons geneem het, bring die herbergier My na die nog steeds baie gevaarlike plek waar sy dogter na benede geval het, en vra My of Ek nie met My almag daarvoor kan sorg dat die stukkie weg `n klein bietjie makliker te begaan was nie.

[8] EK sê: “Jy weet nou al dat niks vir My onmoontlik is nie; maar voorlopig laat ons hierdie plek nog so, - want dit dien vir julle as beskerming! As hierdie plek nie daar was nie, dan was julle al lankal ontdek! Daarom dink Ek dat julle hierdie plek moet laat soos wat dit is, en as Ek dan iets vir julle wil doen, dan maak Ek hom nog slegter begaanbaar en wel so dat daar voortaan geen kat meer oorheen sal kan kom nie. Maar Ek sal julle wel `n ander pad laat sien wat reeds bestaan, maar wat niemand van julle tot nog toe ontdek het nie!”

[9] Toe Barnabe dit van My hoor, vra hy My of Ek dit dan sou doen, en EK sê: “Wel, dit is so!”

[10] Toe raak daar benede ons `n groot klipmassa los, en daardeur ontstaan daar `n oorhangende steil wand van honderd manshoogtes, waaroor geen mens meer kon klim nie. En op die plek waar Ons gestaan het, ontstaan `n soort borswering, waar mens wel oorheen kon kyk, maar nie so maklik oorheen kon klim nie, wat trouens vergeefse moeite sou gewees het, en met groot lewensgevaar verbind. Oor die geskenk was Ons herbergier nou baie verwonderd en tevrede.

[11] Maar hy vra My ook onmiddellik na die makliker en minder gevaarlike weg en EK sê: “Die gaan Ons vanmiddag eers opsoek! Dit is wel `n bietjie verder om daaroor na Nahim te gaan, maar dit is baie makliker begaanbaar, en julle kan daar sonder moeite met al julle huisdiere oor na bo en na benede gaan, en dit is vir julle tog ook `n belangrike voordeel.”