Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Roclus vertel oor die woning van die opperpriester van Lama

29 ROCLUS: "Die stad waarin hy woon het geen naam nie, is baie groot en vir die ewigheid gebou. Hy staan, omgeef deur enkel onbeklimbare, baie hoë berge, self op `n hoë berg wat `n rotswand het waaroor niemand sou kon klim nie, ook al sou hy in die nabyheid van die reusagtige berg kon kom; dit is egter totaal onmoontlik, omdat die hele groot berg waarop die naamlose stad gebou is, in die baie uitgestrekte hoogvlakte deur `n drievoudige ringmuur omgeef is waarin nêrens `n poort is nie; jy kan net met behulp van toulere wat van bo af neergelaat word, oor die mure kom.

[2] Het jy egter op hierdie wyse heelhuids oor die drie reusagtige mure gekom, dan staan jy vervolgens voor die kaal rotswande van die berg. Vol ywer loop jy dan ruim `n halwe dag om die berg heen om tevergeefs na `n moontlike weg omhoog te soek, wat jy egter met geen moontlikheid kan vind nie, omdat daar aan die buitekant geen ingang is nie. Net die wagters van die derde ringmuur ken die poort in `n rots, wat jy egter ook maar net weer deur middel van `n neergelate touleer kan bereik. As jy eenmaal op die vooruitstekende rots bo aangeland het, wat ongeveer twaalf manslengtes van die grond verwyder is, dan het jy nog niks bereik as die wagters van die vooruitstekende gedeelte, wat boonop `n oppervlak van ruim twee morge het, die poort nie vir jou oopmaak en jou met `n fakkel deur `n lang onderaardse gang na die top van die berg bring nie.

[3] As iemand na ruim `n uur se trappe klim deur onderaardse tonnels, eenmaal bo-op die berg aangeland het, dan kan sy oog nie genoeg kry van die groot heerlikhede van die natuurprag wat hy daar aanskou nie. Die ruimte daar bo is meer as honderde morge groot en bestaan uit tuine wat baie weelderig aangelê is. In die middel van die hoogvlakte is daar ook `n meer, wat ongeveer twee morg groot is en wat weliswaar nie baie diep is nie, maar baie suiwer, goeie kwaliteit water het wat aangenaam smaak en alle inwoners van die groot, heilige bergstad uiters goed voorsien van sy onontbeerlike element.

[4] Dan loop jy ure lank rond op die hoë bergvlakte sonder om `n spoor van `n stad op te merk. Wil jy dit bereik, dan moet jy eers deur `n taamlik uitgestrekte bos stap, waarna jy weer by `n hoë, lang ringmuur kom, wat jy egter via poorte en ophaalbrûe kan deurgaan. Kom jy dus na soveel moeite en inspanning in die groot stad, dan is daar `n heerlike prag te sien waarvan geen sterfling `n voorstelling kan maak nie. Jy kan alles daar sien, behalwe die paleis van die opperpriester.

[5] Dit bevind hom in die middel van die groot stad op `n nog hoër rots, wat `n omvang het van ruim drieduisend treë en nog dertig manshoogtes bo die ander geboue van die groot stad uitstaan. Jy kom in hierdie gewydste paleis ook maar net langs onderaardse trappe. Hoe dit egter daar uitsien, kan ek nie aan jou sê nie, omdat ek ten eerste self nooit daarin was nie en ook niemand dit ooit aan my beskryf het nie; want behalwe die opperdienaars van die opperpriester mag op doodstraf na niemand dit ooit waag om die ingangspoort ook maar te nader nie.

[6] Wel is dit so dat die opperpriester meermale vermom in die stad afdaal, ook in die tuine wandel, en gesprek voer met die ander priesters, wat die enigste bewoners van hierdie stad is; maar niemand mag hom daar herken of hom selfs as opperpriester begroet nie. Wie van die priesters dit sou doen, sou hom blootstel aan baie bedenklike onaangenaamhede. Net vier keer per jaar is daar `n dag aangewys waarop hy hom in volle ampsgewaad aan die bewoners van die stad vertoon. Dit is dan ook die hoogfeesdae. Drie nagte daarvoor en drie nagte daarna brand op die hele berg tallose ligte, sodat alle omliggende berge daardeur tot in die verre omtrek lyk asof hulle gloei, wat steeds `n pragtige skouspel is.

[7] Hierdie hoogvlakte, in die middel waarvan die berg wat nou beskryf is en die heilige stad hom bevind, is ook nie so maklik te bereik soos mens jou dit miskien voorstel nie; want vooraf moet mens in lang dagreise talle berge, dale, klowe en ravyne oorwin. Aan die einde volg nog `n bergengte, soos wat daar geen tweede êrens ter wêreld meer te vinde kan wees nie! Om ten slotte op die hoogvlakte te kom, moet mens lere klim, want daarsonder is dit onmoontlik om op die hoogvlakte te kom. Jy kan daar ondanks alle inspanning onmoontlik verder kom, want hierdie natuurvestings is deur geen aardse krygsmag in te neem nie, nòg deur beleëring, nòg deur watter ander gewelddadige middele dan ook. Mens kan weliswaar die volke gedurende `n tyd van hul Lama-opperpriester afsny, - maar hulle van hom afvallig maak, nooit! Want daarvoor sorg sy magtige vorste goed, waarvan elkeen in staat is om u krygsmag te verdubbel. Ek raai u dit daarom nie aan om u aan die groot Indië te vergryp nie; want dit sou daarby heel sleg met u gaan!” Daarop het hy weer geswyg en ek het tyd gehad om daaroor na te dink. Dat ook die god van die Indiërs weer `n mens is en geweet het om hom uitstekend te beveilig, dit het ek te wete gekom en ek het nou juis dit geweet wat ek wou weet."