Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 215

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die sending van die Heer. Epifanus betwyfel of die mense die leer van die Heer sal verstaan

215 EK sê: “Om dit met enkele woorde vir jou duidelik te maak sê Ek jou: My saak en My leer bestaan eenvoudig hieruit dat die mens duidelik gemaak word waar hy eintlik vandaan kom wat hy is en waar hy moet kom, en ooreenkomstig die volle en vanselfsprekende waarheid ook sal kom.

[2] Reeds het die Grieke, dit wil sê die wyses, gesê: “Die moeilikste, belangrikste en hoogste kennis lê in die so volkome moontlike selfkennis!” En kyk, dit is nou presies waaroor dit vir My gaan; want sonder hierdie kennis is dit onmoontlik om die Allerhoogste Goddelike wese as die grondslag van alle ontstaan, alles wat is en alles wat bestaan, te ken!

[3] Maar wie dit nie sal insien nie, en sy lewe, sy denke en strewe nie vir hierdie enigste ware lewensdoel insit nie, naamlik om homself en `n Allerhoogste God-wese, as die ewige oergrond van alles wat is en alles wat sal word, volkome te leer ken nie, is so goed as verlore.

[4] Want soos wat elke ding wat van binne en ook in al sy dele geen deur en deur stewige samehang en geen groot stabiliteit het nie, spoedig uiteenval en as sodanig heeltemal tot niet gaan, so sal dit ook met die mens die geval wees wat in homself, met homself en in en met God nie volledig èèn geword het nie.

[5] En dit kan die mens maar net word, deurdat hy ten eerste homself en daardeur dan ook noodsaaklikerwys vir God volledig leer ken as sy oergrond, en ooreenkomstig die insig op alle gebiede van sy lewe werksaam word.

[6] Het `n mens dus in homself ryp en suiwer geword, dan het hy ook meester geword van alle kragte wat van God uitstroom, en hierdeur ook `n meester van alle skepsele, geestelik en materieel, is dan as sodanig deur geen enkele krag meer te vernietig nie, en bevind hom dan dus in die ewige lewe.

[7] Kyk, dit is nou feitlik die totale inhoud van My hele, nuwe leer wat in die grond van die saak eintlik `n alleroudste leer is, sedert die begin van die mense op hierdie aarde! Dit het slegs verlore gegaan deur die traagheid van die mense en word deur My as die verlore gegane oeroue Eden* aan die mense wat van goeie wil is, nou weer as die nuwe gegee. - Sê My nou, Epifanus, of jy My wel goed verstaan het en wat jou mening hieroor is!” *(jy den = dit is dag)

[8] Epifanus sê: “Ja, sekerlik het ek U verstaan en daarby moet ek ook nog openlik toegee dat `n dergelike kennis, wanneer hierdie onder die mense moontlik algemeen aangeneem sal word, die wenslikste en hoogste sou wees wat `n sterfling op hierdie aarde ooit sou kon bereik; en vir U en U metgeselle kan dit wel buitengewoon goed en duidelik bekend wees watter weë daartoe geskik is! Ek herinner my slegs by hierdie geleentheid aan `n ou spreuk van die Romeine wat waarlik baie wys is en die mens baie goed op talle maniere kan uitlê. Die spreuk lui as volg: Quod licet lovi, non licet bovi! - Propheta, poeta et cantores nascuntur, - rhetor fi*! *(Wat Jupiter vrystaan, is `n os nie vergun nie! - As profeet, digter en sanger word `n mens gebore, - maar `n mens word `n redenaar gemaak! Vir klein en onbelangrike opdragte kan selfs `n os goed afgerig word, maar hy sal ewig nooit met hamer en beitel aan die harde marmer `n Minerva ontlok nie!

[9] Die mees wysste van die ou Egiptenare en Grieke het tog seker al hul strewes op die ken van hulleself en van `n goddelike oerwese gerig; maar hoe ver het hulle gekom? Presies sover dat hulle ingesien het dat dit suiwer onmoontlik is vir die beperkte mens om tot `n dergelike noodsaaklikerwys mees omvattende kennis te kom; en die spreuk: “Quod licet lovi, non licet bovi!” (Wat Jupiter vrystaan, is `n os nie vergun nie!) vind ook hier sy volle geldigheid!

[10] Wel, by U kan daar dan van menige uitsonderings sprake wees wat ek uit U ander woorde en veral dade opgemerk het; maar of die gewone mens ook `n bepaalde houbare voorstelling van my stryd sal kan maak, is `n heeltemal ander vraag! Want sommige, weliswaar seldsame mense, die sogenaamde genieë, besit dikwels baie spesiale kapasiteite op talle verskillende gebiede. Die één is reeds in die wieg heldersiende en `n profeet, `n ander is `n buitengewone sanger, die derde `n beeldhouer, en die vierde is byna reeds in die moederskoot `n redenaar en `n towenaar. Die één het `n buitengewoon sterk geheue, die ander sulke skerp oë dat hy op `n paar ure afstand `n mens kan onderskei en uiteindelik selfs kan herken.

[11] En so is daar onder die mense nog `n hele boel groot talente; maar alles wat slegs eie is aan genieë, kan later nooit meer so grondig geleer word dat dit dan deur `n leerling ook in dieselfde volmaaktheid weergegee kan word as wat die geniale Heer besit nie. So-iets is en bly dan tog steeds net `n bykans waardelose gesukkel.

[12] En so is ek dan ook die nagenoeg algemeen geldende mening toegedaan, dat ons U goed sal verstaan wat U ons sal vertel oor U nuwe leer, maar dit nooit sover sal bring dat ons `n geheel en al praktiese voorstelling in onsself daarvan sal kan maak nie. Maar ja, U is in elk geval `n uiters seldsame Heer van U saak en U sal wel weet wat U met ons as mense moet doen; ons sal dan goed sien wat ons kan verstaan en doen! Ons voel wel baie vir `n suiwer wetenskap, ofskoon ons dit ook maklik kan misloop, omdat ons lewensbeskouing tot nou toe - soos wat ons stand van sake hier aantoon – ons meer as volkome genoeë neem met die minimum behoeftes wat noodsaaklik is om aan die lewe te bly; maar - soos gesê - daarom is ons geen vyande van die suiwer wetenskap nie.

[13] Hiram en Asiona het my wel openhartig oor U ingelig, waar ek wel geloof aan moes skenk, omdat ek hulle beide as buitengewoon waaragtige mense ken. Maar nou kom dit nog daarop neer dat ons langs die teoretiese en praktiese weg van al hierdie dinge oortuig moet raak; en as ek hierdie oortuiging besit, sal U met my geen slegte en trae verbreder van U nuwe leer hê nie! - Ek het nou gepraat, praat U nou!”