Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 188

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die noodsaaklike verskeidenheid van wesens en omstandighede op aarde

188 Hierop begin JOHANNES weer te praat en sê: 'My beste vriende, as julle insig maar half so ver ontwikkel sou wees, sou ek weinig woorde nodig gehad het; maar nou is daar natuurlik meer voor nodig. Maar sodat julle dit kan verstaan, moet ek julle eers iets heeltemal nuuts onthul en duidelik maak hoe die een die ander tot gevolg het. En nog voor julle daaraan gedink het om met die drie kritiese vrae te kom, het ek al daarvan geweet en het my klinkklare uiteensetting van die materiële skepping al rekening daarmee gehou. O, julle kom immers nooit met `n vraag by my wat ek nie al lank vantevore geweet het nie! En daar ek reeds lank van tevore geweet het watter vraag sou kom en ook julle reisgeskie­denis ken, kon julle jul ook wel maklik voorstel dat dit vir my bepaald nie te moeilik sal wees om `n definitiewe antwoord daarop te gee nie. Wat dink jy hiervan, Hiram?"

[2] HIRAM sê: 'O ja, ek is goed vertroud daarmee! Maar ek het jou hierdie drie vrae ook nie gestel om jou baie beproefde wysheid nog verder uit te toets nie; maar omdat van die een die ander vraag kom, sou ek van jou dan ook graag `n definitiewe uitsluitsel wil hê in hierdie uiters ernstige aangeleentheid sodat, sonder om daardeur sekerlik ook die diepe wysheid van jou kollegas te kort te doen, niemand my meer sal kan gee behalwe jy nie. Wees so goed en praat, ons sal met uiters gespanne aandag na jou luister!"

[3] JOHANNES sê: 'Goed dan, luister! Tussen alles wat julle op aarde ook maar sien, bestaan verskille. Wat sou julle daarvan sê as alle skepsele op hierdie aarde ewe sterk sou wees en op mekaar sou lyk soos wat die muise op die dak byvoorbeeld is, waarby jy die wyfie nie van die mannetjie kan onderskei nie?"

[4] HIRAM sê: "Dit sou onverdraaglik saai gewees het!"

[5] JOHANNES sê: 'Goed! So sou dit ook onverdraaglik vervelend wees as alle mense presies dieselfde uiterlike sou hê, selfs sterk sou wees en selfs oud, en heeltemal dieselfde stem en taal, en een en die selfde instinktmatige verstand sou hê!"

[6] HIRAM sê: "O, dit sou werklik iets verskrikliks wees!"

[7] JOHANNES sê verder: 'Sou die aarde so bekoorlik en aangenaam gewees het om te sien as daar heeltemal geen berge was of as daar geen verskil tussen die berge sou wees nie? En as daar op aarde maar één enkele boomsoort en maar één grassoort voorgekom het? En as daar geen see was nie, maar slegs klein, vlak, poele wat presies na mekaar lyk, geen groot diep mere, geen groot riviere en strome, maar slegs reguit stromende, handbreedte stroompies? En dan ook nog maar net presies gelyke vierkante wolkies aan die hemel wat altyddeur baie langsaam maar net in een en dieselfde rigting verbytrek? Sou dit aangenaam wees as jy aan die uitspansel in plaas van verskillende sterre, maar net sonne of maar net mane sou sien sonder dat die dag deur `n rustige nag afgewissel sou word??'

[8] HIRAM sê: 'Vriend, ek vra jou, hou asseblief tog vinnig daarmee op; want mense soos ons word net deur die gedagte daaraan tot wanhoop gedrywe! Want slegs die grootste verskeidenheid in alles kan aan die lewe genoeë skenk!"

[9] Ook ASIONA sê: 'Broer Hiram, het jy nog nie die gate gesien waarheen dit na toe gaan lei nie, en hoe mooi jy al in die klem vassit nie?"

[10] HIRAM sê: 'Baie vaag begin ek wel so `n bietjie te vermoed waarheen dit gaan! Maar laat ons edele en wyse vriend vir ons beswil maar heel ongesteurd verder praat!"

[11] JOHANNES gaan verder en sê: 'Wel vriende, soos vir julle al op aarde die grootste moontlike eenvormigheid in alles die vreeslikste verveling sou veroorsaak en julle maar net genoeë skep in die grootste en mees talryke verskille en veranderinge, - hoe kan julle dan dink dat die nog eindeloos baie volmaakte geeste as hoogste lewensintelligensies ewig in die grootste eenvormigheid moet voortlewe en dat dit presies so is soos die ander gedurende die hele ewige oneindigheid?! O kyk tog net hoe miserabel en hoogs eensydig julle God Self en Sy oneindige geestesryk opgeneem het!

[12] Daar moet sowel daar as hier verskille wees, en wel ontelbare talle, omdat immers geen enkel volmaakte wese andersins ook maar ooit saligheid en geluk sou kon voel oor die geskape wonderwerke van God nie, soos wat daar onder julle mense op aarde onvoorstelbaar baie verskille bestaan, sodat dit noodsaaklik is dat julle almal wedersyds dien. Wat maak dit dus saak of `n - laat ons sê - gees aan die ander kant sy onderneme werksaamhede ooit hier voltooi het of nie? Die ewigheid is tog hopelik lank genoeg om die skynbare versuimde wat hier nie gedoen is nie, in te haal!

[13] En bowendien - let wel - is hierdie aarde immers deur God spesiaal uitverkore en voorbestem om juis hier - omdat dit slegs hier moontlik is - die kindskap van God te bereik - onder die baie verskillende mensesoorte en -karakters so `n groot verskeidenheid te laat bestaan, soos wat dit in die hele oneindigheid nêrens, op geen enkele van die tallose talle hemelliggame in so `n hoë graad aan te tref is as juis op hierdie aarde nie.

[14] Maar omdat slegs hier die ware en enigste kindskap van God te bereik is, wat alle suiwer oergeeste in die hele oneindigheid baie goed weet en ten volle besef, kon julle jul wel voorstel dat geweldig baie geeste met siele van ander hemelliggame ook met die doel op hierdie aarde gekom het om `n siel wat van `n ander wêreld kom ook in die materie van hierdie aarde te laat suiwer. Wel, baie slaag met die eerste poging daarin, en heelwat nie! As so `n siel dan van `n ander planeet in `n liggaam van hierdie aarde inkom en sodra sy hier kom, in hierdie materie, wat haar baie bedruk laat voel en nie kan volhou nie, wel, dan word sy deur haar gees onmiddellik weer na die plek gebring waar sy vandaan gekom het.

[15] Baie siele, meestal van ander hemelliggame, kan die aangesig van hierdie maer en allermins mooie wêreld glad nie verdra nie. Gewoonlik sien mens dan dat hul sintuie baie swak ontwikkel is. Hulle hou dit hier dikwels wel vir `n langer tyd uit en doen die een en ander, maar gewoonlik slegs weinig volgens die mening van die werklike mense van hierdie aarde; na so `n lewe, wat vir hulle in elke geval `n diepe betekenis het en dit gewoonlik ook nie te lank duur nie, keer hulle dikwels na enkele tientalle jare, deur die mense van hierdie aarde natuurlik nie geken nie, weer terug na hul plek van herkoms, met dikwels `n baie goeie resultaat vanweë die groot moeite wat hulle hul getroos het; en daar bereik hulle dan sekerlik iets wat hulle die eerste keer gesoek het.

[16] Sommiges van hierdie vreemde siele trek dikwels selfs deur talle ander hemelliggame, totdat hulle hul ten slotte, deur hul geeste gelei, hulle op hierdie aarde begewe. Sommiges kom van sonnewêrelde. `n Aantal van hulle is al gou baie volmaak; maar ander ontsteek ook dikwels in groot toorn oor alles wat daar maar op hierdie aarde voorkom. Hulle word vir hierdie aarde dikwels baie kwaadaardige individue wat roof, moor en steel wat hulle maar kan. Ook het hulle gewoonlik geen liefde vir die mense op hierdie aarde nie en probeer hulle maar net op alle moontlike maniere skade aan te rig. Hulle spring hier maar selde die verdiende straf vir hul oortredinge van die aardse burgerlike voorskrifte vry. Hulle keer ook wel dikwels na hul ou plek van herkoms terug, waar dit met hul dan ook nie besonder goed gaan nie; want hul gees begin met hulle dan dikwels `n ontsettende harde en pynlike tug, wat namate `n siel as sodanig trotser, verharder en selfsugtig en eiesinniger word, dikwels vreeslik lank duur.

[17] Ja, soms gebeur selfs met die bewoners van hierdie aarde dieselfde, as hulle hul deur die vreemdes daartoe laat verlei om ook soveel moontlike kwaad aan te rig. Sulke siele, waarvan daar helaas nie min is nie, is dan wat mens 'duiwels' noem; maar hul geeste van die ander kant is dan net so lank hul pynigende leiers tot hulle hul geheel verbeter. En sien, juis daarom is daar op hierdie aarde die groot verskeidenheid, en daarom is daar sulke merkwaardige toestande onder die mense op hierdie aarde. Ek dink nou dat julle, wat heelwat duidelik skerper kan dink as ander gewone deursnee mense van hierdie aarde, volledige duidelikheid verkry het oor julle vrae! Of is daar nou nog iets wat julle wil weet?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205